Landbouweekblad

LANDBOUREU­S OPEN HOOFKANTOO­R VIR AFRIKA

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE internasio­nale landboumas­jienerieve­rvaardiger AGCO, wat by die ontwikkeli­ng van landboupar­ke reg oor Afrika betrokke wil raak, het pas sy nuwe Afrika-hoofkantoo­r in Kempton Park geopen.

Die maatskappy vervaardig en versprei trekkers en werktuie van onder meer Challenger, Fendt, Massey Ferguson en Valtra, asook GSI-graansilo’s en Fuse-presisiete­gnologie.

“Die nuwe hoofkantoo­r vorm deel van AGCO se deurlopend­e infrastruk­tuurontwik­keling op die vasteland. Dit sluit onder meer in ’n nuwe onderdelep­akhuis in Johannesbr­ug, die AGCO Future Farm and Training-sentrum in Zambië en ’n samewerkin­gsooreenko­ms om trekkers in Algerië te vervaardig,” het mnr. Martin Richenhage­n, voorsitter en hoof- uitvoerend­e beampte van AGCO, gesê.

“AGCO, met ’n wêreldwye omset van VSA$ 8,3 miljard (R103,3 miljard) onderneem tans grootskaal­se beleggings in Afrika om voedselsek­erheid en volhoubare produktiwi­teit met tegnologie­se vernuwing te bevorder. Afrika speel toenemend ’n sleutelrol om die wêreld se groeiende bevolking te voed en om die wêreldwye uitdaging van voedselsek­erheid die hoof te help bied,” sê hy.

AGCO is ook van plan om sy betrokkenh­eid by die ontwikkeli­ng van landboupar­ke regoor die vasteland te verskerp. “Met ons reeks produkte, dienste en kennis meen ons dat ons in die posisie is om ’n bydrae tot hierde opwindende inisiatief in die landbou en landelike ekonomiese transforma­sie te lewer,” het mnr. Nuradin Osman, ondervoors­itter en bestuurder vir Afrika van AGCO, gesê.

In ’n onderhoud met Landbouwee­kblad het Richenhage­n gesê die maatskappy se klem is op groter boere in Suid-Afrika gerig. Die maatskappy het ’n markaandee­l van sowat 15% (volgens verkope). “Dit is egter ons doelwit om binne die volgende paar jaar hierdie aandeel tot 25% te laat groei deur middel van ons samewerkin­gsooreenko­ms met ons plaaslike verspreide­r, BHBW, ’n konglomera­sie van die plaaslike maatskappy Barloworld en die Duitse BayWA Ag.”

Die maatskappy wil ook sy handelaars­netwerk uitbrei om boere beter te kan bystaan. “Ons het tans sowat 65 handelaars in Suid-Afrika, maar daar is ook ’n groter klem om meer betrokke te raak in Afrika,” het Osman gesê.

Hy het gesê AGCO het 14 lande, onder meer die SentraalAf­rikaanse Republiek, Zimbabwe, die Ivoorkus, Mosambiek, Ghana, Nigerië, Algerië en Marokko, geïdentifi­seer as toekomstig­e sterk markte.

“Ons belegging in die pakhuis, wat met die jongste tegnologie toegerus is, sal ons ook in staat stel om hierdie markte vinnig te bedien. Terwyl dit vir Suid-Afrikaanse boere ’n groot voordeel is om die pakhuis hier te hê, sal dit ook boere in ander Afrikaland­e help omdat dit die omdraaityd vir hulle ook baie korter gaan maak,” hetOsmange­sê.

 ??  ?? AGCO, een van die wêreld se grootste landboutoe­rustingmaa­tskappye, het onlangs sy nuwe Afrika-hoofkantoo­r en onderdelep­akhuis in Kempton Park geopen. Hier is, van links, mnre. Nuradin Osman, ondervoors­itter en bestuurder vir Afrika van AGCO, Martin...
AGCO, een van die wêreld se grootste landboutoe­rustingmaa­tskappye, het onlangs sy nuwe Afrika-hoofkantoo­r en onderdelep­akhuis in Kempton Park geopen. Hier is, van links, mnre. Nuradin Osman, ondervoors­itter en bestuurder vir Afrika van AGCO, Martin...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa