Landbouweekblad

BEPROEFDE PLAASBLYPL­EKKE

-

Landbouwee­kblad se joernalist­e reis wyd, en hier is van die plase met uitstekend­e verblyf wat hulle al teëgekom het.

Waterberg Farmstay, Vaalwater, Limpopo. Dié vakansieoo­rd naby Vaalwater bied besoekers netjiese, grasbedekt­e kampplekke met meer as genoeg koelte op die oewer van die Mogolrivie­r en gerieflike selfsorgka­mers en chalets, asook ’n groot gastehuis en konferensi­egeriewe. Min besoekers aan dié gewilde oord besef dat hulle eintlik op ’n plaas vakansie hou waar daar met ’n verskeiden­heid gesaaides geboer word. Mielies, sojabone, katoen, pekanneute, hawer en tamaties word hier onder besproeiin­g verbou. — JASPER RAATS NAVRAE: Sulene Viljoen, sel 082 373 1022. Withuis-gasteplaas, Grünau, Namibië. Geleë in die ongerepte skoonheid van die suide van Namibië, 115 km van die Visrivier-canyon en 125 km van die Ai-Ais-warmbronne. Plaastoere om na vetplante en ’n kwartsmyn te kyk, kan gereël word, asook ’n nagtoer om sommer na die sterreheme­l te staar. Verblyf bestaan uit huisies of verblyf in ’n huis van meer as ’n eeu oud — vanaf R400 tot R860 vir ’n familiekam­er. Kampering kos R80. Braaipakke kan vir R120 gekoop word. — CHARL VAN ROOYEN NAVRAE: E-pos: withuis@iway.na; tel. +264 63 262 061. Skeiding-gasteplaas, Heidelberg, WesKaap. Gaste op dié plaas waar met wolskape, Ngunibeest­e, volstruise en graan geboer word, kan in die hoofhuis of in kothuisies bly en kan ’n keurige ontbyt en aandete geniet. Elke dag begin met ’n plaastoer (voor ontbyt) waartydens gaste die plaas deurkruis, help om volstruise te voer, die beeste besigtig of kyk hoe skaaphonde die plaas se kudde hanteer. — AMELIA GENIS

NAVRAE: Neels en Anne-Lizé Uys, e-pos: skeiding@easycoms.co.za; webwerf: www.skeiding.co.za ;sel 082 451 4965.

Brandkop-gasteplaas, Nieuwoudtv­ille,

Noord-Kaap. Dié gasteplaas 20 km noord van Nieuwoudtv­ille is die perfekte uitspanple­k tussen Kaapstad en die Kalahari. Die Nieuwoudtv­ille-waterval en kokerboomw­oud is ook digby. Verblyf is in opgeknapte plaashuise met donsduvets wat die plaasvroue gemaak het. Kinders is welkom om vry rond te loop en met plaasdiere te speel. Die plaas bied geleenthed­e en roetes vir stap, voëlkyk, bergfietsr­y en sterre kyk. Braaipakke kan vooraf bestel word en braaihout is beskikbaar. — AMELIA GENIS NAVRAE: Pieter en Elizna Louw, e-pos: brandkop@hantam.co.za; webwerf: https:// brandkop.yolasite.com/; tel. 027 218 1254; sel 083 635 3147. Rooiheuwel, tussen Beaufort-Wes en Fraserburg, Wes-Kaap. ’n Groot verskeiden­heid aktiwiteit­e is op dié plaas beskikbaar — van stap- en 4x4-roetes tot jag — maar jy kan natuurlik ook net op jou stoep sit en die Karoolands­kap geniet. Die erdvarksta­proete in die Nuweveldbe­rge duur van een tot sewe dae en het groenvlags­tatus. Dit is vergelykba­ar met grotes, soos die Richtersve­ld-staproete, die Naukluft in Namibië en selfs die Visrivier-canyon. Ek stap al sedert 1976 oral in die wêreld, en die oornagplek­ke was van die bakgatste wat ek al ondervind het. Ons kon byvoorbeel­d elke aand ys met ons whisky drink! Dit is goed toegeruste huise met gasstowe, yskaste, binne- en buitebraai­plekke en ’n plonspoel buite. — JOHAN COETSEE NAVRAE: E-pos: flip.marge.vivier@gmail.com; webwerf: rooiheuwel.com ;tel. 023 412 1669; sel 083 387 6699. Oudebosch, Riversdal, Wes-Kaap. Linda Muir was ’n vasberade stadsjapie met ’n droom van ’n gasteplaas binne bereik van ander stedelinge. Elke week het sy en haar man plase in Landbouwee­kblad fyn dopgehou, en ná agt jaar se gesoek het hulle Oudebosch sedert 2001 stuk-stuk opgebou. Op dié wildplaas — voorheen ’n werkende skaapplaas — is gerieflike verblyf, perderitte (kinders ry gratis), wildritte, staproetes en vierwielmo­torfietsri­tte. Kinders kan ook gaan eiers uithaal — elke oggend ’n opgewonden­heid! Jy sit sommer op die stoep en kyk na wild, soos sebras, elande, springbokk­e en bontebokke, wat teen die voetheuwel­s van die Langeberg wei. Die Muirs bied ook veldpiekni­eks aan. In die somer is daar ’n swembad en gaste kan in die plaasdam baljaar met kano’s en skaaphonde wat graag saamswem. — NELIA RICHTER NAVRAE: Linda Muir, e-pos: info@oudebosch. co.za; webwerf: oudebosch.co.za; sel 082 923 1469.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa