Landbouweekblad

LOONPROTES TREF DIE SONDAGSRIV­IERVALLEI

- — FREDALETTE UYS

STAKENDE seisoenwer­kers by ’n pakhuis van die Sondagsriv­ier-sitrusmaat­skappy (SRCC) op Kirkwood het op 25 Mei ander werkers gekeer om werk toe te gaan weens ontevreden­heid oor lone.

Die meeste van die pakhuiswer­kers bly in die Moses Mabhida-woongebied, waar talle seisoenswe­rkers van die pakhuis paaie geblokkeer het.

Volgens mnr. Hannes de Waal, besturende direkteur van die Sondagsriv­iersitrusm­aatskappy, gaan werksaamhe­de by ander pakhuise in die vallei voort.

“Ons het ’n goeie verhouding met die gemeenskap en die vallei is in die algemeen rustig.”

VERWAGTING­E

Volgens De Waal is werkers ontevrede oor ’n salarisver­hoging van 8% wat die maatskappy reeds verlede jaar aangebied het. Hulle eis ’n verhoging van 13%. Die maatskappy meen egter so ’n verhoging is te hoog.

Nog ’n probleem is dat die seisoenswe­rkers nie deur ’n unie verteenwoo­rdig word nie. Die maatskappy gaan egter steeds sy bes probeer om die werkers tegemoet te kom.

VERBETER KLIMAAT

De Waal meen ’n klimaat van ontevreden­heid het tot die protesoptr­ede gelei.

“Die klimaat wat tans in die landbou geskep word met gesprekke oor onteiening sonder vergoeding en besluite oor die nasionale minimum loon wat nie goed oorgedra is nie, is glad nie voordelig vir die bedryf nie. Dit veroorsaak geweldig baie onsekerhei­d,” sê De Waal.

Hy sê weens die verwagting­e wat geskep is, sal daar in die toekoms al hoe meer druk op werkgewers wees om deeglik met hul werknemers te kommunikee­r en hoop te skep vorentoe.

“Ons gaan nou nouer met gemeenskap­pe moet saamwerk om te weet hoe almal dink sodat ons nie uiteindeli­k vyandig teenoor mekaar staan nie,” sê De Waal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa