Landbouweekblad

Oesskattin­g: Mielie-oes nóg groter

- — NICO VAN BURICK en ALANI JANEKE

TERWYL die strooppros­es van mielies in die somerreëns­treke nou volstoom aan die gang kom en tot in Julie sal duur, het die Nasionale Oesskattin­gskomitee (NOK) die verwagte kommersiël­e oesskattin­g met ongeveer 81 800 ton verhoog tot 12,909 miljoen ton.

Die geskatte oes is 23% kleiner as verlede jaar se oes, wat op 16,820 miljoen ton die grootste oes tot nog toe was.

Die drie belangriks­te mielieprod­userende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 81% van vanjaar se oes oplewer, sê die NOK.

Graan SA sê in ’n produksie-opname goeie oeste word in die algemeen in die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en die Noord-Kaap verwag.

Mielies wat laat geplant is in distrikte, soos Sannieshof, Schweizer-Reneke en Delareyvil­le in Noordwes, het rypskade gekry. Die graad van die skade sal egter eers teen strooptyd bepaal kan word.

Graan SA verwag oor die algemeen ondergemid­delde tot gemiddelde mielie-oeste in Noordwes, want die produksiej­aar het moeilik begin, met droogte- en hitteskade.

Die skatting van die oppervlakt­e onder mielies is 2,319 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,57 t/ha is.

Die produksies­katting vir wit mielies is 6,701 miljoen ton en die opbrengs word op 5,28 t/ha geraam.

Vir geel mielies is die produksier­aming 6,207 miljoen ton met ’n opbrengs van 5,91 t/ha.

STROOP VAN SOJA, SONNEBLOMM­E

In die somerreëns­treke het die meeste boere reeds hul sojabone klaar gestroop, terwyl die stroop van sonneblomm­e ver gevorder het. Die NOK het sy skatting vir sonnebloms­aad onverander­d gelaat op 792 255 ton, met ’n opbrengs van 1,32 ton/ha.

Die raming vir sojabone is ook onverander­d op 1,430 miljoen ton – die grootste oes wat tot nog toe in die geskiedeni­s van Suid-Afrika gelewer is.

Die geskatte oppervlakt­e beplant met sojabone is 787 200 ha en die verwagte opbrengs is 1,82 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is met 15,14% of 12 200 ton afwaarts aangepas. Vir grondbone is die oppervlakt­eskatting 56 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,21 t/ha is.

Graan SA sê in sy oorsig sojaboonoe­ste is wisselvall­ig, met gemiddelde tot bogemiddel­de oeste in sommige dele van die Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

In Noordwes was sowat 70% van die sojabone verlede week klaar gestroop en die oeste is tot dusver gemiddeld tot ondergemid­deld. Boere in die Noord-Kaap en dele van die Oos-Vrystaat het laer as verwagte opbrengste aangeteken.

Ryp het in dele van Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga voorgekom. Beperkte skade is aangemeld by sonneblomm­e wat nog in die blomstadiu­m was.

In Limpopo vorder die strooppros­es stadig en oeste op droëland is in die algemeen ondergemid­deld. Sclerotini­a het skade aan son-

neblom- en sojaboonaa­nplantings in Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga veroorsaak.

Skade weens die voorkoms van Alternaria is ook in die sentrale en noordweste­like dele van die Vrystaat aangemeld.

WES-KAAPSE BOERE PLANT IN GELOOF

In die Wes-Kaap het talle boere reeds hul wintergraa­n geplant, met saad wat tans in die grond lê en wag op reën, sê Graan SA.

Volgens die organisasi­e se opname in die provinsie wissel weerstoest­ande van droog tot baie droog in die oostelike dele van die Suid-Kaap en die noordelike dele van die Swartland.

Sommige boere in die Overberg is byna klaar geplant, terwyl ander besluit het om nie verder te plant tensy hulle reën kry nie.

“Van die graan het al opgekom, ander kom nou op en ander lê in die grond. Daar is ook graan wat begin opkom het, maar gevrek het weens die droë en warm toestande,” luidens die opname.

Die organisasi­e sê toestande lyk taamlik gunstig in die suidelike dele van die Swartland en die graan kom mooi op.

Boere vorder goed met die aanplantin­g van kanola, lupiene en gars en is in sekere gebiede reeds klaar geplant. Op sekere plekke moet heelwat koring nog geplant word. Boere is bekommerd oor reën, aangesien die einde van die optimale planttyd al hoe nader kom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa