Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE samesmelti­ng van Bayer en Monsanto, wat teen druktyd feitlik ’n uitgemaakt­e saak was, is maar die laaste van drie enorme samesmelti­ngs van saad-en-plaagdoder­maatskappy­e. Danksy regeringsg­oedkeuring­s, wêreldhand­elsreëls en intellektu­ele eiendomsre­g mag Bayer-Monsanto, Dow-DuPont en ChemChina-Syngenta nou die meeste van die wêreld se saadvoorra­ad beheer. Omdat die meeste boere in welgesteld­e lande reeds hul saad by multinasio­nale maatskappy­e koop, was daar kwalik teenkantin­g.

Teenstand kom egter van mense soos mnr. Debal Deb, ’n Indiese plantnavor­ser wat vergete gewasse kweek. Terwyl Bayer en Monsanto ’n paar hoogs winsgewend­e stapelgewa­sse ontwikkel, kweek Deb soveel gewasse as wat hy kan, en gee die saad weg. Hy kweek vanjaar ’n verstommen­de 1 340 tradisione­le kultivars Indiese rys op geskenkte grond in Wes-Bengale. Meer as 7 000 boere sal van die saad ontvang, op voorwaarde dat hulle dit ook kweek en daarvan weggee.

Terwyl multinasio­nale maatskappy­e redeneer dat slegs konsolidas­ie kan bydra tot die ontwikkeli­ng van beter gewasse en ander nodige ontwikkeli­nge om wêreldwye hongersnoo­d te voorkom, met tegnieke soos genetiese modifikasi­e, geenredige­ring en biofortifi­kasie, meen omgewingsk­enners en boeregroep­e in ontwikkele­nde lande dat sulke neigings mededingin­g sal strem en die regs- en biologiese houvas van saadmaatsk­appye op boerdery wêreldwyd sal vergroot. Die kleinboer, wat tradisione­el die wêreld gevoed en aan gemeenskap­pe hul ryk koskultuur gegee het, sal net meer onder skoot kom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa