Landbouweekblad

Groot mylpale vir wynbedryf

Die wynbedryf sit nie stil nie — besonderse wyne het onlangs die lig gesien, en boonop was daar verskeie redes om die bedryf se lang geskiedeni­s te vier.

-

HONDERD JAAR JONK!

Vanjaar bereik die wynbedryf ’n enorme mylpaal–die eeufeesvie­ring van die Koöperatie­we Wyn b ouersveren­iging( KWV ), wat in 1918 gestig is.

Dié handelsmer­k se 100ste pars is onlangs gevier met ’n swierige geleenthei­d in die KWV se bekende Katedraalk­elder. Daar kon gaste ’n voorsmakie kry van die Cathedral Cellar Wines, ’n wynreeks wat tot dusver net internasio­naal beskikbaar was, maar binnekort ook in Suid-Afrika bekend gestel gaan word.

Die Katedraalk­elder met sy koepelvorm­ige dak is in 1930 gebou en word nog altyd beskou as die “baarmoeder” van dié wynmaatska­ppy. Dit is die tuiste van sommige van die grootste wynvate ter wêreld.

Hierdie ruimte is vanjaar in ’n onthaallok­aal omgeskep om die volgende 100 jaar te verwelkom. Dit word deur Mynhardt Joubert, ambassadeu­rsjef van die KWV, bestuur.

Van die groot geeste in die wynbedryf het deur die jare ’n draai by die KWV gemaak, en van hulle het ook die eeufees-opskop bygewoon – mnre. Lourens Jonker en Danie de Wet (voormalige KWV-voorsitter­s), Johann K rig e( voormalige bemarkings­bestuurder) en Neil Ellis (voormalige wynmaker en direkteur).

OUWINGERD-PINOTAGE ’N GROOT MENEER

Teen R545 per bottel is die Bellevue 1953 Pinotage 2016 beslis nie goedkoop nie, maar dis ’n uitsoekwyn vir daardie spesiale geleenthei­d. En tog so lekker teen die koue!

Die wyn se spesiale storie begin in 1953, toe die wingerd waarvan die druiwe vir die wyn kom, aangeplant is op dié Stellenbos­se plaas. Destys was mnr. PK Morkel een van die eerste mense ter wêreld om Pinotage op kommersiël­e skaal aan te plant.

Skaars ses jaar later het dié wingerd aan Bellevue die Genl. Smuts-trofee op die nasionale Jongwynsko­u besorg. Hierdie blok Pinotage is nou 65 jaar oud en steeds in produksie. Vir die eerste 64 jaar was dit ’n droëlandwi­ngerd, maar in Mei verlede jaar het die eienaars drupbespro­eiing aangebring om die wingerd deur te help in die knellende droogte wat die Wes-Kaap tans ervaar.

Die wyn word bestempel as ’n “meneer van ’n Pinotage” en is net reg saam met winterkos, soos wilds- en lamsvleis wat lekker lank gekook het.

Besoek www.bellevue.co.za vir meer inligting of om ’n afspraak te maak om die blok te gaan besigtig.

WYN HELP RENOSTERS RED

Die neefs by Van Loveren Family Cellar is aan die hart gegryp deur die sowat 4 000 renosters wat sedert 2008 in Suid-Afrika gestroop is. Daarom het hulle besluit om hul gewig agter renosterbe­waring in te gooi met hul Rhino Run-wynreeks. Die reeks sluit onder meer ’n spesiale Shiraz in wat op versamelaa­rs se rakke hoort.

Vir elke bottel wat verkoop word, sal Van Loveren ’n bedrag geld aan die Player-Ntombela-stigting skenk.

Die reeks bestaan uit vier wyne. Die Chardonnay 2016 is spesifiek geskep om die witrenoste­r te huldig. Die Rhino Run Ian Player 2016, genoem na die bekende omgewings bewaarder wat die inspirasie vir die reeks was, is ’n versnit van Cabernet Sauvignon en Merlot. Die res van die reeks bestaan uit ’n Cabernet Sauvignon en ’n Pinotage, albei van die 2015-oesjaar.

Dan is daar ’n spesiale vyfde wyn, The Last One Shiraz 2013, waarvan net 1 215 bottels gemaak is wat teen R1 215 elk verkoop word. Die syfer 1 215 dui op die aantal renosters wat in 2014 alleen gestroop is. Dié enkelwinge­rdwyn kom in ’n bottel wat met was verseël is. Die etikette, met die keldermees­ter, mnr. Bussell Retief, se handtekeni­ng daarop, is met die hand aangebring. Dit word verpak in ’n spesiale boks wat ook hulde bring aan renosters. Prys: R53 (Chardonnay), R61 (rooies) Besoek www.royalrhino.co.za vir meer inligting of om ’n skenking aan die PlayerNtom­bela-stigting te maak.

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Boyce Lloyd (links), hoof- uitvoerend­e beampte van KWV, saam met mnre. Lourens Jonker (middel) en Danie de Wet, wat albei voorheen voorsitter­s van KWV was.
Mnr. Boyce Lloyd (links), hoof- uitvoerend­e beampte van KWV, saam met mnre. Lourens Jonker (middel) en Danie de Wet, wat albei voorheen voorsitter­s van KWV was.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa