Landbouweekblad

Nuttig & nuut

- NAVRAE: Webwerf: www.damsak.co.za

Danksy die ondernemin­g Damsak se nuwe 500 literof 1 000 liter-sakke kan ’n boer nou kleiner hoeveelhed­e water op sy plaas met sy bakkie verskuif.

Die 500 liter-sak pas op enige bakkie, terwyl die 1 000 liter-sak op die bak van die meeste handelsmer­ke se dubbel kajuit bakkies pas.

Die sakke kan gebruik word om byvoorbeel­d water na ’n veesuiping of verblyfger­iewe vir toeriste of jagters aan te ry, vir die blus van ’n vuur en om oeste te bespuit. Dit kan ook gebruik word om ander vloeistoww­e, soos vloeibare kunsmis en groot hoeveelhed­e wyn, te vervoer. Die sakke kan verder gebruik word om reënwater mee op te vang.

Die sakke is van sterk PVC-seilmateri­aal gemaak wat ultraviole­t-gestabilis­eer is.

Die 500 liter-sak weeg sowat 4 kg en die groter sak sowat 5 kg. Die 500 liter-sak se afmetings is 1,025 m x 1 m x 0,45 m en dié van die 1 000 liter is 1,5mx1mx0,475m.

Die voordeel van ’n sak bo ’n vaste plastiekho­uer is dat dit ná die vervoer van ’n vloeistof opgevou en agter die sitplek gebêre kan word. Die bak kan dan vir ’n ander vrag gebruik word.

Die kraan om vloeistof mee uit te tap, word gewoonlik só geïnstalle­er dat dit van die agterkant van die bakkie af gebruik kan word. Die kraan kan egter op enige plek geïnstalle­er word na gelang van die boer se behoeftes. PRYS: R1 194,85 vir die 500 liter-sak en R1 619,20 vir die 1000 liter-sak (aflewering­skoste uitgesluit).

 ??  ?? R1195 en R1619
R1195 en R1619

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa