Landbouweekblad

Tiger betaal dividend ondanks listeriose-terugslag

- — NICO VAN BURICK

TIGER BRANDS gaan steeds ’n tussentyds­e dividend van 378 sent per aandeel uitbetaal. Dit is ondanks verliese van R365 miljoen tot dusver weens die uitbreking van listeriose wat tot die sluiting van dié voedselreu­s se Enterprise-aanlegte in Maart en die onttrekkin­g van kouevleisp­rodukte op winkelrakk­e gelei het.

Met die aankondigi­nging van sy tussentyds­e resultate vir die halfjaar tot einde Maart, het die maatskappy gesê die jaar het met moeilike handelstoe­stande begin. Sy inkomste was 4% laer op R15,7 miljard vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk in die vorige boekjaar. Die bedryfskos­te het met 8% gedaal tot R2 miljard. Die wins voor belasting het met 18% gedaal tot R1,9 miljard.

Die R365 miljoen wat die ontdekking van listeriose Tiger Brands tot dusver gekos het, sluit nie die verlies aan verkope in wat steeds voortduur weens die aanlegte wat gesluit bly nie.

Mnr. Lawrence MacDougall, uitvoerend­e hoof van die maatskappy, sê hulle aanvaar die aanlegte sal nog tot 30 September gesluit bly. Die waarde van bevrore voorraad wat steeds getoets word, beloop sowat R183 miljoen. Die toetsuitsl­ae sal bepaal wat daarvan word.

MacDougall het gesê die maatskappy oorweeg die beste moontlike benadering tot die groepsregs­geding sodat dit “sensitief en verantwoor­delik gehanteer word met inagneming van al die feite. Die regsvertee­nwoordiger­s voer gesprekke om moontlike samewerkin­g te ondersoek. ’n Aankondigi­ng daaroor sal volg sodra ’n besluit geneem is.”

Hy het gesê Tiger Brands het te alle tye maatreëls gereed om aan die nodige standaarde en beste praktyke vir voedselvei­ligheid te voldoen. “Ons is daartoe verbind om verbruiker­s se gesondheid en veiligheid bo alles te stel. Die ontdekking van die ST6-stam van die Listeria-bakterie in ons fabriek in Polokwane was ’n groot teleurstel­ling juis omdat ons alles moontlik doen om aan die vereiste standaarde te voldoen. Ons werk openlik en deursigtig saam met die betrokke staatsdepa­rtemente, reguleerde­rs en ander betrokkene­s.

“Die direksie en bestuur is diep bedroef oor die feit dat mense siek geword het en daar lewensverl­ies was. Ons dra ons diepe meegevoel oor aan diegene wat geliefdes verloor het,” het MacDougall gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa