Landbouweekblad

FYNBOS-MEDISYNE TOENEMEND GEWILD

- — JOHAN NORVAL

Die vraag na kruie en natuurlike gesondheid s produkte neem vinnig toe. Dié vraag na kruieprodu­kte stel selfs klein maatskappy­e in staat om meer mense in diens te neem en uit te brei. Talle eenmansake versend sulke produkte per koerier na kopers.

Me. Karin McCann, besturende direkteur van die ondernemin­g Cape Kingdom Nutraceuti­cals in Kaapstad, is dit eens dat die kruiemark lewensvatb­aar is – ten spyte van ’n strawwe ekonomie wat kopers se besteding beperk.

“Daar is ’n besliste neiging onder ’n groot deel van die publiek wat nie meer gesondheid­sprobleme met net chemiese medisyne wil regstel nie. Hulle maak aanpassing­s aan hul lewenstyl om deur die inname van aanvullend­e kruiemidde­ls siektetoes­tande te voorkom,” sê sy.

Haar maatskappy, wat uitsluitli­k op die gebruik van boegoe in produkte vir mens en dier klem lê, het die afgelope boekjaar aansienlik gegroei. Dit is vanweë sterk buitelands­e belangstel­ling in Oosterse lande, soos China en Korea, in dié fynbosplan­t. Boegoe groei endemies in net ’n dun strook in die Suidwes-Kaap vanaf die Paarl tot Clanwillia­m. Cape Kingdom Nutraceuti­cals voer reeds produkte na Amerika en lande in die Europese Unie uit.

Volgens McCann is dit belangrik dat Suid-Afrika se endemiese kruie-erfenis beskerm word. Derhalwe het die maatskappy ’n ooreenkoms met die San- en Khoi-gemeenskap waardeur erkenning gegee word vir hul tradisione­le kennis van boegoe. Saam met die Departemen­t van Omgewingsa­ke en ander vennote verseker die maatskappy dat die erfenis van hierdie endemiese plant beskerm en bewaar word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa