Landbouweekblad

Nasionale minimum loon in NV goedgekeur

- — JOYLENE VAN WYK

ONDANKS waarskuwin­gs van die Tesourie dat die gewysigde arbeidswet­gewing wat die Regering wil instel ’n ekonomiese inkrimping van 2,1% en meer as 700 000 werksverli­ese kan meebring, is dit naelskraap in die Nasionale Vergaderin­g goedgekeur.

Die wetsontwer­p op die nasionale minimum loon, wat ’n basiese loon van R20 per uur voorstel (niemand in Suid-Afrika mag minder as dit verdien nie), en die Wysigingsw­et op Arbeidsver­houdinge en die Wet op Basiese Diensvoorw­aardes sal nou voor die Nasionale Raad van Provinsies dien.

GEMENGDE REAKSIE

Die DA het teen hierdie wetsontwer­pe gestem en aangevoer daar is nie behoorlike openbare verhore gehou nie en dat duisende mense hul werk kan verloor.

Die kantoor van die ANC se hoofsweep het egter gesê die aanvaardin­g van dié geskiedkun­dige wetgewing vir ’n minimum loon sal help om die miljoene kwesbare werkers te beskerm wat veel minder as R20 per uur verdien.

Die nasionale minimum loon sal ’n beter inkomste vir sowat 75% van alle werkers in die landbou beteken wat minder as R2 000 per maand verdien. Dit geld ook 90% van huiswerker­s wat minder as R3 120 per maand verdien, sê mnr. Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC in die Parlement. “Dit verteenwoo­rdig beduidende vordering om te verseker dat werkers teen ‘slaaflone’ beskerm word.”

BOERE BYGESTAAN

Agri SA het weer die versekerin­g gegee dat hy die leiding sal neem in verband met dié kwessie. Die organisasi­e raai ook belanghebb­endes aan om waaksaam te wees oor die impak wat die nasionale minimum loon op finansieel kwesbare boerdery-ondernemin­gs sal hê.

Mnr. Neil Hamman, voorsitter van Agri SA se arbeid- en ontwikkeli­ngsentrum vir uitnemendh­eid, sê die landbousek­tor is ingewikkel­d, veral as ’n mens in ag neem die meeste boerdery-eenhede kan as klein tot mediumgroo­t ondernemin­gs (SME’s) beskou word.

Baie van hulle teken reeds verliese aan weens droogtetoe­stande én lae internasio­nale kommoditei­tspryse. Die loon is egter ’n stap in die rigting van sekerheid.

Die datum waarop die loon inwerking tree, moet nog vasgestel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa