Landbouweekblad

Só werk landbou vir veiliger plase

- — NICO VAN BURICK

TLU SA het verlede week die sluier gelig oor sy eie toepassing van ’n nasionale landbouvei­ligheidstr­ategie (NLVS) wat deur al vier nasionale landbou-unies goedgekeur is.

Dit is ter ondersteun­ing van die polisie se eie landelike veiligheid­strategie wat op 1 April in werking getree het.

Die NLVS is vroeër vanjaar binne die Eenheidsfo­rum vir die Landbou (Asuf) voorgelê en deur Agri SA, die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa), TLU SA en die National African Farmers’ Union (Nafu) goedgekeur.

“Daar is nou die potensiaal vir ’n eenvormige benadering,” sê mnr. Henry Geldenhuys, ondervoors­itter van TLU SA en ook voorsitter van dié organisasi­e se veiligheid­skomitee. “Ons het reeds ’n versoek tot mnr. Bheki Cele, Minister van Polisie, gerig om die veiligheid­strategie met hom te bespreek.”

Die strategie maak onder meer voorsienin­g daarvoor dat plaaslike sekerheids­maatskappy­e betrek word om veiligheid­smaatreëls aan te vul en om plaaslike forums te benut waarin alle belanghebb­endes by veiligheid betrek word.

OP GRONDVLAK

Genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuu­rder van TLU SA, sê gemeenskap­sveilighei­dskomitees (GVK’s) op grondvlak sal bestaan uit onder meer die polisie, private sekerheids­dienste, verkeerspo­lisie, die brandweer, korrektiew­e dienste, jagen

skietveren­igings, plaaswagte, boere, plaaswerke­rs en vredesbeam­ptes.

“Op plaaslike vlak sal die GVK’s verantwoor­delik wees om inligting in te samel, operasies uit te voer en tegniese steun te verskaf. Alle misdade wat volhoubare en winsgewend­e landbou bedreig — van geweldsmis­dade en roof tot veediefsta­l en ander diefstal, betreding, onwettige besettings, brandstigt­ing en selfs onwettige protesoptr­ede — word daarby ingesluit.”

Volgens Van Zyl het TLU SA met projekte by Muldersdri­ft en Cullinan buite Pretoria, Dullstroom, Mokopane, Lichtenbur­g, Utrecht en Barkly-Oos begin om te kyk watter lesse daar te leer is. Die doel daarvan is ook om die NLVS te hersien indien nodig, ’n bewustheid sywaarts en opwaarts te skep, materiaal vir ’n gids oor veiligheid in te samel en voorbeelde aan die media en landboubes­igheidsekt­or te kan voorhou.

INTEGRASIE

Die NLVS maak ook voorsienin­g vir skakeling op verskillen­de vlakke, soos met staatsdepa­rtemente op ministerië­le vlak, ’n ministerië­le adviesraad waarby landbou-unies ook betrek is en ’n sekretaria­at wat die onderskeie rade bystaan met inligting, openbare skakeling en administra­sie.

Oor die polisie se eie veiligheid­strategie sê Van Zyl op papier is dit ’n groot stap vorentoe en daar is baie gunstige aspekte.

“Ek is net bekommerd in watter mate dit op plaaslike polisiekan­toorvlak moontlik gaan wees om plaasaanva­lle as voorrangsa­ak te hanteer saam met ander misdade wat ook voorrang moet geniet. Ek sou graag wou hê dat daar ten minste versterkin­gs kom vir die gebiede met ernstige misdaadvla­kke, maar selfs dit gebeur nie.”

Volgens TLU SA se statistiek­e is vanjaar reeds 23 moorde in 157 plaasaanva­lle gepleeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa