Landbouweekblad

GOEIE VRAAG NA VROULIKE DIERE

-

Die vraag na vroulike diere op veilings van Brahmane die afgelope jaar is hoog en hoë gemiddelde pryse word behaal. Dié neiging volg dieselfde patroon as veilings van ander telersgeno­otskappe. Dit word aan kuddebou ná die langdurige droogte van die afgelope twee tot drie jaar toegeskryf.

Op ’n onlangse veiling, die Sale of the Greys in Limpopo (met drie genooide verkopers), is drie bulle teen gemiddeld R48 333 stuk verkoop. Mnr. Coenie Swanepoel van Vryheid in KwaZuluNat­al het die hoogste prys van R55 000 vir die bul OBS 12-33 van mnr. Eugene Osterloh, Komga, opgedok. Altesaam 19 koeie is teen gemiddeld R38 210 stuk (hoogste prys R70 000) verkoop, 11 koeie met kalwers teen gemiddeld R49 727 (hoogste prys R135 000) en 89 verse teen gemiddeld R41 652 (hoogste prys R110 000) stuk.

Op ’n veiling van mnr. Jan Serfontein van Noordbrug, Noordwes, is ’n koei met kalf teen ’n allemintig­e R320 000 aan die Schalk Burger-boerdery van Gauteng verkoop.

Op die veiling van mnr. Hennie Jacobs van Wolmaranss­tad is ’n bul teen ’n puik R150 000 aan mnr. Rudi Lemcke van Ghanzi, Botswana, verkoop. Lemcke het ook op die Limpopo-veiling die duurste vroulike dier van mnr. Bernie Staal van Kroonstad aangeskaf.

In Desember 2016 is ’n rekordprys van R800 000 vir die bul R10 12-314 van mnr. Llewellyn Labuschagn­e van Limpopo betaal. Die koper was mnr. Paul Duarte van Gauteng.

— JOHAN NORVAL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa