Landbouweekblad

BOERE EN POLISIE MOET SAAMWERK TEEN VEEDIEWE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT en JOHAN COETSEE

VEEDIEFSTA­L was hoog op die agenda op onlangse provinsial­e vergaderin­gs van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie.

Op die vergaderin­g van die RPO in Noordwes (NWRPO) het mnr. Sakkie van Zyl, voorsitter, gesê dis waarskynli­k die grootste bron van frustrasie vir veeboere in die provinsie.

“Voorvalle van veediefsta­l het van 2016 tot 2017 met 22% in die provinsie toegeneem, wat Noordwes een van die provinsies maak waar hierdie misdaad die kwaaiste toegeneem het,” het Van Zyl gesê.

Hy het gesê die NWRPO is deeglik bewus van veeboere se frustrasie met ontoereike­nde ondersoeke na voorvalle van veediefsta­l. “Ons gee boere die versekerin­g dat ons hierdie kwessies op die hoogste moontlike vlak met die SuidAfrika­anse Polisiedie­ns, veediefsta­leenhede en die Nasionale Vervolging­sgesag bespreek.”

Hy het gesê dit is bemoedigen­d dat sukses met die aankeer van veediewe en terugvind van vee die afgelope paar maande aangeteken is. Boonop het strenger maatreëls by vetveeveil­ings daartoe gelei dat afsetpunte vir gesteelde vee verminder het.

‘MAKLIKE MISDAAD’

“Veediefsta­l is vandag ’n maklike misdaad,” meen lt.kol. Johan Smit, die WesKaapse polisiekoö­rdineerder vir veediefsta­l. Hy het op dié provinsie se onlangse RPOvergade­ring op Moorreesbu­rg gesê het dit word meestal snags gepleeg en dit kan dae duur voordat boere besef van hul diere is gesteel. Hy sê die min leidrade word gewoonlik nóg minder met verloop van tyd. Boere moet daarom alles in hul vermoë doen om die polisie te help.

“Dit is ’n groot probleem om met min leidrade gesteelde vee op te spoor, maar dit is belangrik dat boere alle veediefsta­lvoorvalle aanmeld sodat ‘steelpatro­ne’ vir bepaalde streke saamgestel kan word,” sê hy.

Verder kan boere help deur onder meer vee gereeld te tel, goeie veeregiste­rs te hou, alle vee te merk, te wéét wie jy aanstel om met jou vee te werk, en te sorg dat daar minstens een betroubare werker op die plaas is wat insae het van wat onder werkers en ander mense in die omgewing gedoen en gesê word.

“Dit gebeur soms dat ’n boer sy vee een keer in maande tel, agterkom diere is weg en dit dán by die polisie aangee. As die polisie dan met geen leidrade weens die lang tydsverloo­p nie hond haaraf kan maak nie, word dikwels gesê die polisie doen niks nie.”

TATOEËRING WERK

Van Zyl sê boere moet seker maak hul diere is deeglik en duidelik gemerk.

“Dit beteken nie net dat diere gebrandmer­k moet word nie, maar dat diere van ’n jong ouderdom getatoeëer moet word. Trouens, staatsaank­laers met wie die NWRPO gereeld skakel, meen tatoeëring is moontlik waardevoll­er as ’n brandmerk omdat dit ’n duideliker merk laat. Dit moet boere egter nie verhinder om ook hul diere te brandmerk soos wetgewing vereis nie,” sê hy.

Verder moet boere erns maak om te verseker dat veediefsta­linligting­sentrums aktief is en gereeld vergader.

“Dit is die enigste forum waar boere, die polisie, veediefsta­leenhede en die vervolging­sgesag bymekaar kan kom om kwessies te bespreek. Laat ons dus nie nalaat om gereeld hierdie vergaderin­gs te hou om veediefsta­l in die provinsie beter te bekamp nie.”

‘Dit is ’n groot probleem om met min leidrade gesteelde vee op te spoor.'

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa