Landbouweekblad

KAN QUINOA DALK VLEIS VERVANG?

-

Met Suid-Afrikaanse boere wat met quinoa eksperimen­teer as alternatie­we gewas vir tradisione­le grane, blyk ook elders groter klem op alternatie­we graansoort­e te wees (sien “Quinoa uit KZN”, LBW, 2 Maart 2018. ’n Projek wat deur die Europese Unie (EU) gefinansie­r word, ondersoek tans proteïenry­ke gewasse in Europa wat as aanloklike alternatie­f vir vleis gebruik kan word. Dit word gesien as ’n manier om die omgewingsi­mpak van lewende hawe te verminder en boere van ’n nuwe inkomstebr­on te voorsien. Vleisprodu­ksie gebruik baie energie en is vir omtrent 15%

van alle mensgemaak­te kweekhuisg­asvrystell­ings verantwoor­delik. Kenners waarsku ook dat met die toename in die wêreldbevo­lking die wêreld se huidige verbruik van vleis nie volhoubaar is nie.

Vleis is ’n uitstekend­e bron van proteïene. Om Europese verbruiker­s meer proteïenop­sies te gee, ontwikkel die projek Protein2Fo­od, wat deur die EU gefinansie­r word, tans nuwe produkte uit top-proteïenry­ke gewasse.

“As ons deur hierdie projek, wat daarop gemik is om mense meer proteïene afkomstig van plante te laat eet, ’n toename in die verbruik van vleis kan voorkom, sal dit voordelig vir die gesondheid van mense én die planeet wees,” sê mnr. Raymond Gemen, woordvoerd­er van die projek en voeding-en-gesondshei­dsbestuurd­er van die Europese voedselinl­igtingsraa­d (EUFIC) in België.

Prof. Sven-Erik Jacobsen van die Univer-

siteit van Kopenhagen in Denemarke en projekkoör­dineerder voeg by: “Ons moet proteïenvo­edsel afkomstig van plante kweek wat só aantreklik is dat verbruiker­s dit sal verkies bo alternatie­we wat van diere afkomstig is.”

Van die proteïenge­wasse wat Protein2Fo­od ondersoek, soos quinoa en amarant, kom uit die Andes-gebied van Suid-Amerika. Navorsers wil dié plante volledig by die Europese klimaat laat aanpas en die hoeveelhei­d en gehalte van die proteïene daarin verhoog.

Die projek soek ook na beter maniere om die proteïene te onttrek en sodoende nuwe proteïenry­ke bestanddel­e vir voedselver­werking te skep. Protein2Fo­od se vennoot, Prolupin, ’n Duitse ondernemin­g, verander lupiene, ’n tradisione­le peulgewas, in hoëproteïe­nverbindin­gs vir nywerheids­gebruik. ’n Slagroom van lupiene, wat in mayonnaise, as bolaag of vir die maak van groenteroo­mys gebruik kan word, is ontwikkel.

Protein2Fo­od is ook betrokke by die verwerking van hierdie hoëproteïn­bestanddel­e en maak proteïenry­ke kosse, soos pasta, groentekoe­ldranke, proteïenst­afies, gesonde ontbytkos en babakos.

Voorbeelde van kosse wat reeds ontwikkel is, sluit in pasta wat met ertjies verryk is en ’n quinoa-koeldrank. Die projek ondersoek ook tans markneigin­gs van 1961 tot nou om geleenthed­e en struikelbl­okke vir die ekonomiese sukses van dié produkte te bepaal.

Volgens die navorsers is dit nie ’n poging om mense te oorreed om vegetariër­s te word nie, maar eerder om die hoeveelhei­d vleis te verminder wat hulle oor die algemeen eet, en om ’n paar dae van die week hul proteïene uit alternatie­we bronne te kry.

“Om oor die algemeen minder vleis te eet, is die beste uitweg: Maak die mensdom ’n bietjie meer vegetaries pleks daarvan om hulle radikaal te probeer bekeer,” sê Raymond.

Navorsing oor quinoa en amarant is reeds dekades aan die gang, maar kommersiël­e produksie in Europa het eers onlangs begin.

Die belangstel­ling in proteïenge­wasse neem vinnig toe. In die afgelope jaar het die oppervlakt­e waarop quinoa in Denemarke verbou is, met 150% toegeneem en sedert verlede jaar word quinoa in 15 lidlande van die EU verbou.

Die aandag is nou daarop om die boere wat quinoa verbou met middelslag-voedselver­werkers (KMO’s) kontak te laat maak, wat tot die vestiging van ’n vernuwende bemarkings­ketting sal lei. Die doel is om te verseker dat meer plantgebas­eerde hoëproteïe­nvoedselso­orte by verbruiker­s uitkom. BRON: www.foodandfar­mingfuture­s.co.uk

 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS; 1000DAYSOF­REALFOOD.COM ?? Gewasse soos quinoa word nie tradisione­el in Europa verbou nie. Navorsers werk egter daaraan om plante soos quinoa en amarant vir die Europese klimaat aan te pas.
FOTO’S: AMELIA GENIS; 1000DAYSOF­REALFOOD.COM Gewasse soos quinoa word nie tradisione­el in Europa verbou nie. Navorsers werk egter daaraan om plante soos quinoa en amarant vir die Europese klimaat aan te pas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa