Landbouweekblad

MNR. CT VAN DER MERWE

-

WAT IS DIE BELANGRIKS­TE LES WAT JY NOG IN DIE LANDBOU GELEER HET?

Sukses gaan nie net oor harde werk nie, maar ook oor deursettin­gsvermoë. Die enigste manier waarop ’n mens kan misluk, is die oomblik wat jy handdoek ingooi en jy dink jy kan en gaan faal. Solank jy net vorentoe faal, daaruit leer en groei.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONMISBAAR OP DIE PLAAS?

Die versamelin­g inligting wat nou beskikbaar is waarop mens jou besluite kan grond. Daar word dikwels gesê ’n boer se swakste punt is administra­sie, maar dit kan ook sy beste stuk gereedskap wees. Hy kan dit gebruik om risiko’s te bereken vir vinnige besluitnem­ing.

HET JY RAAD VIR ANDER BOERE?

Moenie Australië toe gaan nie. Die bedryf op aarde wat die mees teen resessies bestand is, is die landbou, want dit maak nie saak wat gebeur nie – mense sal moet eet. Verder is ons posisie in die Suidelike Halfrond ook ideaal vir uitvoer en maak ons relatief lae produksiek­oste ons baie mededingen­d op internasio­nale markte. Ons het ook baie monde om te voed in Afrika. AL 3 se produkte en ook moere word aan al ons buurlande en tot so ver as Zambië verkoop.

WIE IS JOU MENTOR IN LANDBOU?

My pa, Carl. As dit by die praktiese sy van boerdery kom, is daar min mense wat soveel soos hy van boerdery af weet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa