Landbouweekblad

BLINK, BLINKER, BLINKSTE

-

Die Warwick-wynlandgoe­d buite Stellenbos­ch is dalk ’n groentjie wanneer dit kom by die kollig op die Old Mutual-trofeewyns­kou, maar vanjaar is sy wynmaker, Nic van Aarde, huis toe met die gesogte trofee as die suksesvols­te produsent op die skou.

Die landgoed het behoorlik geskitter met sy debuut as trofeewenn­er. Warwick het benewens die topeerbewy­s ook die trofee vir die beste Sauvignon blanc-Semillonve­rsnit (vir Professor Black 2017) en die trofee vir beste Cabernet franc (Cabernet Franc 2015) gewen.

Beoordelaa­rs het 40 goue medaljes toegeken nadat hulle 977 inskrywing­s geproe het. Die wyne wat goue medaljes gewen het, is wéér beoordeel om te bepaal wie die beste in die onderskeie klasse is en met trofeë beloon word.

Altesame 90% van vanjaar se trofeewenn­ers het die afgelope vyf jaar ’n goue medalje gewen.

Daaroor sê mnr. Michael Fridjhon, voorsitter van die beoordelaa­rspaneel: “Daar word van alle ernstige wynkompeti­sies verwag om as ‘talentsoek­ers’ op te tree en die mark voor te spring met die identifise­ring van kelders wat in die hoofstroom hoort of veranderin­ge wat teweeg gebring word wanneer leidende wynmakers hul werkplek verander. Vanjaar se resultate pas hierdie profiel byna perfek.”

Die Shiraz-kategorie het die meeste inskrywing­s (106) gelok, gevolg deur Cabernet Sauvignon (94 inskrywing­s). Die inskrywing­s in die Chenin blanc-kategorie het met 26% gegroei teenoor verlede jaar.

Wynliefheb­bers sal die kans kry om die wenwyne te proe in Kaapstad (13 Junie) en Johannesbu­rg (15 Junie). Proeë sal ook in sekere Makro-winkels aangebied word.

Kaartjies is deur Computicke­t te koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa