Landbouweekblad

64 Sakpas en smaaklik

-

’n Ware randrekker, maar smullekker. My huismense kon nie glo dat dié lekker lasagne met twee blikkies tuna gemaak word nie. Moenie die vars tiemie weglaat nie; dit komplement­eer die ander geure in die gereg perfek. Sit die lasagne voor met ’n kraakvars slaai.

30 ml olyfolie 2 uie, fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 2 blikkies (170 g elk) tuna, goed gedreineer 1 blik (410 g) gekapte tamaties Tamatiebli­k vol water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 10 ml gekapte, vars tiemie Halwe pakkie (ongeveer 125 g) lasagnevel­le 1 houer (250 ml) suurroom 250 ml vars witbroodkr­ummels 3 ml tiemieblaa­rtjies Olyfolie, om oor te drup

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Voeg die tuna by, braai vir ’n paar sekondes en voeg dan die tamaties en water by. Verhit tot kookpunt. Geur met sout, peper en suiker na smaak sodat die geure in die sous goed gebalansee­r is. Voeg die tiemie by en laat prut vir ongeveer 10 minute tot die sous geurig en effens afgekook is.

Skep ’n lepel van die tuna-entamaties­ous in ’n oondbak en pak ’n enkellaag lasagnevel­le bo-op. Skep ’n dun lagie van die sous bo-op die lasagnevel­le en stip met klein lepeltjies suurroom. Herhaal nou die lae: eers ’n laag pastavelle, gevolg deur ’n dun lagie tuna-en-tamatiesou­s en

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa