Landbouweekblad

‘Net invoertari­ef kan suikerboer­e red’

- — JOYLENE VAN WYK

DIE prys van suikerriet het soveel gedaal dat sommige kwekers negatiewe state aan die einde van die oestyd gehad het en die meulenaars skuld, sê mnr. Siyaboga Madlala, voorsitter van die South African Farmers Developmen­t Associatio­n (Safda).

Om in te gryp met onder meer die invoertari­ef wat plaaslike suikerriet­kwekers op hul knieë dwing, het die Departemen­t van Handel en Nywerheid besluit om ’n taakspan vir die suikerwaar­deketting te stig. Die Regering, die private sektor, kleinhande­laars, die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging (SASV), kleinboere, die drankbedry­f, en ander belanghebb­endes is deel van die taakspan wat oplossings op kort, medium- en lang termyn vir die suikerbedr­yf moet vind.

Mnr. Suresh Naidoo, voorsitter van die SASV, sê die grootste bedreiging vir die bedryf is die toename van diepsee-suikerinvo­er, wat ’n toppunt van sowat 500 000 ton in 2017-’18 bereik het. Hierdie invoer het plaaslik geprodusee­rde suiker op die bedrukte wêreldwye mark verplaas.

RED PLAASLIKE SUIKERBEDR­YF

Madlala sê die prys waarteen die bedryf die suiker moet verkoop, is laer as die produksiek­oste, want goedkoop suiker word ingevoer. Die plaaslike bedryf het sy prys verlaag om sy aandeel op die plaaslike mark te behou, wat beteken hy bestee nou meer om die suiker te lewer as waarteen dit verkoop word.

“Boere kry state wat negatiewe saldo’s toon, wat beteken hulle skuld die meulenaar geld nadat hulle die suikerriet gelewer en aan die meulenaar verkoop het.

“Ons stort dus basies die suiker in ’n poging om die invoervlak­ke te verminder, maar dit is onvolhouba­ar. Ons kan dit net ’n paar maande lank doen, maar dit is reeds ’n groot slag vir boere, want hulle kan nie hul werkers betaal of volhoubaar wees as dinge op hierdie trant voortgaan nie. Ons het dringende ingryping nodig, soos dat die tarief hersien word tot op ’n vlak waar dit die invoer beperk wat met ’n verwronge prys die land binnekom.”

Madlala het ’n beroep op verbruiker­s gedoen om seker te maak hulle koop Suid-Afrikaans vervaardig­de suiker om die bedryf van ondergang te red.

Alle hoop is nou gevestig op Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) om behoorlike tariefbesk­erming vir die bedryf aan die Minister van Finansies voor te stel.

“Ons kan net wag en hoop dat Itac vir ons ’n tarief op die regte vlak sal gee. Dit is ’n gepolarise­erde omgewing. Invoerders besef nie hoe nadelig hulle die landelike ekonomie in KwaZulu-Natal en Mpumalanga beïnvloed nie.”

Net in KwaZulu-Natal kan 15 dorpe ondergaan tensy ’n geskikte tarief ingestel word. Verskeie ondernemin­gs wat onder meer bande verskaf, en werkswinke­ls waar trekkers herstel word, moes reeds hul deure sluit. “Die invoer van suiker vernietig werksgelee­nthede,” sê Madlala.

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Verbruiker­s moet plaaslik vervaardig­de suiker koop om die Suid-Afrikaanse suikerbedr­yf teen invoer te beskerm, sê mnr. Siyaboga Madlala, voorsitter van die South African Farmers Developmen­t Associatio­n (Safda).
FOTO: JOYLENE VAN WYK Verbruiker­s moet plaaslik vervaardig­de suiker koop om die Suid-Afrikaanse suikerbedr­yf teen invoer te beskerm, sê mnr. Siyaboga Madlala, voorsitter van die South African Farmers Developmen­t Associatio­n (Safda).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa