Landbouweekblad

Die waarde van ‘verkeerd leer’

- HART TOT HART DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

’NMiddeljar­ige boer wat met weinig begin het en tog later ’n suksesvoll­e plaaseiena­ar geraak het, het heel beskeie sy suksesrese­p aan my vertel. Dis moeilik om alles oor te dra in ’n kort rubriek soos hierdie, maar hier is so ’n stukkie van sy storie: “Ek was nog jonk en wou graag my droom bewaarheid om in die boerdery betrokke te raak. Ná ’n paar aansoeke was ek gelukkig om ’n soort leerling-bestuurspo­s op ’n plaas te kry. Dit was inderdaad goeie ondervindi­ng en ek het eers later besef hoe baie ek geleer het.”

Ek het hom in die rede geval: “Vertel my tog ’n bietjie wat jy alles geleer het.”

Met ’n betekenisv­olle glimlag en sonder ’n omhaal van woorde, het hy geantwoord: “Ek het ontsettend baie geleer oor hoe ek nié dinge moet doen nie.”

Dit was vir my nogal ’n verrassend­e antwoord, heel anders as wat ek verwag het. Maar by nadenke het dit my gehelp om beter balans te kry in my siening oor wat opvoeding en die leerproses, en wat daarmee saamgaan, eintlik is.

Opvoeding het ’n gunstige en ’n ongunstige kant en die verstandig­e opvoeder sal die verskil mooi kan verduideli­k. As jy betyds begin leer hoe dinge op die regte manier gedoen moet word en dan daardie voorbeeld volg, sal jy soveel gouer sukses behaal. Hoe ’n mens dinge nie moet doen nie, het ook sy waarde, maar dis ’n veel langer pad waar jy baie slaggate moet hanteer. As jy reg geleer was, sou dit nie nodig gewees het nie.

’n Ompad kan soms baie frustreren­d wees en jou meermale laat wonder: Was dit nodig dat ek so baie tyd en geleenthed­e op die pad na vooruitgan­g moes verloor? Kon ek nie vandag veel verder op die leer van sukses gestaan het as ek maar net van die begin af reg geleer was nie?

A.G Visser, die geliefde digter en geneesheer, het gesê: “Ondervindi­ng is die meester wat die hoogste laat behaal, maar sy leergeld is die duurste wat ’n leerling ooit betaal.”

Was al die leergeld van verkeerd leer werklik nodig? Miskien tog. Worsteling om by die regte ding uit te kom, maak die eindproduk meesal sterker.

Worsteling om by die regte ding uit te kom, maak die eindproduk meestal sterker.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa