Landbouweekblad

90 JAAR GELEDE

Uit: Die Landbouwee­kblad, 27 Junie 1928 MEV. JORDAAN, ACVV-BAANBREKER

-

Dat die Afrikaanse Christelik­e Vroueveren­iging (ACVV) van Kaapland byna 25 jaar gelede tot stand gekom en vandag reeds 120 takke met sowat 7 000 lede in die provinsie het, is veral ook te danke aan mev. Gert Jordaan, hoofvoorsi­tter van die vereniging en boervrou van die plaas Hooggenoeg in die distrik Cradock.

Mev. Jordaan het haar sedert die Anglo-Boereoorlo­g (18991902) beywer vir die lewering van maatskapli­ke sorg aan mede-Afrikaners. Verskeie vroue-organisasi­es is destyds in die Kaaplandse binneland gestig om hulp aan die Boerekrygs­gevangenes te verleen.

Toe die Britse owerheid tydens die oorlog van Cradock se mense as “ongewenste­s” (undesirabl­es) na die kusdorp Port Alfred weggevoer het, het mev. Jordaan geld en slagvee ingesamel en vir hulle gestuur.

Aan die jong Boerekrygs­gevangenes op Groenpunt, Kaapstad, het sy skoolbehoe­ftes en lekkernye voorsien.

Sy het ook die konsentras­iekamp in Port Elizabeth besoek en daar hulp aan gevangenes verleen.

Ná die oorlog het sy haar daarvoor beywer dat die verskillen­de vrouehulpo­rganisasie­s in een liggaam saamgesnoe­r word. Sy het voorgestel dat dit die Afrikaner-vroueveren­iging heet, met die leuse “vir taal, volk en kerk”.

(Die Zuid-Afrikaansc­he Christelij­ke Vrouwen Vereniging — die latere ACVV — is op 1 September 1904 in Kaapstad gestig. Die stigtingsk­ongres was die volgende jaar en die organisasi­e se grondwet is toe aangeneem.)

Mev. Jordaan is die dogter van mnr. Pieter de Wet, in lewe bekende boer van die distrik Worcester. Sy is getroud met mnr. Gert Jordaan, boer en skrywer van die boek Hoe Zij Stierven.

 ??  ?? Mev. Gert Jordaan
Mev. Gert Jordaan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa