Landbouweekblad

KYK WEER NA NAMPO OP SATERDAG

- Brief per e-pos ontvang.

Die brief “‘Ja’ vir Nampo op Saterdag” (LBW ,1Junie 2018) en mnr. Toit Wessels van Graan SA se antwoord het betrekking. Toit, ek was ook vanjaar vinnig by die skou (basies van 09:00 tot 15:00, want dit is baie ver soontoe en terug en ek wil nie in die middel van die week oorslaap nie) en was beïndruk met wat julle aanbied.

Ek is nie oortuig deur die argumente teen ’n Saterdag-skoudag nie.

Dit is dalk ’n oorvereenv­oudiging, maar julle behoort die uitstaller­s taamlik maklik in twee breë kategorieë te kan indeel – dié wat uitstal en met die kommersiël­e landbousek­tor handel dryf, en dan dié wat ook met die breër publiek handel dryf.

Die uitstaller­s wat op die landbousek­tor konsentree­r, wil inligting deurgee en nie noodwendig op die dag verkoop nie. Die kommersiël­e kopers kyk na die oesmasjien­e, teel- en plantmater­iaal, infrastruk­tuur, besproeiin­gstelsels, bemesting, ensovoorts. Hulle koop nie noodwendig op die dag nie. Hulle neem waar en samel inligting in.

Dan is daar die klomp uitstaller­s wat daar is om op die dag aan die publiek te verkoop – kampeer- en jagtoerust­ing, klere, kos, diere, ensovoorts.

Sekere dinge, soos sekuriteit­stelsels, kraggereed­skap, skoonmaakt­oerusting en luukse voertuie, word nie noodwendig op die dag verkoop nie, maar val in die boere én die breër publiek se belangstel­lingsveld.

Die meeste uitstaller­s val wel in die eerste kategorie en stel minder belang in die breër publiek, want hul kliënte kan in die week kom – dis hul werkstyd. Hierdie kategorie uitstaller sal in der ewigheid nie baie ten gunste van ’n Saterdag wees nie. Julle hoef hulle nie eens te vra nie, want die antwoord is reeds bekend.

“Die feit dat hulle dan nie Maandag al operasione­el by hul werk kan wees nie”, soos jy sê, is egter eintlik irrelevant, want hulle was sopas ’n hele week nie by die werk nie. Hul werkplek of kantoor het die vorige week sonder hulle reggekom.

Die enigste argument wat water hou, is die dubbele betaling op ’n Saterdag of Sondag wanneer daar opgepak moet word. Dit moet geweeg word teen die dag langer blootstell­ing.

’n Saterdag sal sekerlik uitstaller­s in die tweede kategorie baie meer bevoordeel as dié in die eerste kategorie, maar die dag is nie verlore of tydmors vir laasgenoem­de nie. ’n Boer en sy eggenoot kan elkeen in hul eie rigting gaan. Een gaan kyk na die besproeiin­gstelsel en die ander een gaan shop dat dit hop daar in die tweede kategorie-ruimtes of, as hy of sy deel van die boerdery is, gaan kyk solank na die databestuu­rs- of finansiële oplossings.

“Ons het twee jaar terug met ons uitstaller­s (wat ek as ons vennote beskou, want sonder hulle het ons geen skou nie) ’n vergaderin­g gehou rakende die Saterdag ook oop wees. Die meeste het daarteen gestem,” skryf jy.

Jul grootste vennote is sekerlik jul kopers – nog belangrike­r as die uitstaller­s. Ek lei af julle het nog nie ’n meningsopn­ame onder die publiek gehou nie. ’n Mens kan nie die besoekers vra wat die fees bywoon nie, want hulle kan daar wees. Jy moet by die mense probeer uitkom wat nié in die week daar kan wees nie.

Julle kan dalk van mening wees dat die fees groot genoeg is of die teikengroe­p genoegsaam tref. In daardie geval mors ek my tyd. Jammer dan.

Soos verwag, het ek baie min mense onder 18 jaar op vanjaar se Oesdag gesien.

In hierdie geval moet julle die besluit neem (nie die uitstaller­s nie – hulle sal nie ophou om uit te stal as julle die skou met ’n dag verleng nie) en besef in watter gebied of rigting julle die skou wil sien uitbrei.

Ek weet nie van julle nie, maar ek sien ’n groot geleenthei­d vir groei wanneer julle die boer se gesin en vriende in ander sektore ook begin betrek. THEUNIS HANEKOM

 ??  ?? Die uitslag van meningspei­lings wat Landbouwee­kblad op
Landbou.com en Twitter oor dié onderwerp gedoen het.
Die uitslag van meningspei­lings wat Landbouwee­kblad op Landbou.com en Twitter oor dié onderwerp gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa