Landbouweekblad

Grootpaaie hou grootste gevaar vir vee in

- — JEANNE VAN DER MERWE

MISDADIGER­S wat beeste lewend opkap, is nie opportunis­tiese diewe nie, maar vorm deel van georganise­erde misdaadnet­werke, sê mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum.

“Hierdie ouens is amper soos transitoro­wers. Hul aanvalle op beeste is nie impulsiewe besluite nie – hulle bepaal hul teiken lank voor die tyd.

“Hoe nader jou beeste aan ’n pad loop, hoe groter is jou blootstell­ing

daaraan – veral naby ’n teerpad. En hoe besiger die pad, hoe gevaarlike­r vir jou beeste.”

Clack sê boere se beste beskerming is fyn monitering, patrollies en ander misdaadvoo­rkomingstr­ategieë.

“As jy beeste oornag in ’n kraal toemaak, lokaliseer jy hulle vir ’n dief op ’n punt. Jy moet maar gedurig gaan kyk. Naby Carletonvi­lle het ’n boer weerkaatse­rs op al sy drade aangebring. As jy saans daar ry en een draad is af, sien jy

dit onmiddelli­k en dan kan jy gaan ondersoek instel.

“Doen patrollies, skuif die beeste gedurig rond, raak betrokke by jou plaaswagte – dis die tipe dinge wat jy maar moet doen,” sê hy.

Clack noem dat navorsing deur een van sy kollegas ’n verband trek tussen dié kapbendes en geweldsmis­daad, en dat wrede veediefsta­l nie uniek aan Suid-Afrika is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa