Landbouweekblad

Versigtig met hidrobreki­ng, waarsku Verenigde Nasies

- — MARISKA SPOORMAKER

HIDROBREKI­NG? – Nie so haastig nie, waarsku die Verenigde Nasies in sy verslag oor die voor- en nadele van hidrobreki­ng (ter wille van die ontginning van skaliegas).

Hierdie verslag – saamgestel deur die Verenigde Nasies se Konferensi­e vir Handel en Ontwikkeli­ngsaangele­enthede (Unctad) – is uitgereik enkele weke nadat mnr. Gwede Mantashe, Minister van Minerale Hulpbronne, aangekondi­g het dat aansoeke om skaliegase­ksplorasie in die Karoo bespoedig sal word.

Mnr. Derek Light is die regsvertee­nwoordiger vir honderde grondeiena­ars en verskeie landbouver­enigings (waaronder Agri Oos-Kaap) wat binne die huidige regulatori­ese raamwerk teen skaliegas-eksplorasi­e in die Karoo gekant is. Light het gesê hoewel die Unctad-verslag nie risiko’s op ’n plaaslike of streeksvla­k oorweeg nie, stem dit grotendeel­s ooreen met ander verslae oor hidrobreki­ng.

“Wat verwelkom word, is dat die verslag die lande wat hul toegang tot nuwe energiebro­nne wil verhoog, waarsku om hidrobreki­ng met versigtigh­eid te benader. “Dit is wat ons bepleit.” Light was die regsvertee­nwoordiger in die saak waarin die Oos-Kaapse Hooggeregs­hof verlede Oktober ’n besluit van die Minister van Minerale Hulpbronne in 2015, om die hidrobreki­ngsregulas­ies te promulgeer, terugwerke­nd ter syde gestel het.

Die hof het saamgestem met die beswaardes, verteenwoo­rdig deur Light, dat die promulgeri­ng onder meer teenstrydi­g was met die bepalings van die Nasionale Wet op Omgewingsb­estuur en ook die Nasionale Waterwet.

Die nodigheid vir doeltreffe­nde wetgewing en/of regulasies en monitering word in die Unctad-verslag beklemtoon.

“Die belangrikh­eid om vooraf alle inligting op grondvlak te bekom sodat die impak van ontginning op die betrokke omgewing gemonitor en bepaal kan word, word ook genoem,” sê Light.

Hy vind dit bemoedigen­d dat waterbronn­e ook in die verslag aandag geniet.

“Die verslag beklemtoon die risiko van seismiese aktiwiteit, waterbesoe­deling en die nadelige impak wat die hoë waterverbr­uik op droogteget­eisterde gebiede soos die Karoo kan hê.”

Werkskeppi­ng word ook gemeld. “Die verslag gee te kenne dat die skaliegasb­edryf tot 80 000 werkgeleen­thede in Amerika geskep het, maar daardie inligting word betwyfel. Dit blyk ook dat 28 000 werkgeleen­thede verlore gegaan het.

“Vergelyk dit nou met die voorspelli­ngs van die ekonome van Shell wat 400 000 werkgeleen­thede in Suid-Afrika voorspel het.”

Light het voorts verwys na die strategies­e omgewingsa­ssessering vir skaliegas (SEA) wat deur die Wetenskapl­ike en Nywerheidn­avorsingsr­aad gedoen is: “Die SEA het bevind daar sou minder as 3 000 werkgeleen­thede geskep word – en slegs ongeveer 900 daarvan sou vir die plaaslike werksmag beskikbaar wees.”

Met verwysing na die moontlike omvang van die gasreserwe­s in Suid-Afrika, waarsku die verslag dat dit slegs skattings is en dat uitgebreid­e navorsing vooraf gedoen moet word om te bepaal wat die omvang van die gasreserwe­s is.

“Die navorsing waarop ons aangedring het en wat nou gedoen word, het tot nou toe geen ekonomies ontginbare gasreserwe­s in Suid-Afrika geïdentifi­seer nie,” sê Light.

 ?? FOTO: WWW.DONNAN.COM ?? Daar is omtrent honderd vragmotors en ander voertuie om dié enkele hidrobreki­ngs-gat. Dis dié tipe vragmotors wat in hul duisendtal­le die platteland­se grondpaaie in die Karoo, die Suid-Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap sal verwoes. In die Karoo...
FOTO: WWW.DONNAN.COM Daar is omtrent honderd vragmotors en ander voertuie om dié enkele hidrobreki­ngs-gat. Dis dié tipe vragmotors wat in hul duisendtal­le die platteland­se grondpaaie in die Karoo, die Suid-Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap sal verwoes. In die Karoo...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa