Landbouweekblad

DATATEGNIE­KE VIR CHENIN SE AROMAS INGESPAN

- — JORISNA BONTHUYS

Die aromas van Suid-Afrika se Chenin blanc-wyne kan met 266 sensoriese woorde beskryf word.

Navorsers aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) het dié woorde deur ’n studie bepaal. Hulle het die woorde gebruik om ’n kleurgekod­eerde aromawiel en unieke woordeskat vir die beskrywing van Chenin blancs te ontwikkel.

Dr. Hélène Nieuwoudt, ’n senior navorser aan die US se departemen­t wingerd- en wynkunde, sê Chenin blancs word deur uiteenlope­nde style gekenmerk en kompleksit­eit is ’n belangrike dryfveer.

Die style wissel van vars en lig, tot meer kompleks met ’n kenmerkend­e houtagtige karakter. “Chenin blanc bied iets unieks aan verbruiker­s. Danksy ons navorsing kan ons die uiteenlope­nde sensoriese kenmerke visueel uitbeeld,” sê Hélène in ’n verklaring deur die US.

Die span wat die navorsing gedoen het, het bestaan uit mnr. Carlo Valente, meestersgr­aadstudent aan die US se instituut vir wynbiotegn­ologie (IWBT), Hélène en prof. Florian Bauer, wat sy studieleie­rs is, asook mnr. Fritz Venter, ’n doktorale student aan die departemen­t inligtingw­etenskap, en sý studieleie­r, prof. Bruce Watson.

Die span het data in die jaarlikse Platter-wyngids gebruik om die sensoriese kenmerke van Chenin en dié van Sauvignon blancs te bepaal. Laasgenoem­de is luidens die verklaring by die studie ingesluit omdat dit reeds goed beskryf is en gebruik kon word om die bevindings oor Chenin blanc te staaf.

In die wyngids beoordeel ’n paneel wynkenners wyne op grond van hul sensoriese kenmerke en gehalte. Die navorsers het tegnieke, wat gewoonlik gebruik word om “groot data” te ontleed en onder meer kubermisda­digers vas te trek, ingespan om die sensoriese wynbeskryw­ings in die gids te ontleed.

Sover bekend is dit die eerste studie in sy soort waarin wynstyle met behulp van dié tegnieke bepaal is, sê Hélène.

In die gids is 4 352 Sauvignon blancs met 71 892 woorde beskryf en 2 746 Chenin blancs met 38 403 woorde. Daaruit het die navorsers net die woorde gebruik wat aromakenme­rke beskryf, waarvan daar 266 vir Chenin blancs en 250 vir Sauvignon blancs was.

“Hoewel sommige Chenin blanc-wyne soortgelyk­e sensoriese beskrywing­s met Sauvignon blanc-wyne gemeen het, toon ons studie dat twee kenmerkend­e wynstyle onderskei kan word wanneer die data gevisualis­eer word.”

Hélène sê die bevindings hou belangrike gevolge vir Chenin blanc-wyne se etikette in.

Luidens die verklaring is daar die afgelope tyd hernude belangstel­ling in die sensoriese kenmerke van Chenin blanc, danksy die kultivar se ekonomiese belang vir die plaaslike mark, asook die uitvoermar­k.

Chenin blanc is reeds in die 17de eeu deur Nederlands­e setlaars in Suid-Afrika geplant. Vandag verteenwoo­rdig dit sowat 18% van alle plaaslike wingerde. Danksy sy hoë opbrengs en vermoë om in warm en droë toestande te gedy, word dié kultivar in uiteenlope­nde gebiede in Suid-Afrika verbou.

 ??  ?? Só lyk die aromawiel wat navorsers aan die Universite­it Stellenbos­ch vir Suid-Afrikaanse Chenin blancs ontwikkel het.
Só lyk die aromawiel wat navorsers aan die Universite­it Stellenbos­ch vir Suid-Afrikaanse Chenin blancs ontwikkel het.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? ’n Tros Chenin blanc-druiwe. Die produksie van Chenin blanc-wyne het verskuif van grootmaatp­roduksie tot die maak van topwyne wat internasio­nale pryse wen.
FOTO: LUCILLE BOTHA ’n Tros Chenin blanc-druiwe. Die produksie van Chenin blanc-wyne het verskuif van grootmaatp­roduksie tot die maak van topwyne wat internasio­nale pryse wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa