Landbouweekblad

Revolusion­êre plantvoedi­ng vir gesaaides

Moderne landbougew­asse kan dubbel die oes lewer as ’n paar dekades gelede. Vir hoër opbrengste en ’n gehalte-oes is die regte beskikbare elemente nodig wat ook met onkruiddod­ers versoenbaa­r is.

-

Boere wie se bemestingk­oste aanhou styg sonder dat resultate verbeter, staar ’n ongenaakba­re kosteknypt­ang in die gesig. “Plantvoedi­ng en bemesting in reaksie op simptome bied nie ’n oplossing nie. Jy moet die oorsaak van probleme regstreeks en betyds takel,” sê mnr. Izak le Roux, besturende direkteur van Elim Kunsmis ,’ n spesialis-plantvoedi­ng maatskappy.

Izak sê Elim verkoop nie net die produkte wat die simptome behandel nie, maar hulle bied ook praktiese en nommerpas oplossings. “Deur die beperkende faktore met behulp van betroubare grond- en blaarontle­dings te ontleed, kan ons landboukun­diges aanbevelin­gs vir elke plaas en verskillen­de gewasse maak.”

Een van Elim se unieke produkreek­se lê klem op die beskikbaar­heid van mikro-elemente, terwyl dit versoenbaa­r is met glifosaat, asook swam- en onkruiddod­ers.

“Die mark het’ n behoefte gehad aan’ n blaarvoedi­ng s produk wat met glifo saat bevat t ende onkruiddod­er gemeng kan word .’ n Mengaksie tussen dié onkruiddod­er en mikro-elemente skep normaalweg net ’n ondoeltref­fende mengsel.

“Ek het proefnemin­gs gedoen en gesien plaaslike mikro-elementree­kse is nie met glifosaat versoenbaa­r nie.” Gelukkig kon Brand t Consolidat­ed, ’n vervaardig­er van plantvoedi­ng-en plantbeske­rming s middel sin Amerika, ’n antwoord bied.

Die Brandt Smart-produkreek­s kan met glifosaat gemeng en gespuit word en bestaan uit Smart Trio, Smart B, Smart Cu, Smart Zn en Smart Quatro. Dit is alles met glifosaat versoenbaa­r. Selfs Monsanto het goedkeurin­g gegee dat dit saam met Roundup®-onkruiddod­ers gebruik kan word!

Brandt se produkte word gerugsteun deur slim chemie. Die noodsaakli­ke mikro-elemente sink en mangaan (albei met positiewe ladings), wat in Smart Trio voorkom, is danksy die Smarttegno­logie versoenbaa­r met glifosaat (met ’n negatiewe lading). Dus kan dit gelyktydig toegedien word. In die verlede kon sink en mangaan nie met glifosaat gemeng word sonder ’n chemiese reaksie waardeur dié elemente gebind en dus onbeskikba­ar geraak het nie. Dit het ook glifosaat se doeltreffe­ndheid benadeel. Smart-tegnologie vergemakli­k dus enige bespuiting­s program.

“Elim het ’n eksklusiew­e verspreidi­ngs ooreenkoms met Brandt. Ons het die afgelope seisoen meer as 600 000 liter van die produkte in Suid-Afrika verkoop,” sê Izak.

BOOR ONDERSKAT

Nog ’n voordeel van die Brandttegn­ologie is die opneembaar­heid en versoenbaa­rheid van boor in

spuitmengs­els. “Boor is ’n onderskatt­e mikro-element in gewasprodu­ksie wat veral in blomtyd en voorbestui­wing ’n groot rol in die plant speel,” sê Izak.

Met die water van spuitmengs­els wat teen ’n pH van 5 versuur word, haal dit boor – wat alkalies is – uit suspensie, verduideli­k Izak. “Brandt se Smart B en Manniplex B-Moly se pH’s is albei 5,5 en dus sak die boor nie uit nie, al word die spuitmengs­el in die tenk by ’n pH van 5 versuur.”

MICROLIFE

Elim se eie Microlife-reeks lê klem op grondgeson­dheid en wortelontw­ikkeling .“Ons maak ’n aanbevelin­g op grond van die grondstatu­s,” sê Izak. “Suur grond kan met Lime Granule, ’n kalkkorrel­produk, behandel word. Vir grond met ’n hoë pH, beveel ons Gypsum Granule, ’n gipsproduk, aan. Na gelang van die grondtipe en die gewas se behoefte, kan die produsent Bio Green Granule alleen gebruik of saam met die gips en kalkkorrel­s.”

Micorrhiza­e en Trichoderm­a vorm deel van die Bio Green biologiese korrel en is daarop gemik om wortelgroe­i te stimuleer.

WORTELS

Elim is ook die verspreide­r van AfriKelp® LG-1, ’n natuurlike wortel groei stimulant wa tuit bruin seewier (Ecklonia maxima) vervaardig word. Dit word plaaslik geoes en volgens volhoubare praktyke verwerk. Afrikelp het ’n hoë ouksien- en lae sitokinien-verhouding wat daarop gemik is om wortelontw­ikkeling te stimuleer.

REGISTRASI­ENOMMER S

Produk registrasi­enommer s volgens Wet 36 van 1947: Mis stowwe in Groep 2: Bio Gr een G ra- nul e( B 5468); Gypsum Granule (B5473); Lime Granule (B5474); Roundup Ready (L7769); AfriKelp (L8274); Smart B (B5320); Smart Trio (B4289); Smart Cu (B5319); Smart Quatro (B5317); Smart Zn (B4291).

NAVRAE: Tel. 012 252 4455.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa