Landbouweekblad

Geld is skaars by Royal-karkaskomp­etisie

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE Landbouwee­kblad-karkaskomp­etisie op die Royal-skou in Pietermari­tzburg, die grootste karkaskomp­etisie in Suid-Afrika, het puik karkasse opgelewer, maar die koopkrag was nie dieselfde as verlede jaar nie.

Die wenkarkas in die skaapafdel­ing, ’n Wit Dorper wat ’n telling van 98,18% behaal het, is deur mnr. Gert Lotter van Aberdeen geteel. Die restaurant van die Oyster Box-hotel in Umhlanga Rocks het dié karkas teen R180/kg op die veiling gekoop.

Die Royal-skou het vyf jaar gelede ’n nuwe kategorie geskep om die hoëvetbela­ding van die karkasse van rasse met ’n Europese oorsprong hul eie kategorie in die kompetisie te gee. Me. Regina Harmse van Ermelo het dié kategorie gewen met haar Ile de France-lam wat ’n punt van 93,76% behaal het. Die Oyster Boxrestaur­ant was ook die hoogste bieër teen ’n prys van R240/kg.

Mnr. Wayne Coetzer, hoofbestuu­rder van die Oyster Boxhotel, sê die lae pryse was ’n groot verrassing. “Ons was bereid om dieselfde prys as verlede jaar te betaal, toe ons Regina se Ile de France-karkas teen R1 350/kg gekoop het. Ons sal nou maar ’n goeie bottel whiskey gaan koop,” het Wayne ná die veiling gesê.

Harmse was verras dat sy ’n hoër prys verdien het as Lotter met sy Wit Dorper-karkas. Volgens Lotter, wat nie verlede jaar op die Royal-skou was nie, is dit goed om terug te wees en wéér as die wenner uit die stryd te tree, soos die vorige twee jaar toe hy deelgeneem het. “Ek is egter nie verras deur die laer pryse nie. Geld is oral skaars vanjaar.”

Die bees-afdeling van die kompetisie is oorheers deur nuwe deelnemers aan die Royal-skou-kompetisie. Ses Bonsmarate­lers van Vryburg het as die Vryburg-beesstudie­groep ingeskryf en met al die pryse in die kompetisie weggestap. Die wenkarkas, wat ’n punt van 94,63% behaal het, is ook deur die Oyster Box gekoop teen R70/kg.

Die wen-varkkarkas, van PIC-genetika, is ingeskryf deur die NHELC-boerdery van New Hanover in KwaZulu-Natal en het ’n punt van 94,91% behaal. Dit is weer deur die Oyster Box gekoop teen R60/kg. ’n Totaal van 190 speenkalwe­rs en 133 lammers is ingeskryf vir die kompetisie.

 ??  ?? BO: Van links is mnr. Wayne Coetzer, hoofbestuu­rder van die Oyster Box-hotel, me. Regina Harmse van die RCH Ile de France-stoetery en mnr. Kevin Joseph, hoofsjef van die Oyster Box-restaurant.
BO: Van links is mnr. Wayne Coetzer, hoofbestuu­rder van die Oyster Box-hotel, me. Regina Harmse van die RCH Ile de France-stoetery en mnr. Kevin Joseph, hoofsjef van die Oyster Box-restaurant.
 ??  ?? Die wenkarkass­e by vanjaar se Royal-skou was volgens die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) van uitmuntend­e gehalte.
Die wenkarkass­e by vanjaar se Royal-skou was volgens die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­fsmaatskap­py (Samic) van uitmuntend­e gehalte.
 ??  ?? REGS: Mnr. Gert Lotter van Aberdeen, wat die karkaskomp­etisie met ’n Wit Dorper-karkas gewen het.
REGS: Mnr. Gert Lotter van Aberdeen, wat die karkaskomp­etisie met ’n Wit Dorper-karkas gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa