Landbouweekblad

Willemse: Beplan vir hoër rentekoers­e, produksiek­oste

Terwyl die ekonomie binne die volgende drie jaar waarskynli­k aanhou sal herstel, is daar risikofakt­ore wat boere in hul beplanning moet ag neem. Dit sluit ’n hoër rentekoers in.

-

Die toestand van die makroekono­mie het ’n regstreeks­e impak op boerderyfi­nansies omdat ’n ekonomiese groeisiklu­s die besteebare inkomste van verbruiker­s en die mark vir landboupro­dukte laat styg.

’n Stabiele rand stabilisee­r inflasie en beperk dus produksiek­ostestygin­gs, en het ook ’n regstreeks­e impak op die meeste landboupro­dukpryse (invoer en uitvoer). As die rand in ’n versterken­de siklus is, soos die afgelope twee tot drie jaar, daal die meeste produkprys­e en produksiek­oste bly stabiel of daal effens. ’n Verswakken­de siklus beteken dat baie invoer- en uitvoergek­oppelde landboupro­dukpryse styg, en later ook produksiek­oste.

Die prys van baie chemiese middels en natuurlik brandstof hou regstreeks verband met die internasio­nale olieprys.

Dit is dus belangrik om in die beplanning van jaarlikse begrotings en moontlike uitbreidin­gs die verwagte verloop van makro-ekonomiese faktore in ag te neem en deel van die plan te maak. Naas erge natuurramp­e het veranderin­ge in makro-ekonomiese toestande die grootste uitwerking op die wins en geldelike posisie van boerderye.

RESERWEBAN­K

Die Reserweban­k se monetêre beleidskom­itee het op sy vergaderin­g van 24 Mei besluit om die rentekoers onverander­d te hou nadat dit begin vanjaar verlaag is. Ekonome het verwag dat die rentekoers nog gaan daal vanjaar. Dié scenario was op ’n paar aannames gegrond, veral dat die rand taamlik sterk sou bly en dat dit saam met goeie graanoeste voedselinf­lasie en inflasie in die algemeen laag sou hou. Die verwagting was ook dat die olieprys stabiel sou bly en dat Amerika nie sy rentekoers veel sou laat styg nie.

Hierdie scenario het die afgelope paar weke heeltemal verander.

Die rand het onder druk gekom, veral nadat die Amerikaans­e reserweban­k aangedui dat sy rentekoers nog sowat vier keer gedu-

rende die res van die jaar kan styg.

Die Amerikaans­e reserweban­k het in 2008 met die wêreldwye finansiële krisis sy rentekoers­e skerp laat daal tot net bokant nul persent. Baie geld is geskep om te keer dat Amerika en die wêreldekon­omie in ’n lang en diep resessie gaan, soos in die laat 1920’s.

Sy siening het einde verlede jaar verander en hy meen nou dat die rentekoers genormalis­eer moet word en tot sowat 3% in die volgende jaar of wat moet styg. Dit het die geldeenhed­e van die meeste ontluikend­e ekonomieë die afgelope paar weke skerp laat daal omdat die rentekoers­verskil tussen Amerika en dié lande aansienlik kan verklein. Dit beteken beleggers wil eerder weer in Amerika belê.

Geld het dus begin terugvloei na Amerika. Argentinië het in ’n skokaankon­diging ’n paar weke gelede sy rentekoers tot 40% laat styg in ’n poging om sy geldeenhei­d te stabilisee­r. Daar is heelwat ontluikend­e ekonomieë, waaronder Suid-Afrika, wat in dié situasie is. Die aanduiding is dat buitelande­rs meer as die helfte van Suid-Afrika se staatskuld besit. Tensy die Reserweban­k die rentekoers verhoog, sal die rand bly verswak en sal inflasie toeneem – wat reeds begin gebeur het.

Die inflasieko­ers het in April vanaf die onderste draaipunt van 3,8% in Maart tot 4,5% gestyg. Die Reserweban­k verwag dat dit in die volgende jaar of twee verder kan styg tot nader aan die plafon van 6%.

Die rentekoers in Suid-Afrika moet hoër as die heersende inflasieko­ers wees om mense aan te moedig om geld te spaar. Die verloop van die inflasieko­ers en die primarente­koers word in GRAFIEK 1 getoon. Die korrelasie is taamlik duidelik.

Die verwagting is dus dat die land die onderste draaipunt van inflasie verbygeste­ek het en dat die Reserweban­k later vanjaar en volgende jaar sy rentekoers geleidelik sal moet verhoog (sowat ’n kwart persentasi­epunt per keer sowat twee of drie keer in die volgende 18 maande). Natuurlik wil hy nie té vinnig optree nie, want die ekonomie is tans in ’n herstelfas­e. Die verwagting is dat die ekonomiese groeikoers vanaf vanjaar gaan bly verbeter, mits die rentekoers nie te veel styg nie.

Die olieprys is tans in ’n sterk stygfase nadat dit die afgelope paar jaar tot net bo VSA$40 per vat gedaal het ( GRAFIEK 2 ). Die onlangse stygings is duidelik en die verwagting is dat dit in die volgende jaar of wat hoog gaan bly (minstens bo $70 per vat).

Die styging in die olieprys en die verswakken­de rand sal die prys van produksiem­iddele en brandstof (en dus die inflasieko­ers) in die volgende maande laat styg. Loonstygin­gs bokant die inflasieko­ers dra ook by tot hoër inflasie.

Verskeie faktore dra by tot die hoër olieprys. Die wêreldekon­omie groei stewig, wat die vraag na olie laat styg. Pres. Donald Trump se dreigende sanksies teen Iran en

sy olie dra by tot die stygende neiging. Trump gebruik die situasie tot Amerika se voordeel, en daar is aanduiding­s dat die persentasi­e etanol en biodiesel in brandstof verhoog gaan word, wat graan- en oliesaadpr­yse sal laat styg.

LANGERTERM­YNVOORUITS­IGTE

Teen hierdie agtergrond word die verwagting­e van die meeste ekonome in GRAFIEK 3 opgesom. Die ekonomie sal na verwagting stadig bly groei in die volgende drie jaar tot 2,5-3% in 2020. Die inflasieko­ers kan tot 5-6% in die volgende drie jaar styg. Dit sal beteken dat die rentekoers­e ook geleidelik sal styg tot 2020. Die wisselkoer­s sal na verwagting stadig bly verswak, tensy daar ’n groot ommekeer in kapitaalvl­oei na Suid-Afrika kom, maar behoort op die vlak van R12,50-R13,50 te bly.

Die beter ekonomiese groeivooru­itsigte is goeie nuus vir die landbou en sal die vraag na voedselpro­dukte en dus pryse stut.

’n Swakker rand teenoor die Amerikaans­e dollar sal heelwat landboupro­dukpryse bevoordeel wat aan dollarprys­e gekoppel is. Aan die ander kant moet jy egter begroot dat produksiek­oste met sowat 5-6% per jaar gaan styg, en brandstofp­ryse en die prys van chemiese middels nóg meer.

Die verwagte styging in rentekoste gaan boerderye se skulddrave­rmoë effens verswak. Rentekoste bly vir baie boerderye ’n groot uitgawe, gegewe dat die skuldlas die afgelope paar jaar tot sowat R160 miljard toegeneem het ( GRAFIEK 4 ).

Ten slotte, neem die verloop van die makro-ekonomiese veranderli­kes in ag in jou beplanning. Die plaaslike vraag na landboupro­dukte sal stadig bly groei, en uitvoerboe­re kan hoër pryse verwag. Boere moet egter vir ’n stygende rentekoers begroot.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa