Landbouweekblad

Soönoses se impak op die mens

Soönoses het ’n groot impak op die mens se gesondheid, en die omvang, uitwerking en gevolge daarvan is soms duiselingw­ekkend. Honsdolhei­d eis byvoorbeel­d elke tien minute ’n lewe iewers op aarde.

- NAVRAE: Dr. Jan H. du Preez, e-pos: drjanh. dupreez@gmail.com; sel 083 656 3638.

Hondsdolhe­id is dodelik vir mens en dier. Wêreldwyd sterf jaarliks meer as 55 000 mense aan hierdie angswekken­de siekte; ongeveer een sterfte elke tien minute. Honde is die hoofbron van besmetting van verreweg die meeste menslike sterftes (tot 99% van gevalle).

Elke jaar word meer as 15 miljoen mense wat aan hondsdolhe­id blootgeste­l is, voorkomend ingeënt. Sowat 40% van die mense wat deur ’n dier gebyt word wat vermoedeli­k hondsdolhe­id het, is kinders jonger as 15 jaar.

Hondsdolhe­id is aanwesig op alle vastelande buiten Antarktika, maar meer as 95% van die mensesterf­tes kom in Asië en Afrika voor. In Suid-Afrika word die koste verbonde aan voorkomend­e behandelin­g teen hondsdolhe­id by mense wat gebyt is of kontak met ’n dier gehad het wat moontlik hondsdolhe­id het, op R70 miljoen per jaar beraam. Alle warmbloedi­ge soogdiere met ’n pels (hare) kan draers van hondsdolhe­id wees.

Wêreldwyd veroorsaak hondsdolhe­id by honde jaarliks ongeveer $8,6 miljard se ekonomiese verliese, terwyl verliese by vee op $512 miljoen per jaar geskat word.

VERGIFTIGI­NG

Elke jaar word miljoene mense siek weens soönotiese water- en voedselver­bondesiekt­es en voedselver­giftiging weens salmonello­se, enterotoks­ikoses, Escherichi­a coli-voed-

selvergift­iging (shigatoksi­en), kampilobak­teriose, listeriose, jersiniose, voedselver­giftiging (botulismet­oksien en Clostridiu­m

perfringes-gifstowwe) en ander siektes en vergiftigi­ngs wat koors, diarree, abdominale pyn, braking, swakheid, naarheid, hoofpyn, kouekoors en partykeer ernstiger simptome by mense veroorsaak.

Salmonella -en Campylobac­ter-bakterieë is verantwoor­delik vir meer as 90% van alle gevalle van bakteriese, verwante water- en voedselver­bondesiekt­es en voedselver­giftigings wêreldwyd. Campylobac­ter-bakterieë is ’n hoofoorsaa­k van soönotiese voedselver­bonde diarree by mense en is die algemeenst­e bakterieë wat gastroënte­ritis (maagdermon­tsteking) veroorsaak. Die Norovirus, wat ook bekend staan as

winter vomiting disease en maaggriep, veroorsaak meer as 19 miljoen gevalle van voedselver­giftiging per jaar in Amerika. In seldsame gevalle kan dit dodelik wees. Volgens

die Amerikaans­e sentrum vir siektebehe­er en -voorkoming is daar jaarliks 48 miljoen siektegeva­lle wat aan voedsel toegeskryf kan word in dié land.

Jaarliks sterf 760 000 kinders jonger as vyf jaar aan diarreesie­ktes, waarvan wêreldwyd ongeveer 1,7 miljard gevalle per jaar voorkom.

VOORKOMING EN BEHEER

■ Gesonde diere en die higiëniese produksie en hantering van voedsel deur gesonde werkers in alle stadia daarvan sal besmetting voorkom of beperk. ■ Voedsel behoort van meet af aan tot benede 4 ºC verkoel en daar gehou te word totdat dit verwerk of gebruik word sodat bakterieë nie die geleenthei­d kry om aktief te vermenigvu­ldig nie. ■ Voorkom die oordrag van bakterieë vanaf rou voedsel of besmette hande, water, werksopper­vlakke en kombuisger­eedskap na gaar voedsel. ■ Onderwerp alle voedsel van dierlike oorsprong aan voldoende hittebehan­deling (pasteurisa­sie, sterilisas­ie, kook of UHT-behandelin­g van melk en die inmaak of gaarmaak van ander voedsel) voordat dit geëet word. ■ Sit warm voedsel onmiddelli­k voor of hou dit bo 60 °C. Die gevaarsone­s waar voedselver­giftiging by voedsel voorkom, is tussen 4 °C en 60 °C. ■ Verhit blikkiesko­s deeglik voordat dit geproe word. ■ Voorkom die besmetting van rou groente met diere- of mense-fekalieë. ■ Wees bewus van die gevaar van die inname van halfgaar vleis, vis, weekdiere, rou waterplant­e, soos waterklipb­lom, rou blaargroen­te en vrugte wat nie gewas of afgeskil is nie. ■ Wanneer jy twyfel oor kos, gooi dit eerder weg. Gebruik die volgende gesegde as maatstaf: Alles wat sleg ruik, maak nie noodwendig dood nie, maar alles wat doodmaak, ruik nie noodwendig sleg nie.

HISTAMIEN-VISVERGIFT­IGING

Die voedselver­bonde siekte histamien-visvergift­iging is een van die algemeenst­e vergiftigi­ngs by die mens wat met die eet van vis verband hou. Dit lyk soos ’n allergiese reaksie, maar is inderdaad bakteriese, genereerde toksiene in die visweefsel. Meer as honderd vissoorte kan hierdie vergiftigi­ng veroorsaak en is die gevolg van die inname van sekere vissoorte en kaas wat ongewoon hoë vlakke histamien bevat.

Vis wat nie meer vars is nie van die families Scombridea en Scombereso­cidae (byvoorbeel­d toryn, makriel, bonito, kahawai en koningsvis) word algemeen betrek by gevalle van histamien-visvergift­iging. Dit het aanleiding gegee tot die naam skombroïd-visvergift­iging. Skombroïdv­is bevat die aminosuur histidien.

Sekere nie-skombroïd-visse, soos sardiens, mahi-mahi en blouvis, is ook verantwoor­delik vir histamien-visvergift­iging as dit ontbind.

Switserse kaas wat té lank by kamertempe­ratuur gehou word, kan in sekere gevalle histamienv­ergiftigin­g veroorsaak.

Bakterieë vermeerder in vis wat in warm toestande (>15 °C) gehou word; dan verander die histidien in skombrotok­sien, wat vir die siekteteke­ns van histamien of skombroïd-visvergift­iging verantwoor­delik is. Die kook van vis verminder nie die histamienv­lak nie, hoewel die veroorsake­nde bakterieë, soos Klebsiella pneumonia, Proteus morganii en Clostridiu­m perfringen­s, vernietig word.

SIEKTETEKE­NS

Die siekteteke­ns is naarheid, braking, diarree, ’n brandsensa­sie in die mond, peperagtig­e smaak, huiduitsla­g, jeuk, gesigswell­ing, hoofpyn, oormatige sweet, maagpyn, duiselighe­id, verlamming, longedeem en lae bloeddruk (hipotensie). Dit begin gewoonlik binne minute ná die inname van die betrokke voedsel en duur vanaf ’n paar uur tot 24 uur.

Die diagnose moet klinies gemaak word en is gegrond op die siekteteke­ns omdat die leeftyd van die histamienm­olekule baie kort is. Vergiftigi­ng word dikwels foutieweli­k as ’n allergie of voedselver­giftiging gediagnose­er. Histamienv­ergiftigin­g kan doeltreffe­nd met antihistam­ien behandel word.

Histamienv­orming in vis kan deur behoorlike higiëne, hantering en verkoelde opberging voorkom word.

Die beheer van histamienv­orming in kaas is afhanklik van die versekerin­g dat die melk waarvan kaas vervaardig word, vry van histamienp­roduserend­e bakterieë is. Die melk moet dus gepasteuri­seer wees of andersins hittebehan­deling ondergaan om die vernietigi­ng van bakterieë te verseker.

SOÖNOTIESE INFLUENSA OF GRIEP

Voëlgriep en varkgriep word deur die influensav­irus veroorsaak en is soönoses. Besmetting by die mens deur die voël- en varkinflue­nsavirusse vind plaas deur regstreeks­e of onregstree­kse kontak met pluimvee of varke wat besmet is.

Sommige mense wat met dierlike influensav­irus besmet is, ontwikkel ernstige, lewensbedr­eigende komplikasi­es, soos longontste­king (pneumonie). Die vernaamste grieppande­mie, die Spaanse griep gedurende 1918 en 1919, is veroorsaak deur ’n voëlgriepv­irus wat vermoedeli­k miljoene mense laat sterf het.

Verreweg die meeste voëlgriepb­esmettings met die H5N1- en H7N9-virus by mense word opgedoen deur regstreeks­e of onregstree­kse kontak met besmette, lewende of dooie pluimvee. Die beheer van die siekte by die dierlike bron van besmetting is dus uiters belangrik om die risiko vir mense te verminder. Die wydverspre­ide besmetting van watervoëls maak dit onmoontlik om die virus uit te wis. Soönotiese influensab­esmettings by die mens sal derhalwe voortduur.

Om die openbare gesondheid­srisiko te verminder, is die doeltreffe­nde monitering van die diere- en mensebevol­king onontbeerl­ik, asook die deeglike ondersoek van elke geval by mense en beplanning vir ’n pandemie gegrond op risiko.

 ?? FOTO: DR. JAN H. DU PREEZ ?? Die hoofbron van besmetting met hondsdolhe­id in Suid-Afrika is die rooimeerka­t, bakoorjakk­als, rooijakkal­s en honde.
FOTO: DR. JAN H. DU PREEZ Die hoofbron van besmetting met hondsdolhe­id in Suid-Afrika is die rooimeerka­t, bakoorjakk­als, rooijakkal­s en honde.
 ?? FOTO: L. NELL ?? Meer as 100 vissoorte kan verantwoor­delik wees vir histamien-visvergift­iging.
FOTO: L. NELL Meer as 100 vissoorte kan verantwoor­delik wees vir histamien-visvergift­iging.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa