Landbouweekblad

Sakpas en smaaklik

Resepte vir ete smet spenskas bestanddel­e wat vinnige n makli kis om te maak en jou nie ’n fortuin kos om voor te berei nie, is altyd in aanvraag. Hier is ’n paar sakpas ete-idees uit ons toetskombu­is.

-

dan ’n paar lepeltjies suurroom. Meng die broodkrumm­els en tiemieblaa­rtjies en sprinkel ’n egalige laag daarvan oor die lasagne. Drup olyfolie oor en bak vir 30 minute tot goudbruin en bros bo-op. Sit voor met slaai. Lewer 6 porsies.

Vis-en-aartappelk­oekies met mosterd mayonnaise

As daar ’n verdwaalde, bevrore visfilet in die pakkie oorgebly het, of daar is oorskiet- gebraaide lynvis, maak hierdie lekker viskoekies daarmee en rek so ’n klein bietjie vis om ’n gesinsete te maak.

Viskoekies

2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 80 ml melk 300 g gevlokte, gaar vis van jou keuse 5 ml botter 1 ui, fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 groen soetrissie, fyn gekap 100 ml vars broodkrumm­els 100 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie 1 ekstragroo­t eier Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen Olie, vir braai

Mosterd mayonnaise sous

80 ml mayonnaise Sap van 1 suurlemoen 80 ml natuurlike jogurt 10 ml Di j o n-of heel korrelmost­erd Sout en witpeper na smaak Druppel heuning

Viskoekies: Kook die aartappelb­lokkies in ’n bietjie soutwater tot sag. Dreineer en druk die aartappels fyn saam met die melk. Voeg die gevlokte vis by en hou dit eenkant.

Smelt die botter in ’n pan en braai die ui, knoffel en soetrissie daarin tot sag. Voeg die broodkrumm­els en pietersiel­ie by en voeg die uiemengsel by die vis-en-aartappelm­engsel. Roer die eier en suurlemoen­skil by. Vorm 8 viskoekies en braai die koekies oor lae hitte in ’n bietjie olie tot goudbruin en bros buite en deurgaar en warm van binne. Dreineer op kombuispap­ier.

Klits die bestanddel­e vir die mosterd mayonnaise sous liggies saam en sit dit voor met die viskoekies. Lewer 8 kleinerige viskoekies (4 porsies).

Spek-en-sampioenpa­sta met gebarste tamaties

Halwe pak (125 g) spekvleis, fyn gesnipper 100 ml olyfolie 250 g bruin sampioene, fyn gesnipper 4 knoffelhui­sies, dun gesny 1 rooi brandrissi­e, ontpit en baie dun gesny 500 g kersietama­ties 125 ml vars room Sout en vars gemaalde swartpeper 1 pak (500 g) lintnoedel­s van jou keuse Vars roketblare, om af te rond

Braai die spek in ’n groot, droë pan tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit 45 ml van die olie in dieselfde pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Skep dit ook uit. Verhit die res van die olyfolie in dieselfde pan en braai die knoffel en brandrissi­e daarin tot geurig, maar moenie die knoffel te bruin braai nie. Voeg die kersietama­ties by en braai tot die skille bars. Verwyder van die hitte en voeg die spekvleis en room by. Terwyl die tamaties braai, kook die pasta in ’n groot kastrol met vinnig kokende soutwater tot net gaar. Dreineer en voeg dadelik by die warm tamatiesou­s. Skep die spek en sampioene daarby en meng liggies deur. Geur na smaak met sout en peper en rond af met vars roketblare. Lewer 6 porsies.

Nachos-burgers

Al die geure van dié gewilde Mexikaanse gereg, maar in burgervorm en gemaak met alledaagse bestanddel­e.

Vleiskoeki­es

500 g maer beesmaalvl­eis 1 ui, gerasper 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 1 brandrissi­e, fyn gekap 5 ml sout 3 ml fyn komyn 3 ml vars gemaalde swartpeper 30 ml gekapte, vars kruie Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

Olie, vir braai

250 ml gerasperde kaas 125 ml roomkaas Vars gemaalde swartpeper na smaak 6 hamburger rolletjies 1 ryp avokado, dun gesny 2 ryp tamaties, ontpit en gekap 125 ml pitmielies Gekapte, vars koljanderb­lare en soet brandrissi­esous

Meng al die bestanddel­e vir die vleiskoeki­es goed saam en verkoel vir 30 minute voor jy die mengsel in ses ewe groot vleiskoeki­es vorm. Braai die vleiskoeki­es oor die kole of in ’n bietjie olie in ’n pan tot goudbruin en deurgaar.

Meng die gerasperde kaas, roomkaas en swartpeper goeds a amen verdeel dit tussen die ses hamburger rolletjies se onderste helftes. Sit die vuurwarm vleiskoeki­e bo-op die kaasmengse­l. Stapel avokado, gekapte tamatie en pitmielies bo-op en rond af met ’n bietjie gekapte, vars koljander en soet brandrissi­esous. Sit dadelik voor. Lewer 6 groot porsies.

Suurlemoen-enknoffelh­oender

Suurlemoen en knoffel pas fantasties by hoender. Hierdie goedkoop en maklike gereg het wonderlike geure en is heerlik.

8 hoenderpor­sies (ek gebruik graag dye en boudjies) Sout en vars gemaalde swartpeper Olyfolie 2 uie, in dun wiggies gesny 6 heel knoffelhui­sies Sap van 3 groot suurlemoen­e Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen Paar druppels heuning Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoenderpor­sies met sout en peper. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n swaarboomp­an en braai die hoenderpor­sies daarin tot goudbruin. Skep die hoender uit in ’n oondbak.

Sit die uie, knoffelhui­sies, suurlemoen­sap en -skil, ’n paar druppels heuning en ’n ekstra skeut olyfolie in een pan en verhit tot kookpunt. Giet nou alles oor die hoender in die oondbak. Bedek met foelie en bak vir 50 minute. Verwyder die foelie en bak oop vir ’n verdere 15-20 minute tot goudbruin en geurig. Sit voor op koeskoes. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa