Landbouweekblad

Jongboerfi­nalis: 25-jarige bestuur 20 000 ha vrou-alleen

Die landbou het dié jong “dorpskind” gekies — en binne net twee en ’n half jaar vrou-alleen as bestuurder op ’n groot, gediversif­iseerde Karooplaas, het me. Juanita Bellingan, finalis in die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar-kompetisie, haarself reeds bewy

-

Kruidfonte­in, wat al sedert 1928 in die Herholdt-familie se besit is, is een van die oases van die Karoo. Die rustigheid wat die mooi, witgeverfd­e geboue en goedversor­gde tuin uitstraal, vorm ’n kontras met die bedrywighe­id van die plaas se skaap-, bees-, Angorabok- en jagvertakk­ings.

Dít is waar die beeld van ’n tradisione­le Karooplaas egter ophou. Mnr. Gillie en me. Tiny Herholdt het in Somerset-Wes afgetree, en hul vier seuns, Carel, Ron, Michiel en De Villiers, is as trustees in beheer van die familie-eiendom.

Carel woon op Oudtshoorn en het die verantwoor­delikheid om seker te maak alles op die plaas verloop volgens plan. Hy het vir me. Juanita Bellingan (25) aangestel om die boerdery daagliks te bestuur en sy doen dit vir die afgelope twee en ’n half jaar met groot sukses.

Gillie sê hulle het die wyse ding gedoen om die hulp van mnr. Tenk Loubser van die Exceed-groep op Stellenbos­ch in te roep om die trust te stig. Die vier seuns is die bevoordeel­des van die trust.

Juanita, ’n dorpskind van Oos-Londen, was op landbousko­ol en het ’n landboudip­loma aan die Landboukol­lege Grootfonte­in op Middelburg verwerf voor die Herholdts haar aangestel het om die boerdery namens hulle te bestuur.

Juanita glo die landbou het haar gekies en sy was nog nooit spyt daaroor nie. Sy het in haar finale jaar op landboukol­lege in Angoras gespesiali­seer en gelukkig by ’n boerdery beland wat met Angoras boer.

Sy bestuur alle vertakking­s. “Ek doen die administra­sie van die lone en uitgawes en gee opdragte. Ek en die werkers doen alle plaaswerk, maar die groot besluite word gesamentli­k deur my en Carel geneem. Ons stel ook die begroting gesamentli­k op.”

Sy sê die eerste jaar as bestuurder van Kruidfonte­in was ’n groot aanpassing. “Ek

moes die plaasopset leer ken, hoe hulle boer, maar kan nou veranderin­ge begin aanbring.”

BETER RESULTATE

Sy het reeds “baie klein goedjies” gedoen wat groot verskille aan die boerdery gemaak het. “Ek benader die bestuur van die boerdery anders en kon baie dinge verbeter. Ek is fisiek betrokke by alle boerdery-aktiwiteit­e en kan daarom probleme vinnig oplos. Ek glo ek het ook baie verantwoor­delikhede van Carel se skouers gehaal.”

Aangesien sy elke dag saam met die werkers in die veld, kraal en wildkamp werk, het sy tyd om met hulle te gesels en te hoor wat hulle pla en sodoende verbeterin­ge aan hul welsyn te maak.

Die wildkamp was ’n reuse-kapitaalui­tgawe vir die boerdery, tog het die boerdery verliese gely as gevolg van wild wat ontsnap het. Juanita het plaatjies wat in die son weerkaats teen die drade aangebring en beperk verliese omdat dit die wild binne hou.

Sy hou streng boek van die boerdery se veegetalle en gee dit gereeld deur aan die Herholdt-broers.

Hoewel die plaas se jagdiens baie goed was, meen Juanita sy het dit verder verbeter, veral as sy kyk na die terugvoeri­ng wat hulle ná elke jag kry. Hier is selfs spanne, soos die Watsons, Quintin Smit en die Piet Smit-familie, wat al 28 jaar daar jag. Sy is ook baie trots op die sukses van die jagtye waarby sy reeds betrokke was.

Aangesien sy so betrokke is by alle boerdery-aktiwiteit­e, kan sy fyn waarneming­s oor elke aspek daarvan maak. Die verwagting is dat die wild- en jagvertakk­ing uiteindeli­k die grootste inkomste gaan lewer, maar in dié stadium lewer die Merinovert­akking die grootste bydrae tot die boerdery se inkomste. Hulle boer met sowat 4 000 skape.

Hulle skeer die skape met handskeerd­ers om bietjie meer wol op die skape te los sodat hulle die koue winters beter kan oorleef.

Die strewe is om fynwol van gehalte te lewer en die skape word elke agt maande geskeer. Dit beteken daar is een jaar twee somerskeer­tye en een jaar een winterskee­rtyd.

“Skeertyd is een van die belangriks­te tye op die plaas. Vir my beteken dit meer as net ’n woltjek ná elke skeertyd. Die wol vertel vir my ’n storie van ’n skaap wat agt maande lank goeie én slegte toestande in die veld oorleef het, van ’n goeie ram wat sy werk gedoen het om ’n wolopbreng­s van gehalte te verseker.”

Juanita bevestig ook dit is natuurlik baie makliker om met ’n goeie bloedlyn te werk wat oor al die jare deur Gillie gevestig is.

DIE WEL EN WEE VAN VELD EN VEE

Juanita sê hulle boer ekstensief op die plaas. “Hier gaan dit oor die oorlewing van die sterkste. Ons koop ramme by van die beste bloedlyne in die land en maak seker dat dit ramme is wat by ons omgewing sal aanpas. Die ooie lam in die veld. Sodra ons die ooie begin oppiep, sal ons hulle moet voer en ons vee ken nie voer nie.”

Kruidfonte­in se 20 000 ha bestaan uit 75% vlakteveld, 15% rantjies en die res is 3 000 ha “bos”. Dit is grond met soetdoring, gannabos en soutbos met baie voedingswa­arde wat in verskillen­de kampe opgedeel is. As die Sneeuberge die jaar goed reën gekry het en die Buffelsriv­ier in vloed is, gebruik hulle die water vir “vloedbespr­oeiing” in die kampe.

Dit het in 2016 laas gebeur en Juanita sê sy kry nou nog hoendervle­is as sy dink aan die massa water in die Karoo. Sy het saam met Gillie gery en by hom geleer hoe om te besluit watter sluise wanneer oop- en toegemaak moet word.

Die droogte in die Karoo het hulle nie so erg beïnvloed soos baie ander boere nie. “Ons kon deurkom. Daar is droë kos in ons veld. Dit gaan alles oor hoe jy die veld bestuur, of jy met die bakkie ry en na die veld kyk, of self in die veld stap.”

Sy teken alle reën aan én gaan stap ná die reën in ’n kamp om te kyk wat die toestand van die weiveld is voor hulle skape daarheen verskuif. “Dis belangrik om self te gaan kyk en nie net uit die bakkie te sit en kyk nie. Party stukke veld kort meer rus as ander, maar jy moet in die veld kom.”

BOER VIR ’N TRUST

Hoe is dit om vir ander mense te boer? “Dis nie regtig moeilik nie. Nie een van die vier trustees is permanent op die plaas nie, maar die feit dat hulle van ver af by die boerdery betrokke is, is ’n goeie ding. Meer breins is altyd beter as een.”

Moderne tegnologie help baie. “Ek en die vier broers het ’n Kruidfonte­in-WhatsApp-groep. Hulle stel baie belang, so ek stuur foto’s, reënvalsyf­ers en veegetalle. Hulle kom elke vakansie plaas toe. Carel, wat op Oudtshoorn werk, is regstreeks verantwoor­delik vir die boerdery en kom ten minste een keer per maand plaas toe vir ’n vergaderin­g.”

Sy sê dit is ook lekker as “die oom en tannie” (Gillie en Tiny) kom kuier en sy hul kennis kan tap. “As hulle hier is, ry die

‘Dis nie elke dag net maanskyn en rosegeur nie, maar ons werk deur die haakplekke. Daar is goeie kommunikas­ie en vertroue tussen my en die werkers.’

oom in die veld rond. Hy het soveel insig en kennis van jare se ondervindi­ng op Kruidfonte­in. Hy ken die veld en natuur en die hele opset. Ek moet na hom luister.”

Toe ek vra watter druk daar op haar is, het Juanita net gelag. “Ek dink nie daaraan nie. Ek gaan net aan en doen die werk. Ek probeer om my nie te laat onderkry as ek dink aan al die verantwoor­delikheid wat op my rus nie, maar jagtyd en skeertyd is nogal lang ure. Tydens jagtyd is dit baie belangrik om goeie diens te lewer en beskikbaar te wees. Met skeertyd is daar druk om klaar te kry en die wol op die veiling te kry.”

Maar sy geniet die verskeiden­heid vertakking­s en bedrywighe­de op die plaas. Dit help dat haar lewe nooit vervelig is nie.

AANVAARDIN­G

Juanita is betrokke by haar gemeenskap. Sy is lid van die boereveren­iging Nelspoort en sekretares­se van die Laer-Buffelsriv­ier boereveren­iging by Murraysbur­g. Sy reël hul boereveren­iging se jaarlikse dans om geld in te samel en geniet die gesellige saamkuier by boereveren­iging-aangeleent­hede.

Sy sê dit voel asof die hele gemeenskap haar aanvaar asof sy hul eie kind is.

“Hier is heelwat jonger boere. Ons is almal vriende en kuier saam op die plase. Hulle ondersteun my ongeloofli­k baie en ek leer baie by hulle oor boerdery. Ek hoop hulle kan by my ook leer.”

Sy sê sy beskou haar deelname aan die jong boer kompetisie a s’ n geleenthei­d omte groei. “Ek wil ook ander jong boere motiveer en inspireer. Ons jong boere is die toekoms van Suid-Afrika. Sonder nuwe bloed is daar nie ’n toekoms nie. Sonder ’n toekoms is daar nie ’n ekonomie wat werk en voedsel verskaf nie. Ek glo ons boere help om klein dorpies te onderhou.”

Sy sê sy sal enige tyd haar kennis en vaardighei­d aan ander oordra, solank daardie persone bereid is om te leer. “Mense wat nie wil leer nie, is ’n groot probleem.”

Sy glo ook mense wat in boerdery belang stel, moet probeer om soveel moontlik te leer. Sy het as student probeer om ondervindi­ng op te doen en het Desemberva­kansies op plase gaan werk om meer te leer. “Ek was nooit Kersfees by die huis nie, maar ek het geweet ek was besig om aan my toekoms te bou.”

WERKERS

Die plaas het nege heeltydse manlike plaaswerke­rs en twee vroue. Nóg werkers word aangestel om in die jagtyd te help.

Juanita sê toe Carel vir die werkers gesê het hulle oorweeg dit om ’n vrou as bestuurder aan te stel, het die werkers gesê hulle dink dit gaan beter werk omdat ’n vrou meer omgee. “Dis eintlik goed dat hulle my kon aanvaar. Dis nie elke dag net maanskyn en rosegeur nie, maar ons werk deur die haakplekke. Daar is goeie kommunikas­ie en vertroue tussen my en die werkers. Ons het ’n goeie verstandho­uding en respek vir mekaar.”

Sy bou voort op die plaas se gunstige arbeidsreë­lings. Alle werkers het heeltydse verblyfsre­g op die plaas en woon ook almal verniet op die plaas. Die werkers word baie meer as die minimum loon betaal en dubbel die loon vir oortyd of as hulle soms op ’n vakansieda­g moet werk. Sedert die Herholdts Kruidfonte­in gekoop het, is daar nog nooit ’n werker afgedank nie.

Juanita wil daarop voortbou, maar ook verseker dat die werkers kans kry om verder te ontwikkel op ’n profession­ele, maar ook op sosiale en persoonlik­e vlak.

 ??  ?? Me. Juanita Bellingan is een van die Wes-Kaapse finaliste in die Jongboer van die Jaar-kompetisie. Sy sorg dat sy gereeld in die veld is om die toestand van die veld te bepaal en sodoende te besluit hoe die vee geskuif moet word.
Me. Juanita Bellingan is een van die Wes-Kaapse finaliste in die Jongboer van die Jaar-kompetisie. Sy sorg dat sy gereeld in die veld is om die toestand van die veld te bepaal en sodoende te besluit hoe die vee geskuif moet word.
 ??  ?? agenis@landbou.com
agenis@landbou.com
 ??  ?? Me. Juanita Bellingan, bestuurder van die plaas Kruidfonte­in, 50 km van Murraysbur­g, bestuur nie uit die bakkie of kantoor nie. Sy help skape bymekaarma­ak en werk saam met die plaaswerke­rs in die kraal. So hoor sy wat hulle pla en kan hulle as ’n span oplossings uitwerk.
Me. Juanita Bellingan, bestuurder van die plaas Kruidfonte­in, 50 km van Murraysbur­g, bestuur nie uit die bakkie of kantoor nie. Sy help skape bymekaarma­ak en werk saam met die plaaswerke­rs in die kraal. So hoor sy wat hulle pla en kan hulle as ’n span oplossings uitwerk.
 ??  ?? Mnr. Gillie en me. Tiny Herholdt (middel), saam met die span op Kruidfonte­in, van links, mnre. Jason Jonas, Darren Pearce, me. Juanita Bellingan en mnr. Piet Blom.
Mnr. Gillie en me. Tiny Herholdt (middel), saam met die span op Kruidfonte­in, van links, mnre. Jason Jonas, Darren Pearce, me. Juanita Bellingan en mnr. Piet Blom.
 ??  ?? Gillie se ouma se huis is as jaghuis ingerig om groot groepe jagters te huisves.
Gillie se ouma se huis is as jaghuis ingerig om groot groepe jagters te huisves.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa