Landbouweekblad

MAKADAMIAB­EDRYF VRA FRIS VERHOGING IN HEFFING

- — JASPER RAATS

DIE Suid-Afrikaanse Makadamiak­wekersvere­niging (Samac) se nuwe aansoek om voort te gaan met statutêre heffings op makadamian­eute saam met die voorstel vir ’n aansienlik­e verhoging, is onlangs in die Staatskoer­ant afgekondig.

Die huidige heffing op makadamian­eute beloop 23c/kg vir neute in die dop. Hierdie heffingsoo­reenkoms verval egter in November. Samac het nou by die Minister van Landbou aansoek gedoen om ’n nuwe heffing van 50c/kg met ’n jaarlikse verhoging van omtrent 6c/kg vir die volgende siklus van vier jaar.

Mnr. Barry Christie van Samac sê die voorgestel­de verhoging sal die makadamiab­edryf in staat stel om meer navorsing oor die verbouing van makadamias, die bestuur van insekplae en die gesondheid­svoordele van makadamian­eute te finansier.

“In hierdie stadium dek die heffing grotendeel­s die vaste uitgawes van Samac, soos die kantoorrui­mte en die salarisse van personeel. Min geld bly oor vir navorsing. Ons vaste koste word reeds so goed moontlik bestuur. Die enigste manier om meer geld vir navorsing beskikbaar te maak, is om die heffing te verhoog.” Die nuwe heffing sal die navorsings­begroting verdriedub­bel.

Belanghebb­endes het tot 15 Junie om kommentaar op die heffings te lewer. Navrae en kommentaar kan aan mnr. Elekanyani Nekhavhamb­e by die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d gerig word by e-pos enekhavham­be@namc.co.za of tel. 012 341 1115.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa