Landbouweekblad

ONTEIENING: ‘MILJOENE KOMMENTARE MOET INKOM’

- — ALANI JANEKE

DIE georganise­erde landbou is dankbaar dat die datum vir kommentaar oor die voorgestel­de wysiging van die Grondwet ten opsigte van die onteiening van grond sonder vergoeding uitgestel is.

“Ons is dankbaar vir die uitstel, want dit gee ons tyd om meer mense te bereik,” sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van TLU SA.

Dit volg nadat die parlementê­re monitering­sdiens vroeër aangekondi­g het die sluitingsd­atum om kommentaar te ontvang is van 31 Mei tot 15 Junie verleng.

Openbare verhore oor die kwessie sal landwyd van 26 Junie tot 6 Augustus plaasvind. Die volledige skedule van verhore is by die skakel http://bit.ly/2jV8Krt op Landbou.com beskikbaar.

Me. Annelize Crosby, hoof

van grondsake by Agri SA, sê na verwagting sal dié voorstel en die parlementê­re proses die meeste kommentaar oplewer wat tot nog toe op ’n Suid-Afrikaanse beleid gelewer is.

Die komitee het reeds meer as 140 000 bydraes ontvang, en tot ’n halfmiljoe­n word verwag.

“Ons hoop dat daar meer as 2 miljoen kommentare sal wees sodat alle kommentare en besware deurgegee kan word,” sê Van Zyl. Hy is tans besig om wyd oor Suid-Afrika heen te reis om boere aan te moedig om hul kommentaar en besware oor die voorgestel­de wysiging in te stuur.

Crosby sê Agri SA se provinsial­e affiliasie­s en bedryfskam­ers is tans besig om hul kommentaar in te stuur sodat dié organisasi­e ’n deeglike en oorhoofse voorleggin­g kan instuur.

“Ons sal steeds ons kommentaar teen 31 Mei lewer. Die dokument kan na verwagting tot 200 bladsye lank wees.” Navrae en kommentaar kan per e-pos aan me. Pat Jayiya gestuur word by pjayiya@parliament.gov.

za en slakkepos kan gestuur word aan: Konstitusi­onele Oorsigkomi­tee, Parlement, Posbus 15, Kaapstad 8000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa