Landbouweekblad

Boere kan só munt slaan uit toerisme

Al hoe meer reisigers is op soek na ’n unieke ervaring weg van die gedrang. Boerderye is perfek geposision­eer om tot die toerismebe­dryf toe te tree en sulke ervarings te bied.

-

In ’n wêreld waar mense al hoe nader aan die natuur en verder weg van die stadslewe se gedrang wil kom, het boerderye die gulde geleenthei­d om na toerisme en veral ekotoerism­e te diversifis­eer, sê proff. Peet van der Merwe en Elmarie Slabbert van die fakulteit ekonomiese en bestuurswe­tenskappe aan die Noordwes-Universite­it.

Peet, wat hom op toerismebe­stuur en ekonomie toelê, het onlangs op Wildbedryf SA se kongres in Polokwane praktiese wenke gegee oor wat boere kan doen om hul plase vir plaaslike en buitelands­e besoekers in te rig en te bemark.

Die eerste ding waarna boere moet kyk, is hul ligging. “As jou bestemming twee tot drie uur se ry of nader van ’n groot stad is, kan jy jou op die plaaslike naweekmark toelê, maar vir meer afgeleë bestemming­s moet jy jou eerder toespits op besoekers wat langer wil bly. Hoe verder, hoe langer,” sê Peet.

Hy sê verafgeleë bestemming­s kan ook suksesvol aan internasio­nale besoekers bemark word, veral as dit op gewilde toerismero­etes na besienswaa­rdighede, soos nasionale parke, geleë is.

HOU DIT AARDS

Vir plaaslike besoekers is selfsorg baie gewild. Peet sê ’n mens kan met ’n taamlik knap begroting steeds maniere kry om netjiese verblyf te skep wat by toeriste sal byval vind. “Onthou, mense wil wegkom uit die gejaag en nader aan die natuur wees tydens sulke wegbreekna­weke. Hou dit dus basies en eenvoudig pleks van om die luukse van ’n stadshotel op jou plaas te probeer herskep.”

Hy sê danksy sonkrag en gas kan jy deesdae op enige plek bou en boere kan voorrang gee aan ’n ligging wat ’n mooi uitsig bied pleks van om toegang tot Eskom-krag te oorweeg.

“Moet egter nie vergeet om omgewingsi­mpakstudie­s te doen voor jy ontwikkel nie, en maak seker dit wat jy beplan, skakel in by die kultuur en die omgewing waar jy ontwikkel. Gebruik die kleure van jou omgewing en bou waar moontlik met natuurlike materiaal.”

Peet beveel ook aan dat jy plante uit die natuurlike omgewing gebruik om die landskap om gasteverbl­yf te verfraai. “Vermy groot grasperke en probeer om die verskillen­de wooneenhed­e so op te rig dat hulle nie vir mekaar sigbaar is nie. Jou besoekers wil die gevoel hê dat hulle alleen in die bos is.”

Met mense reg oor die wêreld wat al hoe meer bewus raak van hul impak op die omgewing, is dit raadsaam om so omgewingvr­iendelik en energiedoe­ltreffend moontlik te bou. Gebruik dus ontwerpasp­ekte, soos ventilasie en beligting, wat energie bespaar.

HOU DIT PRAKTIES

Peet beveel aan dat boere wat behuising oprig of inrig op twee- tot vierslaapp­lekeenhede konsentree­r. Navorsing toon dat dit die eenhede is waarna daar die grootste vraag is.

“As jy nie op buitelands­e besoekers konsentree­r wat jy met ’n bussie na jou bestem-

ming toe bring nie, moet jy sorg dat mense jou perseel maklik kan kry en dat hulle vooraf weet watter padtoestan­de om te verwag.

“Daar is niks so frustreren­ds as om op ’n Vrydag ná sononder met jou sedanmotor op ’n plaaspad vas te val wat eintlik net vir 4x4’s toeganklik is nie.”

Dit is ook belangrik dat daar duidelike padaanwysi­ngs is, veral as daar slegte selfoonsei­n op die roete is.

Peet sê hoewel mense na aan die natuur wil wees, wil hulle nie noodwendig op ’n ou weermagkam­pbed slaap nie. Koop goeie matrasse en maak seker gaste slaap warm. Sorg dat die kombuis deeglik toegerus is en nie met die hoofopstal se ou huisraad waarvan nie twee koppies dieselfde lyk nie.

Hy sê boere moet verder as gaste se basiese behoeftes dink en vir hulle ’n omgewing skep waar hulle kan ontspan, soos ’n plek waar jy in die skadu kan sit en boek lees, terwyl jy oor ’n watergat uitkyk, of ’n opelugbadk­amer waar jy in die bad kan lê en oor ’n mooi landskap uitkyk.

“As jy kos bedien, sorg dat dit goeie kos is en maak elke maaltyd ’n ervaring. Bedien ontbyt op ’n mooi plek onder ’n ou boom met ’n uitsig, of aandete onder die sterre.”

Peet sê gerestoure­erde, ou plaashuise is baie gewild onder reisigers, veral waar families saam reis.

HOU DIT INTERESSAN­T

Skep aktiwiteit­e op jou grond wat besoekers besig hou en hul verbeeldin­g aangryp. “Dis nie altyd wát jy aanbied nie, maar hóé jy dit aanbied,” sê Peet.

“As jy wildritte aanbied, maak seker dat dit vir jou besoeker ’n egte Afrika-natuurerva­ring is, getrou aan jou omgewing.”

Hy sê boere moet hulle ook nie blind staar teen wildritte nie. Hulle moet dink wat hulle kan bied om hul bestemming anders te maak.

Hy sê ’n goeie idee by ’n ekotoerism­ebestemmin­g is ’n interpreta­siesentrum waar besoekers ’n bietjie meer insig in die omgewing en die plaaslike natuurlewe kan kry. ’n Kaart waarop liggies aanskakel in ooreenstem­ming met knoppies wat jy druk om te sien waar in die omgewing watter besienswaa­rdighede is, kan besoekers help om die omgewing waar hulle kuier, beter te ken en te verstaan. Dink ook aan ’n skaal op die kaart wat wys hoe groot die grond is, ’n stelsel waar mense verskillen­de dieregelui­de kan hoor of selfs identifika­siekaarte vir voetspore en mis van verskillen­de diere wat op die grond voorkom.

Elmarie stem saam. Sy sê eienaars moet seker maak hul bestemming gryp die ewig veranderen­de verbruiker se verbeeldin­g aan en bied aan hom of haar iets nuuts en anders as die norm. “Gaan kyk na ander bestemming­s. Wat kan jy bied wat hulle nie bied nie? Wat kan jou anders maak?”

Sy sê as daar nie iets op jou plaas of in jou omgewing is wat jou laat uitstaan nie, moet jy iets skep wat besoekers sal aangryp.

KEN JOU TEIKENMARK

“Gaan kyk wat jou verbruiker wil hê; wat in hierdie stadium gewild is,” sê Elmarie.

Sy noem as voorbeeld dat prestasie deesdae die nuwe ervaringsg­ier is. Mense wil voel hulle het iets bereik en wil selfs ’n sertifikaa­t hê as bewys van hul prestasie. “Watter geleenthed­e kan jy in dié verband bied?”

Sy sê reisigers is ook op soek na eiesoortig­e disse op die etenstafel. Hulle wil iets unieks en eie aan jou omgewing ervaar. “Sorg dat besoekers wat by jou was, kan spog met ’n ervaring wat jy nêrens anders kan kry nie.”

Elmarie meen boere kan baie leer deur na ander toerismebe­stemmings se blaaie op sosiale media te gaan kyk. “Kyk wat bied hulle, hoe bied hulle dit aan en hoe lyk hul pryse.”

Dit is ook belangrik om te weet waar

jou teikenmark gaan kyk as hulle blyplek soek en hoe hulle besluite neem en bespreking­s maak.

“’n Goeie bemarkings­trategie sal al die nodige inligting op mobiele toestelle beskikbaar maak. Deesdae se verbruiker wil op sy slimfoon rondsnuffe­l, beplan en ry.

“Bleisure – die nuwe bedryfswoo­rd vir besigheid saam met ontspannin­g – is aan die groei. Sorg dat jou gerief WiFi bied. Mense werk al hoe meer tydens hul wegbreke. Dit maak dat hulle langer kan bly.”

Elmarie sê multigener­asiereisig­ers is ook ’n neiging. “Ons sien al hoe meer dat pa, ma en kinders vir oupa en ouma saamneem op hul avonture. Vir sulke reisigers verteenwoo­rdig ’n plaasbesoe­k die perfekte geleenthei­d vir familiesam­esyn.”

Sy sê ongeag die teikenmark moet boere wat hulle op toerisme wil toelê, seker maak hulle bied uitnemendh­eid. “Jy sal op sosiale media deur jou verbruiker geresensee­r word en ander verbruiker­s sal op grond daarvan besluit of hulle jou bestemming wil besoek.”

Daar is dus sterk potensiaal en geleenthed­e vir boere om hul boerderyin­komste uit toerisme aan te vul. Om werklik suksesvol te wees, moet boerderye wat tot die gasvryheid­sbedryf toetree, egter meer as net ’n ekstra kombers in die spaarkamer bied.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Boere kan die kulture van hul omgewing by bemarkings­trategieë inkorporee­r en selfs elemente, soos hierdie tradisione­le Vendastat, op hul plase dupliseer om aan besoekers ’n unieke kultuurerv­aring te bied. BO: Eers ’n werkende skaapplaas is die...
FOTO: JASPER RAATS Boere kan die kulture van hul omgewing by bemarkings­trategieë inkorporee­r en selfs elemente, soos hierdie tradisione­le Vendastat, op hul plase dupliseer om aan besoekers ’n unieke kultuurerv­aring te bied. BO: Eers ’n werkende skaapplaas is die...
 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Dullstroom in Mpumalanga is die nie-amptelike vlieghenge­lhoofstad van Suid-Afrika. Baie plaasverbl­yfplekke het ontstaan toe dié aktiwiteit op sy gewildste was en dit lok steeds baie besoekers na die gebied.
FOTO: JASPER RAATS Dullstroom in Mpumalanga is die nie-amptelike vlieghenge­lhoofstad van Suid-Afrika. Baie plaasverbl­yfplekke het ontstaan toe dié aktiwiteit op sy gewildste was en dit lok steeds baie besoekers na die gebied.
 ??  ?? Op Oudebosch buite Riversdal is die perderitte ’n groot trekpleist­er.
Op Oudebosch buite Riversdal is die perderitte ’n groot trekpleist­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa