Landbouweekblad

HOOP VIR SA, VRA THULI

- — JOHAN NORVAL

DIE bevorderin­g van maatskapli­ke geregtighe­id is die antwoord om ’n kultuur van hoop in Suid-Afrika te vestig en korrupsie te beveg.

Adv. Thuli Madonsela, voormalige Openbare Beskermer, sê ’n kultuur van hoop moet bó die van vrees verkies word om korrupsie, swak regering, ongelykhei­d en armoede te beveg.

Sy het op die 39ste jaarkongre­s van die Oranjerivi­er-landbou-unie (ORLU) op Upington ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om saam te werk ter wille van ’n beter samelewing.

“Daar is ’n wanbalans tussen die beleid waarvolgen­s armoede oor 12 jaar, teen 2030, in Suid-Afrika uitgewis moes wees en die politieke uitvoering daarvan,” sê sy. “Inteendeel, volgens Statistiek­e Suid-Afrika vererger die probleem.”

Haar wens vir die georganise­erde landbougem­eenskap is dat hoop onder sy lede bevorder word, veral ten opsigte van die grondkwess­ie. Dié kwessie kan met ’n benadering van samewerkin­g en bemiddelin­g verbeter word en ook met die wete dat dit nie so “lewensbedr­eigend” is soos wat dit voorkom nie.

“Daar is projekte wat deur verskeie instansies sonder staatshulp aangepak word. Ons sal sulke modelle moet oorweeg, asook maniere hoe om die projekte te bespoedig,” sê sy. “Met die huidige werklooshe­idskoers van sowat 30% en die groter invloed van ’n digitale wêreld wat minder formele werkgeleen­dhede meebring, moet mense in staat gestel word om vir hulself werk te kan skep. Kom ons belê in geleenthed­e vir die mense wat hul eie heil uitwerk.”

LANDBOU ‘IS SLAANSAK VIR POLITICI’

Mnr. Wiaan van Rensburg, voorsitter van die ORLU, sê die landboubed­ryf bly ’n maklike slaansak vir politici in die heersende politieke onsekerhei­d in Suid-Afrika.

Hy het in sy voorsitter­srede op die ORLU se kongres verwys na die sukses van 13 projekte vir swart ekonomiese bemagtigin­gs in sy streek wat 2 261 ha behels waarop onder meer rosyne, sitrus, tafel- en wyndruiwe verbou word. Volgens hom sal 6 518 mense daardeur bemagtig word sodra die projekte in volle produksie kom.

Van Rensburg het egter sy kom- mer uitgespree­k oor die verval van dienslewer­ing deur munisipali­teite. “Die landbou bly ’n maklike slaansak. Ons is egter besig om ons beeld uit te bou, wat reeds konstrukti­ewe optrede tot gevolg gehad het.”

Met verwysing na die rosynprodu­ksie van die Oranjerivi­ergebied, verloop vanjaar se seisoen goed danksy nuwe kultivars en uitbreidin­gs. Die versterkin­g van die rand het egter meegebring dat ’n laer inkomste uit uitvoer na die buiteland verdien is.

Volgens hom was die algemene gehalte van die Benede-Oranjerivi­ergebied se druiwe-oes van sowat 94 000 ton goed en groter volumes goeie wyn sal gemaak kan word.

Volgens Van Rensburg was die opbrengs van die gebied se tafeldruif­oes 30% tot 35% laer as die geskatte oes.

WATER

“Suid-Afrikaners moet besef daar sal nooit meer genoeg water beskikbaar wees om te mors nie,” het mnr. Johannes Möller, voormalige voorsitter van Agri SA, gesê.

“Ons het gewoond geraak aan water van puik gehalte wat oor die algemeen nie beperk was nie. Sedert die onlangse droogte en die waternood in die Wes-Kaap besef ons die watervoorr­aad sal nooit

weer op die vlak wees dat dit vermors mag word nie,” sê hy.

Volgens Möller is groot opgaardamm­e, soos die Gariep- en die Van der Kloofdam, nou weer vol, wat ’n waterkrisi­s ten opsigte van volume oor die volgende twee jaar in die Benede-Oranjerivi­ergebied afweer. Die skoonspoel van die standhoude­nde riviere beteken ook laer pH-vlakke en besoedelin­g.

“Die afgelope winter, toe die watervloei­vlakke laer was, is pH-vlakke van 8,5 tot 9 in die Oranjerivi­er ondervind,” sê hy. Nog ’n bron van kommer is die waterbestu­ur van die Oranjerivi­er tussen Kakamas/Augrabies en Oranjemund aan die Weskus as die rivier ophou vloei. “Dit mag nie gebeur nie omdat die riviermond­ing ’n wêreld-erfenisgeb­ied is.”

Mnr. Nicol Jansen, ondervoors­itter van Agri Noord-Kaap, sê die eensydige optrede van die Departemen­t van Waterwese om die oordrag van waterregte van individuel­e grondgebru­ikers te herroep, het wye reperkussi­es vir die waarde van besproeiin­gsgrond. “Die woordspeli­ng wat die departemen­t tans gebruik, is dat water slegs ’n gebruiksre­g is, teenoor ’n reg op besproeiin­gswater soos dit vroeër toegeken is. Dit beteken ’n veranderin­g van waterregte,” sê Jansen. “Dit is vir ons ’n groot bekommerni­s.”

Die kwessie oor waterregte sal deur Agri Noord-Kaap na Agri SA verwys word.

 ??  ?? Adv. Thuli Madonsela, voormalige Openbare Beskermer (middel), was ’n spreker op die kongres van die Oranjerivi­er-landbou-unie (ORLU) op Upington. Links is mnr. Wiaan van Rensburg (voorsitter van die ORLU) en regs is mnr. Henk van Wyk (voorsitter van...
Adv. Thuli Madonsela, voormalige Openbare Beskermer (middel), was ’n spreker op die kongres van die Oranjerivi­er-landbou-unie (ORLU) op Upington. Links is mnr. Wiaan van Rensburg (voorsitter van die ORLU) en regs is mnr. Henk van Wyk (voorsitter van...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa