Landbouweekblad

APPELK RUMMELTERT

-

Jodine bak hierdie lekker tert in muffinpann­e vir individuel­e porsies, maar jy kan natuurlik ook een groot tert maak. Sit die tert louwarm of teen kamertempe­ratuur voor met goeie vanieljero­omys of geklopte room. 125 g botter of margarien 150 ml suiker 2 ml vanieljege­ursel 1 ekstragroo­t eier 500 ml koekmeel 7 ml bakpoeier

Appelvulse­l

1 blik (440 g) tertappels­tukke 50 ml suiker 125 ml water 5 ml kaneel 125 ml sultanas Knippie sout 12,5 ml vlapoeier Bietjie koue water

Deeg: Verroom die botter, suiker en vanieljege­ursel saam. Klits die eier by. Sif die koekmeel en bakpoeier oor en meng tot ’n deeg. Vries ’n derde van die deeg om later oor die tertjies te rasper. Bedek die ander deel (twee derdes) met kleefplast­iek en verkoel tot benodig. Vulsel: Sny die appelstukk­e in kleiner blokkies en sit dit in ’n kastrol met die suiker en water. Verhit tot kookpunt en prut tot ’n ligte stropie vorm. Voeg die kaneel, sultanas en sout by. Maak vlapoeier met ’n bietjie water aan en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 3 minute. Laat die vulsel afkoel tot kamertempe­ratuur. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit die holtes van ’n standaardg­rootte muffinpan met kleefweren­de kossproei. Rol die groter stuk deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak, druk sirkels uit en voer die muffinholt­es daarmee uit. Sny die kante netjies. Verdeel die vulsel tussen die uitgevoerd­e muffinholt­es. Rasper die kleiner stuk bevrore deeg grof en sprinkel die gerasperde deeg oor die tertjies se vulsel. Bak vir 20-25 minute tot liggoudbru­in en deurgaar. Laat vir minstens 10 minute in die panne afkoel voor die tertjies uitgehaal word. Sif versiersui­ker oor en sit voor. Lewer 10-12 tertjies of 1 groot tert.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa