Veeteelt: Genomika nou akkurater, goedkoper
Die nuutste genomiese toetse gaan nie slegs bydra tot baie akkurater teelwaardes nie. Dit is ook aansienlik goedkoper sodat méér boere’ n aandeel in die volle waarde van die SuiderAfrikaanse vleis bees gen o mika projek( BG P) kan hê.
Die Suider-Afrikaanse vleisbeesgenomikaprojek (BGP) het ’n reusetree gegee – nie net in die rigting van groter akkuraatheid nie, maar ook groter bekostigbaarheid vir deelnemende boere en uiteindelik ’n groter wins in hul sak.
In die eerste ronde was die projek se klem op goeie data. Die SNP-toetse (enkelnukleotiede polimorfismes) wat daarvoor gebruik is, was teen meer as R2 000 per toets egter eenvoudig te duur vir die gewone boer.
Me. Izaan du Plooy is ’n tegniese adviseur van die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) wat ’n leidende rol in die BGP speel. Sy sê ná onlangse gesprekke in Nieu-Seeland met GeneSeek van Amerika wil die LRF die koste van die nuwe SNP-toetse op ’n bekostigbare vlak vir algemene gebruik in die bedryf kry.
Die SNP-toetse gaan ook meer vaderskaptoetse insluit, wat ’n akkurater diens is as die huidige (verouderde tegnologie) wat mikrosatelliete (DNS-merkers) gebruik. Die pryse van die nuwe toetse is in ’n finale onderhandelingstadium, maar dit sal vir boere goeie waarde vir geld bied.
“Ons moet ons as ’n stoetveebedryf só posisioneer dat ons oor die volgende drie jaar van mikrosatelliete na nuwe SNP-merkers beweeg,” sê sy. Hierdie wetenskap word reeds deur alle vooruitstrewende genootskappe oor die wêreld heen toegepas, want SNP’s is baie akkurater en gee veel beter resultate as die ou mikro satelliet toetse.
“Nuwe SNP-resultate verskaf terselfdertyd inligting wat vir die beraming van genomiese teelwaardes gebruik kan word. Die insluiting van genomiese inligting verhoog veral die akkuraatheid van jong diere se teelwaardes, asook die akkuraatheid van die moeilik meetbare eienskappe indien’ n verwysings bevolking geskep word. S NP-ontledings het ook die vermoë om die voorkoms al dan nie van verskeie ongewenste en voordelige eienskappe te bevestig, wat ekstra waarde vir die boer skep.”
Die LRF verteenwoordig bykans 40% van alle vleis bees registrasies in die bees bedryf in Suid-Afrika, asook 80% in Namibië en 100% in Zimbabwe. Rasse, soos die Brahman, Simmentaler/Simbra, Brangus, Limousin, Santa Gertrudis, Braford en Wagyu, is onafhanklike registrasie-owerhede. Dit wil sê hulle reik hul eie registrasiesertifikate onder beskerming van die Diere verbeterings wet (Wet 62 van 1998) aan hul lede uit. Saam met die Namibiese Stoettelers vereniginge n die Zimbabwe Herd Book (ZHB) is almal deel van die LRF, wat die rol van ’n oorkoepelende liggaam vir sy lede speel.
VLEISBEESLANDE DOEN NAVORSING
Baie vleisbeeslande in die wêreld het reeds meer as ’n dekade gelede begin om baie geld in navorsing oor genomika te belê. “Indien Suider-Afrika nie ook daadwerklik daarmee
begin het nie, was ons vir ewig agter,” sê mnr. Thys Meyer, leier van die genomiese plan vir die LRF-rasse.
Op ’n besoek aan Australië in 2015 wat deur die LRF gefinansier is, het hy self gesien hoe bykans AU$150 miljoen aan die Australiërs se genomiese program bestee word.
Ná samespreking smet bedryf s rolspeler sin Suid-Afrika en ’n voorlegging deur bedryfsleiers kon die stoetbedryf die agentskap vir tegnologie en vernuwing (TIA) oortuig om geld in genomiese navorsing vir die vleisbeesbedryf te belê. Die TIA is deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie gestig om die wetenskap in Suid-Afrika te bevorder.
Vir die LRF-rasse was dit belangrik om die projek te begin met die aantekening van die eienskappe wat moeilik is om te meet, soos voerinname en karkasgehalte. Die impak van veral die voer omsettings verhouding is vir Suid-Afrika van reusewaarde.
Die impak van karkasgehalte gaan in die toekoms ook ál belangriker word. “Die raad wat ons uit verskeie oorde gekry het, veral van die Amerikaners en Australiërs, is dat die implementering van genomika as ’n deurdagte besluit geneem moet word, wat veral goeie data vir die moeilik meetbare eienskappe, soos voerinname, moet bevat,” sê Thys.
KONTEMPORÊRE GROEPE
Die klem vir die LRF-rasse was dus om die data in goeie, kontemporêre groepe te bekom. Een van die grootste struikelblokke was dus om genootskappe te laat verstaan hoe kontemporêre groepe werk. In hierdie verband kry alle diere dieselfde behandeling en word hulle saam geëvalueer.
Skoukoeie en die ekstra kos wat dié diere kry, is byvoorbeeld nie voorheen as ’n afsonderlike bestuursgroep in die Suid-Afrikaanse databasisse opgeneem nie. Dit het beteken skoudiere is – as gevolg van beter rantsoene – onregverdig benadeel met hoë gewigteelwaardes vir volwasse koeie omdat alle koeie as een bestuursgroep geëvalueer is.
Die bulle in die historiese fase C-toetse is ook slegs by toetsstasies geëvalueer en die diere is dikwels binne enkeldier- kontemporêre groepe gemeet. Om akkurate teelwaardes te beraam, moet die omgewingseffekte – die kuddeen toetsstasie-effekte – uitgeskakel word.
Daarom was dit vir die LRF-deelnemers belangrik om die nageslag van genomineerde BGP-bulle oor verskillende stasies heen te toets. “Ons het terselfdertyd van die geleentheid gebruik gemaak om karkasdata in te win. Groot verskille kom voor in die verskillende bulle se karkasgehalte,” sê Thys.
DINK INTERNASIONAAL
Die telersgenootskappe word ook oortuig om “internasionaal te dink” en gesamentlike genetiese evaluerings te doen, veral met die uitruil van genomiese inligting. So is daar noue skakeling tussen die Limousin genootskap van Suid-Afrika en sy eweknieë in Namibië, Australië en Nieu-Seeland; tussen die Hereford genootskappe wêreldwyd( byvoorbeeld Noord-Amerika, Brittanje, Nieu-Seeland, Namibië en Australië ); tussen die Brahma n genootskappe van Suid-Afrika, Namibië, Australië en Amerika; en die Bra n gus genootskappe in Suid-Afrika, Amerika en Australië.
Die Brahma n-én Limousin genootskappe het byvoorbeeld bulle se semen gebruik wat ook in Australië se genomiese programme gebruik word. Ongeveer duisend strooitjies semen van Australiese bulle is só in Namibië en Suid-Afrika aangewend.
Dit sal die verbintenis tussen lande versterk en meehelp dat internasionale evaluerings betroubare resultate lewer.
DIE GENOMIKAPROJEK
Vir die bestaande genomiese projek het die LRF na verskeie stelsels in die wêreld gekyk. Die forum het toe besluit om die Nieu-Seelandse nageslag toetsprogram, die Australiese nukleus toetsprogram en die Amerikaanse gen o mika projek, wat sterk opvoer doeltreffendheid s data klem lê, ineen program te inkorporeer.
Izaan sê in die lig van die hoë koste van genotipering is dit nie finansieel die moeite werd om genotipes vir die huidige groei- en reproduksie-eienskappe te evalueer nie. Die insluiting van ’n genotipe verhoog byvoorbeeld die akkuraatheid van speengewig slegs met ’n paar persentasiepunte. Dit is eerder die moeite werd om boere aan te moedig om beter, korrekte data in te samel.
Die groot voordeel van genomika vir eienskappe wat moeilik is om te meet, soos voer doeltreffendheid en karkas gehalte, sluit vleissagtheid in.
Elke ras in die projek het sy eie program opgestel. Deel daarvan is skakeling met ander internasionale telersgenootskappe.
“Die doel van die LRF se genomikaprojek was dus dat elke ras baie goeie data insamel in gestruktrureerde, kontemporêre groepe oor kuddes heen. Sodoende word kuddes, voerstasies en lande met mekaar verbind,” sê sy.
DRIE JAAR SE RESULTATE
Izaan sê die LRF-rasse lê tydens seleksie sterk klem op ’n ekonomiese indeks waar alle teelwaardes in een finansiële waarde omskryf word. Indien ’n koei byvoorbeeld R50 meerderwaardig op die indeks is, beteken dit sy dra R25 per kalf tot die bedryf by. Onthou,
die helfte van die teelmateriaal kom van die bul en die ander helfte van die koei. “Ons het uitgewerk dat dit die Suider-Afrikaanse lewende hawe bedryf oor’ n tydperk van tien jaar sowat R10 miljard meer in die sak sal bring as speengewig en vrugbaarheid elk met slegs 1% styg.”
Met die huidige seleksiemetode het die Simbra se ekonomiese indeks byvoorbeeld van 2003 tot 2016 met R37 verbeter. Dit is vir die Simbragenootskap met sy 20 000 koeie – wat 4% van Suid-Afrika se beesbevolking verteenwoordig – ’n inspuiting van R12 miljoen. “Daar lê vir ons egter nog baie werk voor, want ons internasionale eweknieë maak R12-R50 per dier per jaar danksy genetiese vordering, veral ná die skuif na genomika,” sê Izaan.
VERHOOGDE AKKURAATHEID
Elke ras wat aan die BGP deelneem, benoem 10 tot 15 telers om bulle vir deelname oor kuddes heen te voorsien. Die Namibiese Brahma n telersgenootskap stel’ n voorbeeld met 15 deelnemende telers wat baie bulle uitruil of onder mekaar verhandel om samewerking te verbeter en sodoende akkuraatheid te verhoog.
Die volgende impak is reeds waarneembaar: Goeie samewerking tussen kuddes en lande. ’n Sterk verhoging in die akkuraatheid van individuele diere in elke telersgenootskap se databasis. ’n Groot verbetering in die datagehalte wat deur hierdie telers verskaf word. Volgens Izaan is die kontemporêre groepe nou beter gestruktureer, toetsstasies is aan mekaar verbind en hulle samel beter data oor voerdoeltreffendheid en karkasgehalte in. Daar is ook baie sterk nasionale en internasionale samewerking tussen genootskappe.
“Ons sien verder ’n groot verandering in Breedplan se stertoekennings vir die akkurate aanmelding van data deur individuele kuddes. Terwyl sommige kuddes in die begin net twee tot drie sterre ontvang het, behaal sommige telers nou vyf sterre, wat die hoogste eerbewys is.”
TWEE NUWE TEELWAARDES
Die Suid-Afrikaanse Brahmantelersgenootskap het reeds twee nuwe teelwaardes bygekry, naamlik vir temperament en dae tot geboorte. Laasgenoemde meet vrugbaarheid.
“Die algemene gebrek aan goeie vrugbaarheidsdata bly steeds ’n probleem vir die Suid-Afrikaanse beesbedryf. Dit is omdat boere nie dekdatums (bul in en bul uit) oor hul dektye aan die genootskappe verskaf nie. Hulle gee ook nie redes hoekom ’n koei nie gekalf het nie.
“Indien ’n vers byvoorbeeld verkoop word en dit word nie in die stelsel vermeld dat dit ’n bestuursbesluit en nie weens ’n genetiese probleem was met die bul wat die vers verwek het nie, sal dit altyd moeilik bly om goeie data in te samel,” sê Izaan.
Terwyl die BGP in die volgende drie jaar sterk klem op genomiese data vir die meeste van die rasse gaan lê, het die Namibiese Herefordgenootskap reeds vordering met genomiese evaluering begin maak. Die genootskap doen dit deur bloot sy data tesame met diere van dié ras in Australië en Nieu-Seeland te ontleed. “Dit is belangrik om die grondslag deur die gehalte van die versamelde data in goeie bestuursgroepe te lê, asook die meet van eienskappe,” sê Izaan.
Dit sal verg dat ’n hele bedryf moet saamwerk. Die groot struikelblokke met genomika is die hulpbronne wat benodig word, soos die ywer waarmee lede saam aan die projek werk.