Landbouweekblad

BONNIEVALE SE KONFYTKONI­NGIN

Op Skoolplaas kook Heliëtte Smit konfyt, souse, smere en jellies en mense wat al haar tuisgemaak­te produkte geproe het, sê gereeld dit is die heel lekkerste.

-

Sedert 2009 bedryf Heliëtte Smit van Bonnievale Toeka tot Nou, haar konfytbesi­gheid. Dit is in haar plaaskombu­is op hul plaas Skoolplaas waar sy konfyt kook dat die stoom trek.

Sy werk op vier gasstofies op ’n spesiale lae tafel wat haar seun vir haar gemaak het toe hy nog op skool was – in seisoentyd tot vyf dae per week. Sy kook konfyte, jellies en slaaisouse van omtrent enige vars produk – druiwe, tamaties, pynappels, rissies, noem maar op – en verkoop dit aan padstalle tot aan die Weskus.

“Ek het drie kinders binne twee en ’n half jaar gehad. Ek was dus heeltemal uit die mark en boonop B.C.( before computers). Daarom het ek op klein skaal begin konfyt kook. Ek sal in my boeke moet gaan kyk hoeveel vrugte en groente ek nou verwerk, maar ek kan jou sê ek het verlede jaar 13 000 glasbottel­s (van 260 ml elk) aangekoop en gevul.”

Heliëtte en Jannie, haar man met wie sy al 37 jaar getroud is, het mekaar deur Landbouwee­kblad se “Opsitkers” ontmoet. Hul jongste seun, Russouw, is nou ook al op die plaas betrokke. Hulle verbou appelkose, groentesaa­d, botterskor­sies, skorsies, wyndruiwe en uitvoerpru­ime. Hul middelkind, Kowie, is bestuurder op die buurplaas Janharmsga­t. Hul dogter, Hilandi, sê graag haar ma maak “rof-en-tjommel-kos” omdat sy nie ’n resep volg nie, maar suiwer op gevoel kook. Die meeste kos in hul huis – selfs die kouevleise, brood en kleinkoeki­es – word tuisgemaak.

 ??  ?? Heliëtte Smit (links) en Elma Postma in Skoolplaas se plaaskombu­is. Heliëtte het vir Elma geleer hoe om appelpoffe­rtjies en sneeupoedi­ng te maak.
Heliëtte Smit (links) en Elma Postma in Skoolplaas se plaaskombu­is. Heliëtte het vir Elma geleer hoe om appelpoffe­rtjies en sneeupoedi­ng te maak.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa