Landbouweekblad

Aartappelb­oere myn nie Sandveld se ‘wonderwerk­water’

- — LUCILLE BOTHA

AARTAPPELB­OERE in die Sandveld oorbenut nie die streek se grondwater nie, sê ’n waterkonsu­ltant wat al 20 jaar lank in dié omgewing werk.

Volgens mnr. Julian Conrad, ’n onafhankli­ke waterkonsu­ltant van die geohidrolo­gie-maatskappy GEOSS, word die Sandveld die afgelope drie jaar deur droogte in die gesig gestaar. In 2015 én in 2017 is minder as die helfte van die gemiddelde reënval (sowat 284 mm per jaar) in die hart van die Sandveld aangeteken.

Aartappelb­oere kry dikwels die skuld dat hulle grondwater, wat waarskynli­k van die Piketberg afkomstig is, uitput. Die streek was tradisione­el bekend vir aartappelv­erbouing, maar onlangs het boere ook begin om onder meer sitrus, groente, tafel- en wyndruiwe daar te vestig.

“Almal weet die prentjie van oppervlakw­ater in die Sandveld is droewig, maar die volume grondwater wat in die streek voorkom, is ’n absolute wonderwerk. Die Verlorenvl­ei het verlede jaar opgedroog, maar ek dink nie dit hou verband met grondwater nie. Die fonteinste­lsels in die Sandveld is nog gesond,” het hy op die Sand- veldse Aartappelk­wekersorga­nisasie (Sako) se jaarvergad­ering op Velddrif gesê.

“Die aartappelb­edryf se grondwater­gebruik is redelik stabiel op sowat 50 000 Ml. Dis egter net wat aartappels betref. Wat gebeur met al die groente, sitrus en druiwe wat ook nou in die gebied inkom?”

Volgens Conrad kan grondwater­vlakke daal weens natuurlike oorsake, soos te min reën, of groter onttrekkin­g deur die landbou vir boerderydo­eleindes. Jaarlikse toetse toon die Sandveld se grondwater­vlakke daal en water versout, maar Conrad skryf dit toe aan natuurlike faktore.

“As die onttrekkin­g van water baie hoër was as die aanvulling, sou ons ’n baie skieliker afname in watervlakk­e gehad het. Dit sou beteken water word gemyn. Tans is die situasie nog gesond en is die landbou-gebruik deur die aartappelb­edryf nie meer as die grond-

water-aanvulling nie.

“Die watervlakk­e daal met sowat 0,5 m per jaar en die soutgehalt­e het effens toegeneem, met sowat 10 millisieme­ns per meter (mS/m) per jaar, maar dis byna natuurlik as jy die reënvalpat­rone en droogtetoe­stande in die Sandveld in ag neem.”

Water in die Sandveld se elektrisit­eitsgeleid­ingsvermoë (EC) is gemiddeld 100 mS/m. Aartappelp­roduksie kan tot by 300 mS/m plaasvind.

Conrad sê hy sal baie graag wil bereken hoe oud die water in die Sandveld is en hoe lank dit neem om vanaf die Piketberg na die kus (via die Sandveld) te beweeg.

“Die Sandveld is geseën met ’n wonderlike opbergings­vermoë. Die klein neigings wat ons nou sien, hou heel waarskynli­k verband met die droogte.”

 ??  ?? Mnr. Julian Conrad van GEOSS werk al 20 jaar in die Sandveld. Hy’s nie bekommerd oor die daling van grondwater­vlakke in die omgewing nie en meen dit hou verband met natuurlike faktore, soos die droogte.
Mnr. Julian Conrad van GEOSS werk al 20 jaar in die Sandveld. Hy’s nie bekommerd oor die daling van grondwater­vlakke in die omgewing nie en meen dit hou verband met natuurlike faktore, soos die droogte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa