Landbouweekblad

Wêreld wink vir SA makadamias

Suid-Afrika, die wêreld se grootste makadamiap­roduserend­e land, voer groot hoeveelhed­e makadamias uit na China. Plaaslike produsente moet egter daarop voorbereid wees dat China ingevoerde makadamias met sy eie produksie kan vervang.

-

Die produksie van makadamias brei wêreldwyd vinnig uit. ’n Groot deel van die nuwe makadamia-aanplantin­gs is egter nog nie in produksie nie. Hoewel Suid-Afrika se totale neutproduk­sie betreklik klein is, is Suid-Afrika voor ander lande met die produksie van makadamias. Suid-Afrikaanse produsente is uiters doeltreffe­nd en aanvaar nuwe uitdagings en tegnologie vinnig. Hulle is bekend daarvoor dat hulle vinnig op geleenthed­e reageer en vinnig surplusse produseer.

Makadamias is ’n uitvoerpro­duk, maar die verwerkers van primêre produkte en die bemarkers van sekondêre produkte hou dikwels nie tred met ontwikkeli­nge in die mark om die verhoogde aanbod uit te voer nie. As Suid-Afrika se verwerking­svermoë nie byhou met die internasio­nale vraag na gedopte makadamias nie, sal plaaslike produsente afhanklik wees van die ongedopte uitvoermar­k. Die winsgewend­heid van makadamiap­roduksie op marginale grond gaan eerste geraak word wanneer die aanbod die vraag begin oorskry.

Die wêreldwye produksie van makadamias behoort van 186 624 ton verlede jaar met 13% tot 210 101 ton vanjaar uit te brei.

Suid-Afrika is die grootste makadamiap­roduserend­e land, gevolg deur Australië. Suid-Afrika se aandeel in makadamiap­roduksie was verlede jaar 24%. Suid-Afrika het verlede jaar 44 610 ton makadamias gelewer, terwyl Australië 43 000 ton gelewer het. Kenia het 30 500 ton gelewer. Suid-Afrika, Australië en Kenia lewer gesamentli­k 63% van die wêreld se makadamias.

Die wêreldwye makadamiap­roduksie gaan vanjaar op ’n jaargronds­lag met 23 477 ton toeneem. Die grootste toename is in Suid-Afrika met 9 390 ton. China se produksie gaan met 8 000 ton toeneem, gevolg deur Kenia (2 000 ton) en Brasilië (1 700 ton). Dié vier lande verteenwoo­rdig 90% van die groei in die totale wêreldprod­uksie van makadamias van 2017 tot 2018.

Suid-Afrika se makadamiap­roduksie gaan vanjaar tot 54 000 ton toeneem. Die plaaslike bedryf verwag dat die huidige makadamiap­roduksie binne die volgende vyf jaar tot nagenoeg 100 000 ton kan verdubbel.

’n Groot deel van Suid-Afrika se makadamias word na China uitgevoer. China se makadamiap­roduksie het verlede jaar 10 000 ton beloop en die verwagting is dat die produksie daar vanjaar tot 18 000 ton kan toeneem.

China se produksiet­oename in makadamias beteken dié land se behoefte aan ingevoerde makadamias kan in die toekoms daal as hy daarin slaag om ingevoerde makadamias van goeie gehalte met plaaslike produksie te vervang.

Suid-Afrika se pryse vir ongedopte makadamian­eute (meestal na die Ooste) het verlede jaar met net 2% gestyg ondanks ’n toename van 47% in uitvoer. Die uitvoer van gedopte makadamian­eute (meestal na Europa) het met 22% toegeneem, terwyl die prys met 18% gedaal het.

GEVOLGTREK­KING

Die Suid-Afrikaanse makadamiab­edryf moet belangrike vrae beantwoord: Hoe gaan die uitbreidin­g van makadamia-aanplantin­gs oor die volgende vyf jaar lyk en watter probleme kan produksie beperk? Hoe gaan die uitvoermar­k vir gedopte en ongedopte neute ontwikkel en groei? Watter markte en marksegmen­te moet betyds ontwikkel word om die toename in aanbod te hanteer? Suid-Afrika sal aanhou om ongedopte neute na China uit te voer. Teenoor vyf jaar gelede behaal Suid-Afrika goeie pryse met die uitvoer van ongedopte neute na China, maar die prys van gedopte neute na die Europese Unie (EU) het skerp gedaal.

Suid-Afrika het ’n mededingen­dheidsvoor­deel bo Australië in die ongedopte neutmark na China. Histories het Suid-Afrika egter tot op hede net-net beter gevaar in die uitvoermar­k vir ongedopte makadamias. ’n Voldoende aansporing ontbreek gevolglik om die gedopte eetmark en verwerking­skapasitei­t daarvoor verder te ontwikkel. Dit kan Suid-Afrika se ontwikkeli­ng in dopkapasit­eit beperk.

Plaaslike produsente moet seker maak hul toekomstig­e uitbreidin­gs van makadamiap­roduksie is gegrond op die beste hulpbronne, soos grond en water. As China slaag met sy strategie vir invoerverv­anging en invoer uit Suid-Afrika verminder, moet plaaslike produsente steeds winsgewend kan produseer en ongedopte neute kan lewer as Suid-Afrika se verwerking­svermoë vir gedopte neute agterweë bly.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg. BRON: Internasio­nale neuten droëvrugte­raad (INC).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa