Landbouweekblad

BOER KRY OP EEN SLAG MEESTE REËN IN VIER JAAR

- — AMELIA GENIS

BOERE in droogteget­eisterde gebiede is dankbaar vir die goeie reën wat einde Mei voorgekom het, maar dele van die Suid-Kaap is nog bitter droog.

Mnr. Gideon Melck van die plaas Waterboers­kraal by Hopefield sê hulle het 20 mm reën gehad. Dit is die meeste reën wat hulle in die afgelope vier jaar op een slag gekry het. Danksy die altesaam sowat 20 mm reën wat hulle by drie ander geleenthed­e gekry het, is boere daar klaar geplant en het die koring opgekom.

“Dit lyk al beter,” sê mnr. JP Bester van die UD-boerdery by Moorreesbu­rg. Hy het 12-18 mm reën gemeet, wat Mei se reënvalsyf­er op 46 mm te staan bring.

By Caledon is mnr. MG Lötter van die Warmoeskra­alboerdery baie bly oor die 17 mm reën wat die vorige week se 10 mm opgevolg het. Hy sê die lande begin al ’n groen skynsel kry.

Mnr. Adriaan Steyn van die Wankie-boerdery tussen Heidelberg en Swellendam het 10 mm reën gehad, sy eerste reën vir Mei. In April het hulle net 15 mm reën gekry. Hy het klaar geplant, maar al die graan het nog nie opgekom nie. “Dis maar deurmekaar.”

SKAARS 2 MM OP HEIDELBERG­VLAKTE

Dit het skaars 2 mm gereën op plase op die Heidelberg­vlakte, sê mnr. Pieter Gildenhuys van Kleinboshe­uwel. Hy het nou begin gars plant, maar gaan wag vir meer reën voor hy kanola en koring plant. “Dit raak nou laat. Dis ’n bekommerni­s, maar ’n mens weet mos nie wat later in die jaar

gaan gebeur nie.”

Hulle voer ál hul skape. Van die diere staan selfs in die voerkraal. “Ons voer nog heeljaar. Ons koop lusern en mielies en hou die minimum diere aan. Dié wat nie in produksie is of dragtig is nie, laai ons maar weg. Dis dieselfde situasie as verlede jaar.”

Aangesien hulle gewoonlik somerreën ook kry, kan hulle met min reën plant, maar vanjaar het die somerreën ook weggebly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa