Landbouweekblad

DIELESVAN ’N TIERVIS

-

Jare gelede, op pad na Noord-Zambezi om tiervis te gaan vang, stotter wyle oom Abré Steyn se ou Land Cruiser skielik teen sterk skemer tot ’n halt op die verlate Barotsevlo­edvlakte. Daar staan ons toe tussen die mopaniebom­e — ek en my twee broers en oom Abre en sy vrou — en wonder wat ons nou gaan maak. Ons het immers net een voertuig!

Gelukkig is my broer meganies aangelê, en hy kan ’n plan maak. Net daar vorm ons ’n ry, soos toe ons destyds laaities was. Een bring die toolbox, die ander een hou die flits vas. Almal moet hul deel doen om die brein te ondersteun wat dié wa deur die drif kan trek.

Die gerugte oor nuwe planne om kodes vir swart ekonomiese bemagtigin­g af te dwing, laat ’n mens wonder wie nou eintlik wat gaan bydra.

Die landbou bring sy kant en boere doen hul deel om die ekonomie te laat groei, meestal in moeilike omstandigh­ede en sonder veel bystand van die staat. Boere kon nie eens tydens die rampdroogt­e van 2015-’16 veel hulp verwag nie. Belastingb­etalersgel­d bly verdwyn uit amptelike droogtehul­pfondse. Almal — wit én swart — het seergekry.

Diegene wat anderkant uit is, bly verwoed besig om aan te pas. Voorheen het dit glo tot drie jaar geduur voor die wêreld se beste tegnologie op Suid-Afrikaanse plase was. Deesdae dring boere daarop aan om dit binne etlike maande te toets. Hulle soek enigiets waarmee hulle die somme nog beter kan laat klop.

Verlede jaar op Monsanto se besonderse boeretoer na Amerika was dit ’n hoogtepunt om op die toerbus te sit en luister na hoe van ons beste boere eindelose somme maak. Hulle het die taal van die landbou gepraat: Die boeresom. Dit is al hoe ’n mens oorleef in ’n harde, onsimpatie­ke omgewing waarin boere minder raak en die plase groter. Terwyl hierdie situasie wel besonderse boere oplewer, betaal die platteland ’n duur prys.

’n Mens sien dit ook in Amerika. ’n Jong, maar senior navorser by Monsanto se hoofkantoo­r in St Louis, Missouri — ’n Karooseun van Leeu-Gamka — het ons op dié toer vertel hoe sy personeel op ’n proefplaas op die platteland van Mississipp­i hom gewaarsku het om eers ontbyt by hulle te eet voor hy die dag lange reis terug St Louis toe aanpak. In die dorpies op pad gaan hy sukkel om ’n plek te kry waar hy iets kan koop. Die dorpies kwyn erg namate mediumgroo­t familiepla­se verdwyn en skaalekono­mie met sy reuse-landbouent­iteite ál meer die septer swaai.

In Amerika word groterword­ende plase onder meer aangeblaas deur subsidies wat groter boere bevoordeel, maar in Suid-Afrika is dit dikwels ál manier om te oorleef. Die platteland betaal die prys daarvoor dat ons minder boere het, en die swak en afwesige Regering vererger dit net.

Wat help dit dus om ’n klomp ondeurdagt­e reëls te probeer afdwing op ’n bedryf wat reeds grootliks na homself omsien, terwyl hy volhou om vir die hele land groot waarde te skep wat in rand en sent gemeet kan word?

Wanneer gaan die Regering ’n fakkel vir die landbou aansteek? Pleks van om te straf, moet die Regering boere eerder aanspoor en ondersteun. Dit kan ’n verbasende verskil maak. Vra my. Die tiervis van 11 kg wat ek drie dae later gevang het, was die grootste vis van my lewe. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa