Landbouweekblad

GRAANBOERE SE BEDRYFSUIT­GAWES STYG

- — LIZA BOHLMANN

Graanboere se bedryfsuit­gawe het teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar gestyg, sê mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA. Die saadkoste van mielies het sowat 6% duurder geword, sonneblom sowat 5,1%, sojabone slegs sowat 0,5% en sorghum sowat 7,5%.

Die koste van brandstof het met 13% teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar gestyg.

“Tans word daar verwag dat die dieselprys op 6 Junie met 86 sent per liter kan toeneem. Dit sal ’n rekord vir die groothande­lsprys in Gauteng wees,” sê Louw.

Plaaslike kunsmispry­se is gemiddeld tot 8,2% hoër teenoor verlede jaar die ooreenstem­mende tyd. Dit vergelyk goed met die internasio­nale neigings. “Internasio­nale landbouche­miese pryse het skerp toegeneem, veral in China, waar die regering streng omgewings wetgewing tans toepas. Talle aanlegte word as gevolg daarvan gesluit en dit beperk die vervaardig­ing en aanbod. Chinese prysstygin­gs, na gelang van die aktiewe bestanddee­l, het gewissel van 10,1% tot 65%,” sê Louw.

Luidens sy verslag het plaaslike pryse nie in dieselfde mate toegeneem nie aangesien baie van die multinasio­nale landbouche­miese maatskappy­e se produkte nie uit China kom nie.

“Pryse van multinasio­nale maatskappy­e het met gemiddeld 6% toegeneem, terwyl dié van generiese maatskappy­e met sowat 20% gestyg het.”

’n Klein bietjie goeie nuus is dat meganisasi­ekoste redelik in toom bly. Pryse van trekkers het op ’n jaargronds­lag met gemiddeld 5% gedaal. Stroperpry­se het egter met 4% gestyg, terwyl pryse van werktuie sywaarts beweeg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa