WEER SIEKTE SÓ AF
BOERE kan dit nie bekostig om nié hul vee in te ent nie nadat ’n geval van slenkdalkoors in die Kimberley-omgewing aangemeld is. Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouer veterinêre Vereniging van Suid-Afrika( Ru VAS A ), sê in sy April verslag oorsiektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is, dit is riskant om skape, bokke en beeste nie in te ent nie aangesien grootskaalse verliese en veral aborsies kan volg.
Prof. Gareth Bath van die adviesliggaam vir kleinvee gesondheid sê niemand kan seker wees van die uitwerking van die volgende somerreën nie. “Dus kan niemand uitbrekings of verliese voorspel nie. As almal vir verdere uitbrekings wag voordat hulle inent, kan daar erge verliese wees aangesien Onderstepoort Biologiese Produkte, wat entstowwe vervaardig, te doen kan kry met ’n oorweldigende vraag na entstof waarin hy dalk nie sal kan voorsien nie. Die maak en toets van entstowwe is ’n lang, veeleisende proses wat nie oornag miljoene dosisse kan lewer nie.”
Om risiko’s te verlaag, behoort alle nie-dragtige herkouervee in die winter ingeënt te word. Vir langtermyn sekerheid moet alle vervanging s vee elke jaar voor die teeltyd as ’n minimum vereiste ingeënt word aangesien doeltreffende immuniteit in die meeste gevalle waarskynlik lewenslank sal wees.
Boere word ook aangeraai om ’n veearts te kontak om oor die risiko, korrekte entstowwe en die beste inentingspogram vir ’n betrokke plaas te besluit.
Malan sê die bekamping van beesbrucellose behoort altyd in veeboere se gedagtes te wees. Hulle moet altyd seker maak hul hekke en heinings is in ’n goeie toestand om besmetting van buite te voorkom.
Ander maatreëls wat voortdurend getref moet word, is die ontsmetting van voertuie wat op die plaas aankom, die dra van beskermende klere en die sterilisering van toerusting wat by vee gebruik word. Veeartse help boere graag om volledige bekamping s maatreël sinte stel.