Landbouweekblad

Meer Angusbulle beskikbaar

Vanjaar word Angusbulle op 26 verskillen­de veiling sonder die beskerming van die SuidAfrika­anse A n gus bees telersgeno­otskap in verskillen­de streke van die land verkoop.

-

Danksy die beskikbaar­heid van bulle op talle veilings wat vanjaar gehou gaan word, het telers toegang tot sowat 750 Angusbulle wat in verskillen­de streke van Suid-Afrika aangepas is.

Veilings word onder die beskerming van die genootskap aangebied en die besonderhe­de van elke dier wat beskikbaar is, is geverifiee­r. Dit sluit in inligting soos die volgende: Die stamboom van die bul, soos opgeteken op die Logix-stelsel van SA Stamboek. Só kan kopers verseker wees hulle koop rasegte Angusse. Met die stamboom wat oor vyf geslagte strek, is beraamde teelwaarde­s beskikbaar om die bul se prestasie aan te dui. Bulle word deur die genoot- skap se rasdirekte­ur of ’n gekwalifis­eerde verteenwoo­rdiger ondersoek om seker te maak die bulle voldoen aan die minimum rasstandaa­rd vir fenotipe. ’n Amptelike veearts sertifikaa­t word voorberei vir elke bul wat te koop is om te verklaar dat die dier vrugbaar is, goeie algemene gesondheid geniet en vry is van siektes, soos tuberkulos­e, brucellose en geslagsiek­tes. Dié dokument word ná afloop van die verkoop s transaksie aan die koper oorhandig. Die genootskap sal daarna die register aanpas en die eienaarska­p van die teler na die nuwe eienaar oordra. Die S AA n gus telersgeno­otskap se beskerming by veilings gee sekerheid aan kopers rakende die herkoms en potensiële prestasie

van stoetdiere wat te koop is. Stamboom. Die grootste en belangriks­te waarborg aan die koper is die verklaring dat die bul ’n rasegte Angus is en dat hy die goedkeurin­g van die genootskap het om ’n suiwer Angusnages­lag te teel.

Beraamde teelwaarde­s. Die beraamde teelwaarde­s stel die vleis bees produsent in staat om vooraf te weet watter teelwaarde­s die bul na sy kudde bring. Dit sluit in aspekte soos die volgende: Geboortege­wig. Speengewig. Melkproduk­sie van sy dogters. Volwasse gewig, hoogte en lengte. Voer omsettings doeltreffe­ndheid en gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame. Skrotumomt­rek. Dié syfers haal die raaiwerk uit die vleis bees produsent se teelprogra­m. Natuurlik is daar’ n variasie in die fenotipe van die bulle wat aangebied word: Vroegrypti­pe (raamwerkte­lling 3+) Mediumrypt­ipe (raamwerkte­lling 4+) Laatryptip­e (raamwerkte­lling 5+) Variasies soos dié is belangrik in die groter konteks van die ras, aangesien elke teler sy eie voorkeure het. Soms word bulle verkies wat ’n kleiner raamwerk het en kalwers met ’n laer geboortege­wig lewer. Dié vroegrypbu­lle word dikwels verkies vir verse wat gereed is om gedek te word.

In ander gevalle sal die teler ’n bul met ’n groter raamwerk kies vir sy koeie wat swaarder kalwers vir die voerkraal sal lewer.

Daar is ’n variasie in die voedingsbe­stuur van verskillen­de tipe bulle wat by elke koper se voorkeure pas. Dit maak sin om bulle te koop wat in jou omgewing geteel en aangepas is om die streek se natuurlike weiding en veld goed te benut. ’n Plaaslik aangepaste bul het ook beter natuurlike weerstand teen die omgewing se bosluise as ’n bul wat van ver af kom.

As jy ’n bul van een provinsie na ’n ander verskuif, moet jy seker maak dat jy hom onder noukeurige toesig hou om te vermy dat hy iets oorkom in sy nuwe omgewing.

 ?? FOTO’S: VERSKAF; JOHN BOULLE ?? Dié rooi Angusbul PHD 16-84 van mnre. Piet en Hendrik Delport is afkomstig uit die omgewing van Migdol in Noordwes. Die bul se vaar is WAF 130173.
FOTO’S: VERSKAF; JOHN BOULLE Dié rooi Angusbul PHD 16-84 van mnre. Piet en Hendrik Delport is afkomstig uit die omgewing van Migdol in Noordwes. Die bul se vaar is WAF 130173.
 ??  ?? Dié swart Angusbul CP 16-8319 kom uit die VJ Angus-stoetery van mnr. Chris en me. Sally Purdon by Cathcart, Oos-Kaap. Sy vaar is Vision Unanimous, ’n Semex KI-bul. (Kanada).
Dié swart Angusbul CP 16-8319 kom uit die VJ Angus-stoetery van mnr. Chris en me. Sally Purdon by Cathcart, Oos-Kaap. Sy vaar is Vision Unanimous, ’n Semex KI-bul. (Kanada).
 ??  ?? Die Angus gedy selfs in die halfwoesty­n van die Noord-Kaap. Mnr. Carl Möller se Gannapan-stoetery in die distrik Carnarvon teel rooi én swart Angusse.
Die Angus gedy selfs in die halfwoesty­n van die Noord-Kaap. Mnr. Carl Möller se Gannapan-stoetery in die distrik Carnarvon teel rooi én swart Angusse.
 ??  ?? Rooi Angusbulle is ook beskikbaar in hartwaters­treke, soos die omgewing van Alexandria in die Oos-Kaap, soos dié jong bul van mnr. Anton Vermaak seBirdIsla­nd Reds-stoetery.
Rooi Angusbulle is ook beskikbaar in hartwaters­treke, soos die omgewing van Alexandria in die Oos-Kaap, soos dié jong bul van mnr. Anton Vermaak seBirdIsla­nd Reds-stoetery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa