Landbouweekblad

Slenkdalko­ors: Ent nou!

- — JOHAN NORVAL

VEEBOERE is gewaarsku om betyds voorkomend­e maatreëls te tref ná ’n geïsoleerd­e voorval van slenkdalko­ors in die Vrystaat.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m (NAHF), sê ná die onlangse amptelike kennisgewi­ng oor ’n uitbreking van slenkdalko­ors in die omgewing van Jacobsdal moet boere besef dit is riskant om nie skape, bokke en beeste in te ent nie, aangesien grootskaal­se verliese en veral aborsies kan volg.

Volgens Vervoort is geen nuwe gevalle van die siekte die afgelope week aangemeld nie. “Ons is onkant betrap deur die berig oor dié voorval van die siekte, aangesien dit aan die einde van die reëntyd in die sentrale binneland is,” sê hy. “Die vorige keer toe slenkdalko­ors aan die einde van die somer voorgekom het, was die uitbreking daarvan in die daaropvolg­ende reëntyd katastrofi­es.”

Vervoort het veeboere aangemoedi­g om hul kuddes betyds in te ent sodat ’n groot dierebevol­king met goeie immuniteit teen slenkdalko­ors enige moontlike verspreidi­ng van die siekte kan keer.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, sê hoewel dit nog te vroeg is om juiste voorspelli­ngs vir die nuwe reëntyd te maak, kan ’n El Niño-verskynsel in die binneland voorkom, wat tot ’n midsomerdr­oogte kan aanleiding gee.

Dit beteken die gevaar van siektes wat met nat toestande verband hou, word beperk. Hy waarsku egter dat goeie reënneersl­ae in die voorsomer van September en Oktober vanjaar die pan- en damvlakke kan aanvul. Dit is die ideale teelaarde waar muskiete uitbroei sodra dit warmer word.

Prof. Gareth Bath, voorsitter van die veewelsyn-koördineri­ngskomitee, waarsku as alle boere op verdere uitbreking­s wag voor hulle hul diere inent, kan kwaai verliese voorkom. Dit is omdat Onderstepo­ort Biologiese Produkte, wat die entstof vervaardig, dalk nie in die oorweldige­nde vraag na entstof sal kan voorsien nie. Volgens hom is die maak en toets van entstof ’n veeleisend­e proses wat nie op kort kennisgewi­ng tot miljoene dosisse verhoog kan word nie.

Om die risiko te verlaag, behoort alle nie-dragtige herkouerve­e in die komende winter ingeënt te word. Vir sekerheid op langer termyn moet alle vervanging­svee voor dektyd elke jaar ingeënt word, aangesien doeltreffe­nde immuniteit in die meeste gevalle waarskynli­k lewenslank sal wees.

“Boere word sterk aangeraai om hul plaaslike veeartse te raadpleeg om oor die risiko, die gebruik van die regte entstowwe en om op die beste inentingsp­ogram vir hul plaas te besluit,” sê Bath.

Volgens die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het 8 800 diere in 2010 weens die siekte gevrek en ’n verdere 3 600 van Januarie tot Augustus 2011.

Sowat 26 van die 275 mense wat die siekte opgedoen het, het gesterf, sê die departemen­t.

 ??  ?? Dr. Pieter Vervoort
Dr. Pieter Vervoort

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa