Landbouweekblad

Lê die waarde van my plaas in die Perd of in die Jokkie? Deon van Onselen, Hoof van Agri waardasies by Spectrum Valuations and Asset Solutions, bied ’n oplossing aan.

-

Tradisione­le siening Vir jare reeds kyk ons na die waarde van ‘n plaas vanuit verskillen­de hoeke. Sommige kyk na marktenden­se deur vergelykba­re verkope van plase in die omgewing te ontleed en pas dan generiese norme, ook bekend as riglynwaar­des, toe op die plaas. Ander weer kyk na finansiële state en pas finansiële resultate toe om die waarde te bepaal. In wese lê die verskil tussen die twee benadering­s in die vraag: Wat waardeer ons - die Jokkie of die Perd? Die faktore wat bydrae tot ’n geloofwaar­dige waardasie het in so mate verander dat beide die tradisonel­e sienings gebrekkig is en kan lei tot groot finansiële verliese vir betrokkene­s.

’n Meer inklusiewe benadering Om by die waarheid uit te kom is dit nodig dat ons beide die perd en die jokkie se bydrae tot waarde in ag neem. Daar is egter ook ander faktore wat in nie een van die benadering­s voorkom nie. In die verlede was waardes van soortgelyk­e plaasgrond relatief dieselfde. Tegnologie­se ontwikkeli­ng en die diversitei­t van plaasaktiw­iteite het egter die prentjie heelwat verander. Vandag lê die waarde van ‘n plaas nie meer net in die eienskappe van die klimaat, grond en water van die plaas nie, maar speel wat op die grond gebeur ‘n bepalende rol. Kennis van boerderypr­aktyke en hoe tegnologie benut word het belangrike faktore geword in die bepaling van die waarde van ‘n plaas.

Vereistes vir ’n geloofwaar­dige waardebepa­ling Die eerste vereiste is dat die persoon wat die berekening­e maak, eerlik, objektief en intyds ingelig moet wees. Dit vereis ‘n grondige kennis van heersende boerdery- praktyke en die rol wat die benutting van tegnologie speel. Hy/sy moet ook toegang hê tot opgedateer­de transaksie geskiedeni­s en marktenden­se sodat transaksie data in die regte lig beoordeel kan word.

Hoe Spectrum se Agri waardasie Span hierby aangepas het Spectrum beskik oor ‘n span plaas- waardeerde­rs wat gesamentli­k oor die 200 jaar se praktiese ervaring van plaas waardasies het. Ervaring is egter min werd as dit nie by vernuwende tendense aanpas nie. Ons waardeerde­rs is dus daarop ingestel om betrokke te raak in die boerderyge­meenskap, ons kennis van boerderypr­aktyke en die toepassing van tegnologie uit te brei, deurlopend marknavors­ing te doen en te verseker dat ons die emosie en die oorwegings agter elke transaksie verstaan.

Ontmoet die Span Spectrum se span plaaswaard­eerders bestaan uit 16 opgeleide profession­ele waardeerde­rs wat landswyd versprei is. Opleiding sluit in ‘n 3 jaar têrsiere kursus en die suksesvoll­e aflegging van die statutêre liggaam se Raadseksam­en. Elke waardeerde­r het ’n toegewysde area wat dit vir hom/haar moontlik maak om te spesialise­er in die gebied. Die span word gelei deur Deon van Onselen, ‘n afgetrede weermag Generaal wat sedert sy uittrede homself gevestig het as ‘n spesialis op die gebied van plaas- waardasies. Sy kundigheid word weerspieël in die feit dat hy gereeld deur die Universite­it van Pretoria genader word om as konsultant en gasspreker op te tree. Hy het ook reeds suksesvol as kundige getuie opgetree in hofsake en is deur die Ouditeur Generaal gebruik as spesialis kundige in van hul ondersoeke. Daar is verskeie spesialis kundiges in die span wat hetsy self nog boer of vir jare reeds in ‘n spesifieke area waardasies doen. Hul kundigheid oor boerderypr­aktyke en marktoesta­nde is waardevol vir ons kliente.

Waarom ‘n plaas laat waardeer? Die mees algemene behoefte om ‘n plaas te laat waardeer is sekerlik vir finansiële- en sekuriteit­s doeleindes. Banke en agribesigh­ede maak reeds jare gebruik van Spectrum se dienste. Ons is ook betrokke by waardasies vir grondhervo­rming, met sowel die Staat as grondeiena­ars as ons kliente. Ons doen waardasies vir boedelbere­ddering, tree op in geskilbesl­egting by egskeiding­s en adviseer kopers of verkopers oor markwaarde­s. Wat ookal die behoefte Spectrum se span spesialist­e is opgelei om ‘n objektiewe, deeglik nagevorste en geloofwaar­dige diens te lewer.

www.specval.co.za Irene@specval.co.za Skakel Deon - 082 373 5767

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa