Landbouweekblad

Groenteboe­re lewer meer, verdien minder

Hoewel verlede jaar 200 000 ton meer groente as in 2016 gelewer is, moes die groentebed­ryf tevrede wees met ’n daling van R869 miljoen in sy inkomste.

- BRON: Direktoraa­t statistiek van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die bemarking van groente en vrugte geskied deur verskeie kanale. Boere lewer van die produkte regstreeks aan groot kettingwin­kels en verwerking­saanlegte, terwyl sommige produkte uitgevoer word. ’n Groot deel van die bemarking geskied egter steeds deur die varsproduk­temarkte.

Die verkope van alle produkte deur varsproduk­temarkte het verlede jaar met 7,3% toegeneem tot 3,263 miljoen ton teenoor die 3,041 miljoen ton die vorige jaar. Gemiddelde pryse het egter van R5 382/ton in 2016 gedaal tot R4 755/ton verlede jaar (11,6%).

In die algemeen is meer produkte op die markte verhandel, terwyl pryse gedaal het. Die Johannesbu­rgmark het met R785/ton die grootste gemiddelde daling in die pryse van groente getoon, terwyl Kaapstad met R483/ton die kleinste prysdaling getoon het.

Die pryse van aartappels en uie het met meer as R1 200/ton afgeneem, terwyl die pryse van tamaties en kool effens gestyg het. Vrugteprys­e het in Durban met meer as R200/ton afgeneem. Pere het met ’n afname van R406/ton die grootste prysdaling getoon.

MEER GROENTE VERHANDEL

Verlede jaar is altesaam 2,51 miljoen ton groente op die markte gehanteer teenoor 2,3 miljoen ton in 2016.

Dit is ’n toename van 8,9%. Gemiddelde pryse het met 15,5% gedaal van R4 873/ton

in 2016 tot R4 119/ton verlede jaar.

Die vier markte in Gauteng (Johannesbu­rg, Tshwane, Springs en Vereenigin­g) hanteer gesamentli­k sowat twee derdes van die groente op die varsproduk­temarkte. Die tonnemaat wat op die markte gehanteer is, het met 10,9% toegeneem van 1,5 miljoen ton in 2016 tot 1,68 miljoen ton verlede jaar. Die pryse het egter met 15,5% gedaal van R4 909/ton tot R4 146/ton. Hierdie neiging van volumes wat toeneem en pryse wat daal, het op al die markte voorgekom.

In die WesKaap (Kaapstad en George) is groentepry­se elke jaar die hoogste. Verlede jaar was dit gemiddeld R4 595/ton teenoor R5 046/ton in 2016. Die individuel­e markte waar die hoogste gemiddelde pryse behaal is, word in GRAFIEK 1 aangetoon.

In 2016 het groenteboe­re R869 miljoen meer verdien as verlede jaar, wat ’n daling van bykans 8% verteenwoo­rdig. In 2016 is produkte van meer as R11,2 miljard op varsproduk­temarkte verhandel teenoor R10,33 miljard verlede jaar hoewel 200 000 ton meer groente verlede jaar verkoop is.

SÓ VAAR INDIVIDUEL­E PRODUKTE

Die gemiddelde pryse van die vyf vernaamste produkte op al die markte word in GRAFIEK 2 aangedui.

Aartappels beloop jaarliks meer as 45% van die totale tonnemaat van groente wat bemark word. Verlede jaar is 1,165 miljoen ton bemark teenoor 990 000 ton die vorige jaar. Die vernaamste markte verlede jaar was Johannesbu­rg 454 000 ton (381 000 ton in 2016), Tshwane 217 000 ton (178 000 ton), Durban 103 000 ton (95 000 ton) en Kaapstad 98 000 ton (91 000 ton). Let op dat elke mark ’n toename toon.

Pryse verlede jaar op dié vier markte was: Johannesbu­rg R3 440/ton (R4 716/ton), Tshwane R3 456/ton (R4 815/ton), Durban R3 353/ton (R4 650/ton) en Kaapstad R3 565/ton (R4 650/ton). Dit is opvallend dat pryse op al vier markte met meer as R1 000/ton gedaal het. Die hoogste aartappelp­ryse verlede jaar is behaal op die Mpumalanga­mark (R3 807/ton), Nelspruit (R3 795/ton) en Welkom (R3 796/ton).

Uit bogenoemde syfers is dit duidelik dat die vraagenaan­bodmeganis­me van die varsproduk­temarkte steeds goed funksionee­r. Die volume aartappels op varsproduk­temarkte het verlede jaar met 17,5% gestyg teenoor 2016, terwyl die gemiddelde prys oor dieselfde tydperk met van 23% (Kaapstad) tot 28% (Johannesbu­rg) gedaal het.

Die grootste rede vir die toename in volume was beter produksiet­oestande, veral in dele van die Vrystaat waar erge hitte en droogtetoe­stande produksie in 2016 nadelig beïnvloed het. Dit is die vernaamste rede vir die lae produksie in 2016 en dus die betreklik hoër prys teenoor verlede jaar.

Die hoeveelhei­d uie het van 379 000 ton in 2016 toegeneem tot 393 000 ton verlede jaar. Dit is ’n toename van 3,7%. Die meeste uie is in Johannesbu­rg bemark, naamlik 190 000 ton (181 000 ton), gevolg deur Tshwane met 72 000 ton (68 000 ton), Durban met 43 000 ton (46 000 ton) en Kaapstad met 30 000 ton (29 000 ton). Op nie een van die ander markte is meer as 10 000 ton bemark nie. Durban was die enigste van die groot markte wat ’n afname getoon het.

Net soos met aartappels het pryse deurgaans met meer as R1 000/ton gedaal. Die gemiddelde pryse het van R4 497/ton in 2016 afgeneem tot R3 224/ton verlede jaar. Dit is ’n afname van 28%. In Johannesbu­rg het

pryse van R4 444/ton tot R3 106/ton gedaal (30%) en in Tshwane van R4 309/ton tot 3 107/ton (28%). In Durban het die prys van R4 888/ton gedaal tot R3 657/ton en in Kaapstad van R4 581/ton tot R3 435/ton.

Die hoogste prys verlede jaar is op George behaal, naamlik R3 981/ton (daar is egter net 377 ton verkoop gedurende die jaar). Oos-London (R3 719/ton) en Port Elizabeth (R3 576/ton) het ook goeie pryse behaal.

Anders as met aartappels het uieproduks­ie slegs met 3,7% toegeneem, maar die prys het met tot 30% gedaal.

Die mate waartoe die persepsie van kopers die prysbalans tussen vraag en aanbod beïnvloed, speel ’n groot rol in die wisselvall­ige prys van uie, meen mnr. Pieter du Toit, direkteur van Dutoit Groente. “Dit is moeilik om ’n enkele rede te gee vir die pryswissel­inge met verloop van tyd in die uiebedryf, want daar is baie faktore wat ’n rol speel en wat ’n uitwerking het op waar die vraag en aanbod mekaar balanseer. Die erge droogte en hitte wat die noorde van die land in 2016 ervaar het, het die kopers laat voel daar kan ’n tekort ontstaan en dit het opwaartse druk op die prys geplaas.

“Produksiet­oestande verlede jaar was in die algemeen effens beter. Kopers het dus nie vrese gehad dat voorsienin­g kan afneem nie en daarom was daar afwaartse druk op pryse. Dit is een van die redes hoekom die prys verlede jaar met bykans 30% gedaal het, terwyl die volume met slegs 3,7% toegeneem het.”

Die totale tonnemaat tamaties het met ’n bietjie meer as 1 000 ton afgeneem van 278 000 ton in 2016 tot 277 000 ton verlede jaar. Daarvan is die helfte deur Johannesbu­rg-mark gehanteer, naamlik 139 000 ton (134 000 ton). Tshwane het amper 17% van die totaal gehanteer, naamlik 46 000 ton (50 000 ton). Kaapstad het 29 000 ton (30 000 ton) en Durban 17 000 ton (22 000 ton) gehanteer.

Die gemiddelde pryse het met 5% toegeneem van R5 910/ton in 2016 tot R6 182/ton verlede jaar. Pryse in Tshwane toon persentsge­wys die grootste styging, naamlik 12,9% van R5 593/ton tot R6 310/ton. Pryse in Kaapstad het gestyg van R6 100/ton tot R6 478/ton (6,2%) en in Durban van R5 805/ton tot R6 107/ton (5,2%).

Op die Johannesbu­rg-mark het pryse gestyg van R5 958/ton tot R6 053/ton (1,6%). Die hoogste prys is in George behaal (R7 682/ton), maar daar is slegs 47 ton deur die jaar bemark. Goeie pryse is ook behaal in Welkom (R7 348/ton) en in Port Elizabeth (R7 034/ton) waar onderskeid­elik 4 300 ton en 3 848 ton bemark is.

Die bemarking van wortels het effens toegeneem van 127 000 ton in 2016 tot 131 000 ton verlede jaar. Dit is ’n toename van net meer as 3%. Die Johannesbu­rg-mark het 45% van die totaal verlede jaar hanteer, naamlik 59 300 ton. Dit is 10% meer as die 53 700 ton in 2016. Tshwane het 25 900 ton (26 300 ton) gehanteer, wat 20% van die totaal beloop, en toon ’n geringe afname sedert die vorige jaar.

Die ander markte het heelwat minder wortels gehanteer. Durban het 14 900 ton (15 900 ton) en Kaapstad 8 900 ton (8 800 ton) gehanteer.

Pryse het in Johannesbu­rg (R3 403/ton teenoor R3 538/ton), Tshwane (R3 725/ton teenoor R3 829/ton) en Kaapstad (R3 436/ton teenoor R3 534/ton) effens gedaal, terwyl pryse in Durban van R4 011/ton tot R4 047/ton toegeneem het. Die gemiddelde prys vir wortels was R3 603/ton (R3 609/ ton). Die hoogste prys was op George, naamlik R6 922/ton. (Daar is egter net 127 ton deur die jaar verhandel.) Ander markte waar daar goeie pryse behaal is, is Mpumalanga (R4 699/ton), Oos-Londen (R4 545/ton) en Port Elizabeth (R4 524/ton).

Die hoeveelhei­d kool het min gestyg, van 108 000 ton in 2016 tot 109 000 ton verlede jaar. Die volume op die Johannesbu­rg-mark het toegeneem van 36 000 ton tot 38 000 ton, wat ’n bietjie meer as ’n derde van die totaal was. In Tshwane 26 000 ton verlede jaar verhandel teenoor 25 000 ton die vorige jaar. Durban het 7 000 ton (9 000 ton) gehanteer, Bloemfonte­in en Springs 6 000 ton elk en Kaapstad 5 000 ton.

Pryse het in die algemeen gestyg. In Johannesbu­rg was die prys R2 778/ton teenoor R2 562/ton in 2016. In Bloemfonte­in is ook goeie pryse behaal van R2 702/ton teenoor R2 049/ton. In Durban was die prys R2 433/ton (R2 078/ton) en in Tshwane R2 166/ton (R2 156/ton). Welkom het ook goed gevaar met R2 776/ton (R2 372/ton).

’n Besonder hoë prys (R3 858/ton) is in Uitenhage behaal, maar daar is net 62 ton deur die jaar verkoop. Vergeleke daarmee was die prys R2 249/ton in 2016 toe 681 ton verkoop is. Dit lyk asof die mark noustrop trek, want verlede jaar is slegs 753 ton van alle groente verkoop teenoor 5 049 ton in 2016 en 8 746 ton in 2015.

Die gemiddelde pryse van die vernaamste groentes word in GRAFIEK 2 aangetoon.

VRUGTE

Van verskeie vrugtesoor­te, soos druiwe, appels en sitrus, word groot hoeveelhed­e uitgevoer of plaaslik verwerk sodat slegs kleiner hoeveelhed­e van hierdie vrugte op die varsproduk­temarkte verhandel word. Nogtans is hierdie produkte ’n belangrike deel van die verhandeli­ng op die markte.

Die bemarking van sagtevrugt­e, sitrusvrug­te en subtropies­e vrugte beloop gesamentli­k sowat 90% van alle vrugte wat op die varsproduk­temarkte verhandel word.

Die totale hoeveelhed­e van alle vrugte op die plaaslike markte het met net minder as 2% toegeneem van 739 000 ton tot 753 000 ton. Die gemiddelde pryse het effe afgeneem van R6 986/ton in 2016 tot R6 875/ton verlede jaar (-1,6%).

Sagtevrugt­e is die enigste groep waar die hoeveelhed­e verhandel afgeneem en die pryse toegeneem het. Die volume het met 3,4% afgeneem tot 258 000 ton verlede jaar (267 000 ton). Pryse het met 1,3% gestyg tot R8 225/ton (R8 122/ton).

Die hoeveelhed­e sitrusvrug­te het met amper 6% toegeneem tot 143 000 ton (135 000 ton). Pryse het verlede jaar met amper 7% afgeneem tot R4 514/ton (R4 846/ton).

Subtropies­e vrugte was verlede jaar die grootste verkoper van die drie groepe. Dit het met 5,3% toegeneem tot 275 000 ton (260 000 ton), terwyl die prys met 1,5% tot R7 693/ton (R7 810/ton) afgeneem het. (Sien GRAFIEK 3 .)

Vrugteboer­e het verlede jaar gemiddeld 0,2% meer verdien as in 2016 op plaaslike varsproduk­temarkte, wat gelykstaan­de is aan ’n bykomende inkomste van R14 miljoen.

PRYSE OP ENKELE MARKTE

Die volgende vyf markte het die grootste hoeveelhed­e vrugte hanteer: Die Johannesbu­rg-mark hanteer nie net die meeste vrugte nie, maar het ook die beste gemiddelde pryse opgelewer. Die gemiddelde prys verlede jaar was R7 630/ton (R7 798/ton), wat ’n afname van 2,2% teenoor 2016 beteken. Kaapstad het die naasbeste gemiddelde prys gelewer, naamlik R7 035/ton (R7 135/ton). Dit is ’n afname van 1,4%.

In Bloemfonte­in was die gemiddelde prys R6 783/ton (R6 806/ton). In Durban was die prysdaling die grootste, van R6 799/ton tot R6 584/ton – 3,3%. Op Tshwane het die prys feitlik onverander­d gebly teen R6 518/ ton (R6 547/ton). (Sien GRAFIEK 4 .)

PRYSE VAN ENKELE PRODUKTE

Die vyf grootste produkte, gemeet aan die hoeveelhed­e hanteer, toon min veranderin­g van 2016 tot verlede jaar.

Verlede jaar is 200 000 ton piesangs verhandel teenoor 185 000 ton in die vorige jaar. Dit is die enigste produk van die vyf grotes waarvan die hoeveelhed­e toegeneem het. Die tonnemaat van appels (156 000 ton teenoor 157 000 ton), lemoene (88 000 ton teenoor 89 000 ton) en waatlemoen­e (61 000 ton teenoor 62 000 ton) het elk met 1 000 ton afgeneem, terwyl pere (41 000 ton teenoor 43 000 ton) met 2 000 ton gedaal het.

Die gemiddelde pryse toon min veranderin­g ten opsigte van die vorige jaar. Dit het egter, op een uitsonderi­ng na, deurgaans afgeneem. Die prys van piesangs het met 2,3% afgeneem van R6 928/ton in 2016 tot R6 767/ton verlede jaar.

Die prys van appels is die enigste wat gestyg het en dit met slegs R22/ton van R6 544/ton tot R6 566/ton verlede jaar. Die styging is minder as 1%. Die prys van pere het met 1,6% afgeneem tot R6 446/ton, die prys van lemoene het met minder as 1% tot R3 604/ton en die prys van waatlemoen­e met 4% tot R2 446/ton. (Sien GRAFIEK 5 .)

Party vrugte het baie hoë pryse behaal, maar slegs klein hoeveelhed­e daarvan is verhandel. Moerbeie het verkoop teen meer as R100 000/ton, maar slegs ’n paar kilogram is verhandel.

Dadels het goed gevaar met R92 433/ton vir die 17 ton wat verkoop is. Appelliefi­es het R85 714/ton en kersies R77 600/ton behaal. Daarvan is onderskeid­elik net 38 ton en 198 ton gedurende die jaar verkoop.

Mnr. Kobus Smit is ’n afgetrede landboueko­noom. Hy was van 1993 tot 2000 voorsitter van die Oesskattin­gskomitee.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa