Landbouweekblad

PROBEER NATUUR REG ‘LEES’

- Chisamba, Zambië

Ek wil net kortliks op dr. Japie van der Westhuizen se ontleding van my idees oor beeste reageer (“Beesboere móét op die hoogte bly”, LBW, 25 Mei 2018).

Dit help nie om mekaar persoonlik aan te val nie. Die oorsprong van die geskil is ons benadering ten opsigte van die natuur.

Dr. Van der Westhuizen en ander glo blykbaar daarin om detail akkuraat te meet en te ontleed en dit dan bymekaar te sit om sodoende die “volmaakte” bees te teel. My standpunt is dat die natuur te ingewikkel­d is, selfs vir “geregistre­erde veekundige­s”, om detail te verstaan.

Daarom meen ek ons moet terugstaan en dan probeer om die natuur reg te “lees”. Byvoorbeel­d, dit is ’n biologiese feit dat die dier wat die vinnigste groei in verhouding tot volwasse grootte (nie noodwendig die swaarste nie) die doeltreffe­ndste grasverbru­iker is.

Dit is dus baie beter om ’n dier met die oog te bekyk (volheid van die pakket) of om 12 maande-volwassenh­eid (12 maandegewi­g of volwasse gewig) te bereken as om gebruik te maak van ’n menigte teelwaarde­s wat in die regte verhouding die doeltreffe­ndste dier kan identifise­er. So ook kan die geneties vrugbaarst­e koeie geïdentifi­seer word deur op 14 of 15 maande gedek te word en ’n vrugbaarhe­idsindeks op grond van gekorrigee­rde tussenkalf­periode te bereken.

Die natuur sê vir ons wat die beste diere is.

Al “probleem” met hierdie benadering is dat die gewone beesboer nou eenvoudige besluite kan neem. Waar los dit die “geregistre­erde veekundige­s”?

Die groot probleem waarmee veekundige­s en weidingkun­diges rekening moet hou, is dat “’n leuen nie die waarheid word nie, al glo almal dit”. Die beste raad wat ek vir my kollegas kan gee, is: Gaan kry ’n bietjie groen beesmis op jul skoene. JOHANN ZIETSMAN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa