Landbouweekblad

HIER IS DIE FEITE

-

■ In die Plaaskombu­is-promosie-artikel “Vier die liefde met lekker kos” (LBW, 1 Junie, bl. 67) word die naam van Andries de Villiers se vrou verkeerdel­ik as Corneli aangegee. Andries is getroud met Coia de Villiers. Andries se suster, Corneli, werk saam met hulle op die plaas. ■ In die artikel “Vrystaatse Jongboer sien die groter prentjie”

(LBW, 1 Junie 2018, bl. 34) het ’n paar foute voorgekom. Die Ferreiras se boerdery-eenheid bestaan uit plase wat 86 km uit mekaar is, en die beplanning word nie weekliks nie, maar daagliks by die ingang van die hoofplaas, Grootdraai, gehou. Die belading op natuurlike weiding is 2,88 hektaar per grootvee-eenhede (nie 2,88 grootvee-eenhede per hektaar nie). Die besonderhe­de van die appelkulti­vars waarmee die Ferreiras boer, is onvolledig. Hulle spits hulle toe op dié met ’n voller kleur, soos Rosy Glow, Decarli Gala, Top Red, Early Red One, Dalinette en Twist, wat beter uitpakpers­entasies oplewer. Die besonderhe­de van die boerdery se vaste arbeidskom­ponent verskil. Die sowat 130 werkers bestaan onder meer uit 18 veewagters, 30 in die voerkraal, 6 vir die prosseseri­ng van die beeste en 35 vir die appelboord­e.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum en verkieslik skriftelik aan Izak Malherbe, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; epos: malherbe@landbou.com; faks 021 406 2940; tel. 021 406 2297.

Verskaf ook u telefoon- of selnommer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa