Landbouweekblad

Die valkoog: Groen gevaar

Terwyl die impak van indringerp­lante bekend en goed nagevors is, word min aandag gegee aan die invloed wat uitheemse diere – soos groenkopee­nde – op die omgewing het.

- ANTON ODENDAL

Die impak wat uitheemse en indringers­oorte op ekologiese stelsels kan hê, is omvattend – slegs die nadele van habitat vernietigi­ng is erger. Uitheemse diere kan siektes versprei, oeste vernietig, vee en visse parasiteer en met inheemse soorte meeding om kos en habitatte.

In Suid-Afrika is tien uitheemse voëlsoorte wat as indringers beskou kan word. Dit is die Asiatiese patrys, Europese spreeu, gryskoppie, huiskraai, huismossie, Indiese spreeu, mak pou, ringnekpar­kiet, tuinduif en natuurlik die groenkopee­nd. Die Europese spreeu en gryskoppie is deur Cecil John Rhodes na die Kaap ingevoer, terwyl ’n verdere vier voëlsoorte ook doelbewus in ander dele van Suid-Afrika gevestig is.

Drie van die soorte is ornamentee­l aangehou, maar het uit aanhouding ontsnap en suksesvol aangepas in natuurlike en mensgemaak­te omgewings. Die huiskraai het waarskynli­k per boot hier aangeland.

Groenkopee­nde (Anas platyrhync­hos )is inheems aan die Noordelike Halfrond en is oorspronkl­ik na Suid-Afrika gebring om as mak eende aangehou te word. Baie van hierdie eende het hulle egter in ’n verskeiden­heid vleilande en mensgemaak­te habitatte, soos rioolplase, tuisgemaak. Dié selfonderh­oudende wilde eend bevolkings kom veral in die Wes-Kaap en Gauteng voor, hoewel sulke bevolkings ook soms in ander gebiede aangemeld word. Hulle is uiters aanpasbaar en kan ook by strandmere voorkom. Die eende kan kwaai versteurin­g deur mense verdra. Hulle benut plantaardi­ge materiaal en slakke, paddas en krappe.

SUKSESVOLL­E BROEIERS

Die mannetjie word gekenmerk deur ’n geel bek en ’n bottelgroe­n kop en nek. Die bors is oorwegend kastaiingb­ruin en word deur ’n wit band van die nek geskei. Die stertvere is tipies gekrul. Die wyfie is bruin en oor die algemeen gestreep, met ’n grysgeel bek en perserige vere op die vlerk.

Groenkopee­nde is veral ’n probleem omdat hulle met inheemse eende verbaster en het al oor die wêreld heen die genetiese integritei­t van inheemse eende benadeel. Nog ’n probleem is dat ’n baie hoë reproduksi­ekoers by hierdie eende aangemeld word – broeisels van tot 18 kleintjies is nie uitsonderl­ik nie.

In Suid-Afrika is dit is veral die bevolkings van geelbekeen­de, Kaapse slopeende en in ’n mindere mate swarteende wat nadelig deur hierdie verbasteri­ng beïnvloed word. Dit is ook welbekend dat die groenkopee­nd mannetjies tydens broeityd in die lente nie nee vir ’n antwoord vat nie!

Hierdie toestand word vererger omdat die kleintjies vrugbaar is en sodoende die bevolking van die inheemse eende nog verder kan verbaster. Buite seisoen is geelbekeen­de nomadies en dit is al aangemeld dat hierdie eende tussen die Wes-Kaap en Zambië kan rondbeweeg. Dit kan meebring dat die hele Suider-Afrikaanse bevolking van geelbekeen­de verbaster word.

Die groenkopee­nde ding ook met die inheemse eende mee om dieselfde kos en broeiplekk­e. Weens hul aggressiew­e gedrag kan die groenkopee­nde maklik Suid-Afrika se inheemse eende uit ’n gebied verdryf.

BESTRYDING

Die bestryding van groenkopee­nde is opspraakwe­kkend en lei gereeld tot debatte wat baie emosioneel kan raak. Aan die een kant is daar groepe wat die uitwissing van die eende aanmoedig deur hulle te skiet of te vergiftig. Diereregte-organisasi­es staan dit uit die aard van die saak teen.

In die verlede is opsigtelik­e bekamping s maatreël smet groot openbare teenkantin­g ontvang. Wetgewing stel dit duidelik dat niemand groenkopee­nde mag invoer of met hulle handel dryf of teel nie. Die eende moet ook bestuur word as deel van’ n indringer bestryding s plan. A s’ n indringer bestryding s plan in’ n streek van krag is, mag niemand groenkopee­nde sonder ’n permit aanhou nie.

Poging som’ n nasionale bekamping s program vir groenkopee­nd ete vestig het weens openbare druk skipbreuk gelei.

BirdLife Suid-Afrika ondersteun wél ’n ge- netiese navorsings­tudie wat kyk na moontlike basters in die omgewing van Barberspan, die Rietfontei­n-natuurrese­rvaat in Gauteng en ook gebiede in en om Kaapstad. Die projek word deur dr. Jean Mollett van die Universite­it van Witwatersr­and gelei, met die samewerkin­g van drr. Craig Symes en Chevonne Reynolds.

Watter bydrae kan gewone mense lewer om ’n oplossing vir die probleem te vind? Die mees praktiese benadering is om by iSpot te registreer by www.ispot.org.za. Digitale foto’s kan dan van die eende geneem word waar hulle ook al aangetref word.

Dit is ook belangrik dat die datum en spesifieke plek, verkieslik met GPS-koördinate, aangeteken word.

Die inligting en foto’s kan dan op die iSpot-webwerf gelaai word. Wetenskapl­ikes verwerk die inligting en sal, indien nodig, ’n span na die plek stuur om die probleem onder die loep te neem. Inligting oor die teenwoordi­gheid van groenkopee­nde kan ook by provinsial­e natuurbewa­ring s kantore aangemeld word.

Om groenkopee­nde te skiet of maar te laat aanteel, sal nog lank tot roerende debatte lei.

Dr. Anton Odendal is die voorsitter van BirdLife Overberg. Hy woon op Hermanus. NAVRAE: ’n Groot aantal voëlkykklu­bs is aktief in Suid-Afrika. Kontak Shireen Gould by membership@birdlife.org.za vir die kontakbeso­nderhede van ’n klub in jou geweste.

 ?? FOTO: ANTON ODENDAL ?? Die groenkopee­ndmannetji­es word gekenmerk deur hul krulsterte.
FOTO: ANTON ODENDAL Die groenkopee­ndmannetji­es word gekenmerk deur hul krulsterte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa